RE VERA. Na maande se wag en voorbereiding, het die tyd uiteindelik aangebreek om die glasryke aandrokke en aandpakke uit die kas te haal en te spog.

Similar documents
WE DID IT AGAIN.! The Jolliest Bus trophy 3rd year in a row

BUITEMUURSE EN VAARDIGHEIDS-ONTWIKKELINGSPROGRAM KWARTAAL : GRAAD 1 EN 2

News Flash. 6 September Dear Members

We had 1500 kids there, most of them came from Safety homes and orphanages around Johannesburg and some came as far as Soshanguve, Pretoria.

18 SEPTEMBER Congratulations to the following staff member who will be celebrating his birthday during the coming week:

Skoolkoerant van die Hoërskool Brackenfell Maart 2011

Uniondale-Medium Langkloof Uniondale Willowmore

FROM THE HEADMASTER SPORTMANSHIP SCHOLARSHIP CONDUCT

FROM THE HEADMASTER SPORTMANSHIP SCHOLARSHIP CONDUCT

Hoërskool Roodepoort

Behind the Backline Agter die Backline

Special News Flash LIGA KAMPIOENE MAAK GESKIEDENIS

World Bowls schedule

DISTRICT GOVERNOR S NEWSLETTER DISTRICT 410 D DISTRICT GOVERNOR HERMAN SMIT

CHESS congratulations to Ameer Kadir and Anchen Smith who have both

PLEASE NOTE THESE IMPORTANT CHANGES TO THE HANDICAPPING MANUAL (EFFECTIVE 1 APRIL) Handicap Manual Changes Effective 1 April 2013

Afrikaanse Hoër Seunskool in samewerking met die Universiteit van Pretoria

VOLGENDE WEEK SE PROGRAM GEAGTE OUERS. 11 Maart 2016 Webtuiste: Uitgawe: 9

FROM THE PRESIDENT S OFFICE/UIT DIE PRESIDENT SE KANTOOR

Inge du Plessis Page 3

Nuusbrief 17 van 2018

2015 HEREFORD SHOW. Class/Klas 1 : Heifer, 9 and under 12 months / Verse, 9 en onder 12 maande

NO 15 WESKUS TAK WESKUS BRANCH MALGAS NUUS/NEWS. 7 Februarie 2018

Tina Cowley reading centre 25 April

Kenridge Hockey Newsletter Term

Congratulations to the following members who were podium finishers at the Run for Bibles race on Saturday:

BOWLS SOUTH AFRICA. Message from the President. April Piet Breitenbach

LAERSKOOL ROODEKRANS SENIORFASE GRAAD 7 AKADEMIESE INLIGTING JANUARIE 2018 AKADEMIESE HOOF (DPS): ME. SUZANNE FOURIE

IRENE NEWS. 24 September No The following members earned medals at the AGN Racewalking GP: Sandra Steenkamp Danie Labuschagne

PINZGAUER & PINZ²YL GENOOTSKAP/SOCIETY

GANSBAAI GHOLFKLUB/ GOLF CLUB

Core exercises/ Kernspiere - oefeninge

News Flash MESSAGE FROM THE PRESIDENT/ BOODSKAP VAN DIE PRESIDENT VOLMAAKTE GELUK. 11 December 2013

Arrival on Thursday before commencement of course are optional. The rate is R580 per person for Thursday dinner, bed & Friday breakfast.

GANSBAAI GOLF CLUB / GHOLFKLUB

RUGBY / NETBAL / HOKKIE

General information Country Trax Amersfoort, Mpumalanga

Ovie onnies slaan pryse los. Ovies geniet. kruinfees. Ovies vier sportsterre. Ovies geniet. die lewe OVIELAND IS DIE PLEK WAAR JY WIL WEES!!!

ONS REIS NA GOUD. Kwartaalblad van Boland Rolbal Quarterly Bulletin of Boland Bowls May Annette vd Sandt

53479 The death Acre (Doodsakker)

GANSBAAI GHOLFKLUB / GOLF CLUB

Achievements. Personal achievements. Personalia. Congratulations to the following podium winners at the Spar Ladies 10 km

NEWS LETTER. May Scribe s Chat

PRG SPORT WEEKLIKSE PROGRAM / WEEKLY PROGRAMME 2-9 NOVEMBER 2018 ALGEMEEN

RUGBY / NETBAL / HOKKIE

SHELLEY POINT NEWS. A community newsletter dedicated to fostering a sense of community and the free flow of information at Shelley Point

THE MORALITY AND ETHICS OF HUNTING: TOWARDS COMMON GROUND

RAAKSKOOT TOUCHER BOLAND SAKELIGA FINAAL. Kwartaalblad van Boland Rolbal Quarterly Bulletin of Boland Bowls Mei / May 2017

GANSBAAI GHOLFKLUB/ GOLF CLUB. Nuusbrief 23 Februarie Newsletter 23 February 2017

AKSIE. ANDER LEDE VAN DIE RAAD Rdh. A De Vries [DA] : Speaker

AKSIE BKN014/07/2017 OPENING EN VERWELKOMING

WinkerkReader vir Android kan:

Van af die Voorsitter

DANS AFDELING DANCE SECTION

REFENTSE WEN GREY- HARTE

MENLO PERDESPORTSKOU 2019

FROM THE HEADMASTER SPORTMANSHIP SCHOLARSHIP CONDUCT

NEWS LETTER JUNE Scribe s Chat

Stellenberg High School Newsletter 5/2017 May 2017

SUID AFRIKAANSE TWEEKAMP: PRESIDENT SE JAARVERSLAG AANGEBIED BY DIE ALGEMENE JAARVERGADERING GEHOU IN PORT ELIZABETH OP 29 MAART 2019

ONLINE EDITION FEB 2016 DIGITAL. Paarl Nuus. Laureus Night Market. In Paarl Magazine Frater Square. Val de Vie Estate.

19 PARK SEWESTOERNOOI PARK SEWESTOERNOOI BY Laerskool Park. Sewes Toernooi

Mpumalanga Ope Verslag

DG NEWSLETTER. District 410D December 2017

COUNTRY TRAX Jan du Toit chief instructor

Die amptelike kwartaalblad van die leerders van Paul Roos Gimnasium. Official quarterly of the pupils of Paul Roos Gymnasium

Nuusbrief 25 van 2018

- Sport Uitslae P.5. Maroen pas mooi by Groen en Goud

General information: Dirt Bike Training Weekend Country TRAX Amersfoort, Mpumalanga

Stellenberg High School Newsletter 7/2017 August 2017

VOORDELE QUO VADIS? n Voëltjie met. Game ranching. Wettige wildsvleis

SENEPOL NEWS. Algemene Senepol Nuus. Senepol The right breed for our time July Nu usb rief / News letter

The friendly Club. Start training with a goal in mind! That is what is required to become stronger and faster.

BRIEFING DOCUMENT FOR THE BOLAND TEAM 2018 SA CROSS COUNTRY CHAMPIONSHIPS. 8 SEPTEMBER Nelson Mandela University Port Elizabeth

Lees alles oor die nuwe afbakening op bladsy 5

Stellenberg IN THIS ISSUE. Gr. 11-dinee. Mr & Miss Stellenberg. Premier Hockey. Stellenberg High School Newsletter 3/2018 April 2018

BRIEFING DOCUMENT FOR THE BOLAND TEAM 2017 SA CROSS COUNTRY CHAMPIONSHIPS 9 SEPTEMBER NWU-PUKKE SPORTS FIELD POTCHEFSTROOM

SA BEAMPTERAAD EKSAMEN VRAEBANK SA OFFICIATING COUNCIL EXAMINATION QUESTIONNAIRE

Concipio. Bobaas-breiers. Vir die eerste keer in die geskiedenis. 250 Editions. Foto: Stephan Jordaan

EMPOWERMENT: POTENTIAL LEADERS: 2015

-Triathlon Rules p.3. -Duan verteenwoordig SA p.4. -Tawwe Tienie Fietsers p.4

CHASA Sportskiet / CHASA Sport Shoot. CHASA Sportskiet / Shoot Version /03/2014 Authors: Elmo Scheffer, Siegfried Liebner

Paul Roosers wat rekeningkunde

At the Annual General BOLAND ANNUAL GENERAL MEETING. Quarterly Bulletin of Boland Bowls Kwartaalblad van Boland Rolbal AUGUST / AUGUSTUS 2012

IRENE NEWS. 27 June No

ESKOM TRANSMISSION MATIMBA B MARANG, DINALEDI & DELTA-EPSILON PROJECTS FOKUS GROEP VERGADERING 17 APRIL :00 VEILINGSKRALE - SENTRUM

OMSENDBRIEF : 03/ Maart Geagte Ouers

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE

INHOUD. 04 VAN DIE OEWER Hoofredakteur Eugene Kruger heet almal welkom vir die Desember/Kersfees uitgawe.

NEWSLETTER 3 OCTOBER 2018 BRAKKIE NEWS. Altiora Spero NEWSLETTER 3 OCTOBER 2018

Die amptelike kwartaalblad van die leerders van Paul Roos Gimnasium. Official quarterly of the pupils of Paul Roos Gymnasium

75 Feesjaar Vieringe National Championship Percheron at Agri Mega Week. Dreams are necessary to live Anias Nin

SPORTMANSHIP SCHOLARSHIP CONDUCT

Walkerbay Skiboat Club Winter Newsletter 2015

15 AUGUST Toiletries: body lotion, shampoo, deodorant, toothpaste, adult nappies / Shoes

2018 SIMMENTALER SKOUKLASSE

2015 ACTIVITIES OF RIËTTES DANCE STUDIO

Braunvieh S.A. Nuus News. Posbus 7864 P.O. Box Kantoor Tel en Faks Office Phone & Fax. Webblad

Basiese beginsels van meetkunde: Punte, lyne en hoeke *

Donderdag 7 Junie Maandag 11 Junie Dinsdag 12 Junie. Woensdag 13 Junie 2018 Donderdag 14 Junie 2018

Transcription:

RE VERA JAARGANG 31 NO 4 NOVEMBER 2010 Matriekafskeid SKOOLKOERANT VAN DIE HOëRSKOOL BRACKENFELL Nicolle Bester Matriekafskeid, die èèn geleentheid waarna elke matriekleerder heeljaar uitsien, het uiteindelik aangebreek. Na maande se wag en voorbereiding, het die tyd uiteindelik aangebreek om die glasryke aandrokke en aandpakke uit die kas te haal en te spog. Vroeg Vrydagoggend, die 8ste Oktober 2010, het almal al begin hare doen, naels opsit en grimering aansit. Om en by 18:00 het verskillende soorte motors een vir een aan gekom. Die matriekulante het soos regte filmsterre op die rooi tapyt na die deure van die Paul Roos saal gestap waar die matriekafskeid gehou is. Die saal het ongelooflik gelyk en het behoorlik asems weggeslaan. Die tema van silwer, swart en wit wat orals gesien kon word het n glasryke atmosfeer geskep. Nadat almal opgedaag het, het mr. Mouton die aand geopen en die reëlings aangekondig. Daarna het mr.pretorius en Anuscka Rabe elkeen n kort toespraak gemaak. Anuscka Rabe en haar metgesel het die dansvloer geopen en die dansery het begin. Die kos was baie lekker en almal het met vol mae die aand omgedans en gelag. Om en by 11uur het almal begin wegglip om die aand verder te gaan geniet. Die matriekafskeid was n reuse sukses. n Groot dankie aan almal wat deel van die organiseering van die geleentheid was. Foto s deur Hester Swart 1

Liewe Leeser Die nuwe uitgawe van die Re Vera begin die kwartaal met n nuwe redaktriese en so te se n nuwe spannetjie wat vol entosiasme is en nie kan wag om te begin nie. Dit is n groot eer vir my om deel van so sukses te wees, Jana jy het voetspore gelos wat ek hoop om te vul. It is almost the end of another term which started in sadness but with sadness came unity and realizing the value of life. All the learners worked hard through the year but now it is the time to harvest their knowledge on black and white. To all the matrix the best of luck and may all your hard work pay of in the end. Die jaar was n unieke jaar met n unieke matriek groep van 2010, die kwartaal is net vir julle en so is die uitgawe van die Re Vera ook aan julle op gedra. Matrieks sterkte met die toekoms en onthou once a Brakkie, always a Brakkie. Lekker lees! Hester Jana Rust Vaarwel Brakkies! EK staan aan die einde van my Hoërskoolloopbaan en aan die einde van twee jaar wat ek as redaktrise van die Re Vera gedien het. Ek kan nie glo dat dit so in n oogwink verbygegaan het nie! Ek onthou nog die dag toe ek as n graad aggie vir die eerste keer by n Re Vera-vergadering ingestap het. Dit was verskriklik oorweldigend. Alles was so vreemd. Ek het nie n idee gehad wat Wagter Slagtand was of die gewilde Kleenex Corner van n paar jaar gelede nie. Ek het besluit dat ek my nie sou laat onderkry nie en het getrou elke kwartaal die vergaderings bygewoon en my artikels geskryf. Aan die einde van my graad 10-jaar was ek stomgeslaan toe hulle my vra om redaktrise te wees. Ek was baie senuweeagtig. Ek sou as n graad 11- leerder die skoolkoerant moes bestuur, terwyl ek saam met verskeie ouer redaksielede moes saamwerk. Nietemin was dit die ondervinding van n leeftyd. Met die intrapslag het dit egter duidelik geblyk dat ek niks het om oor bekommerd te wees nie. Ek het fantastiese redaksielede gehad en ons het ongelooflik lekker saamgewerk. Redaksie Redaktriese: Uitleg: Verslaggewers: Fotograwe: Hester Swart Hester Swart Duan Engelbracht Abby Cronje Anuska Rabe Isabel Steyl Jana Rust Leandri Joubert Bianca Slabbert Monique Visser Nadia Rust Nicolle Bester Paul von Molendorf Carla Saayman Tertia Retief Chelsea Sivertsen Zoe van Wyk Danielle Smit Ryno Wade Sedert ek as redaktrise begin het, was daar egter een ding waaroor ek baie bekommerd was. Ons het te min junior verslaggewers gehad. Hierdie jaar het die volle redaksie net uit senior leerders bestaan. Die redaksielede het al minder geword, en indien die getalle dieselfde sou bly, sou die Re Vera volgende jaar met slegs ses verslaggewers moes voortgaan. Aan die begin van hierdie kwartaal het ek my laaste Re Vera-vergadering bygewoon. My mond het oopgehang toe ek by die vergadering instap. Die klaskamer was vol nuwe gesiggies. Ek kon nie glo hoe baie leerders, veral juniors, besluit het om aan te sluit by die redaksie nie. Dit het my hart so bly gemaak. Ek het hierdie kwartaal die leisels oorgegee aan n baie bekwame jong dame, Hester Swart. Hester sal in 2011 as die redaktrise van die Re Vera dien. Hester, ek het volle vertroue in jou. Maak n groot sukses van die jaar ek weet jy gaan! Juffrou Symington en juffrou Jansen, baie dankie vir al julle motivering en ondersteuning deur die jare. Dankie dat ek enige tyd vir hulp kon vra en dat julle altyd meer as gewillig was om te help. Ek waardeer dit opreg. Aan al die matrieks: Baie sterkte met jul toekomspad. Maak n groot sukses daarvan en onthou om, soos ons skool se leuse, Altiora Spero, daagliks hoër te streef. Bly in julle harte altyd n trotse Brakkie! Ek hoop dat julle sal vashou aan die positiewe dinge wat julle in Hoërskool Brackenfell ondervind en geleer het. Aan elke Brakkie: Geniet jou somervakansie. Ek wens jou en jou familie n Geseënde Kersfees en n voorspoedige nuwe jaar toe. Mag 2011 triomferend en vol vreugde wees. Ek sluit af met een van my persoonlike gunsteling spreuke - n bekende Ierse seënwens. Ek hoop dit is iets wat jy vir die res van jou lewe saam met jou sal dra: May the road rise to meet you, May the wind be always on your back, May the sun shine warm upon your face, The rain fall soft upon your fields And, until we meet again May God hold you in the palm of his hand. Onthou, ons is tot alles in staat deur Hom wat ons krag gee! 2

Anuska Rabe VRL - Voorsitter groet EK kan nie glo ek moet totsiens sê vir die Hoërskool Brackenfell nie. Dit voel soos gister wat ek vir die eerste keer by die groot skool ingestap het. My skoentjies het gekraak en my blou rokkie was drie groottes te groot vir my. Vir vyf jaar lank het ons as matriekklas in die skool se gange gestap. Ons almal het lagoomblikke, huiloomblikke en sommer ook net lawwe oomblikke gehad. Elke herinnering is soos n foto wat diep in elkeen van ons gedagtes geskets is en ons sal dit nooit kan vergeet nie. Matrieks, alhoewel ons volgende jaar in verskillende rigtings gaan, onthou net dat jy altyd n trotse Brackieambassadeur sal bly. Sterkte met alles wat julle aanpak in die toekoms. Onthou enigiets is moontlik as jy jou vertroue in die Here stel. In Fillipense 4 vers 13 staan: Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee. Baie dankie aan al die onderwysers wat n rol in elke matrikulant se lewe gespeel het. Baie dankie dat julle altyd daardie ekstra bietjie harde werk ingesit het om ons voor te berei vir die eksamens en ook sodoende die grootmenswêreld. Julle sal verewig in ons harte wees. Dankie aan Re Vera wat ons vir vyf jaar lank vermaak het met uitstekende leesstof. Aan al die Brackies wat agterbly: Geniet elke oomblik en gryp elke geleentheid met albei hande aan. Moenie eendag spyt wees oor dinge wat jy nie gedoen het nie. Totsiens Hoërskool Brackenfell. Jy het diep spore in my hart en in my toekoms getrap. Vaarwel Matrieks 2010 Leandri Joubert VOOR hulle weet waar hulle is, gaan die volgende geslag die erfgename wees van sake-ondernemings, instellings en regerings van die wêreld. Op hulle skouers sal die las van leierskap en gesag rus. Dis hulle wat die wa van die mensdom deur die drif sal moet trek. - James Dobson Die leefwyse wat die matrieks van 2010 die afgelope vyf jaar geken het, was: onderwysers, skoolboeke, eksamens, sport, kultuur, akademie, leierskap, aërobiese oefeninge in die LOsportklas en natuurlik gewisnie-kunde. Binne Brackenfell se vier mure was daar kosbare vriendskappe gesmee en verbreek, persoonlike sukses op die sportveld, sowel as in die klaskamer nagestreef en sterk bande met die bekwame personeel gevorm. Vandag treur nie net alle matriekleerders nie, maar ook die res wat agter bly. Dit is weereens tyd om van nog legendes afskeid te neem, voorware helde en heldinne (in eie reg) wat hulle in alle aspekte aan dié skool toegewy het. Vir party is dit die begin van nog groter sukses, vir ander die vooruitsig om nuwe paaie te bewandel, maar is ons matrieks reg om hierdie uitdagings die hoof te bied? Net tyd sal leer. 3

NOVEMBER Danielle Smit 2010 RE VERA HOëRSKOOL BRACKENFELL They are officially the National Champions of 2010. It started with a few hours of practice everyday and gradually built up to practices of five hours a day. Now some of you may think who in their right mind would stand in the sun for five hours a day learning new formations, whilst others see the discipline, dedication and determination that these girls have. Drummies is not for the faint hearted. It requires loyalty, respect, loads of time and attention to detail. (We all know that our brilliant Mr Stadler is a perfectionist) These are the values that widely contributed to our girls bringing home the gold. Forty girls, one leader and a combined team of three coaches showed the rest of the country how it was done on the first of October at the Bellville Velodrome. Judges and spectators were blown away and the competition was immediately silenced when our drummies stepped out with pearly white smiles and stole the show. Dancing, jumping and ladders all formed part of the mindblowing performance the drummies delivered. Precision and technique were the words of the day, leaving no room for doubt and even less for error. After months of blood, sweat and tears, it all came down to that final day of the South African Drum Majorette National Championships. All the hard work and sacrifice of our golden girls now rested on the decisions of a handful of people. Nerves were running high and the atmosphere was intense, when the new National Champions, the Drum Majorettes of Brackenfell High School, were announced. Tears of joy came streaming down every face. After years of just just missing out on the gold, our time had finally come. With our drummies winning first place in six of the categories and achieving second in only three, it is no surprise that 2010 was turning out to be an perfect year for them. Congratulations girls, you really deserved it and have earned the right to brag. Lets hope that you keep up the excellent work and stay motivated, so that you can continue beating Waterkloof and bringing home the gold. Foto s by Ryno Wade Big shoes to fill Abby Cronje How many games did you play? We played three games. We played the Friday against Langenhoven Gymnasium in Oudtshoorn. We lost the game. We were bowled out for 52 and they made 53/7. Our second game was against Daniël Pienaar on the Saturday, in George. This was the first and only game we ALL Brackies weren t idle during the September won. We won with 47 runs. Our third and final holidays. The u.19-a cricket boys had to show game was against Worcester Gymnasium. We their worth during a tour to Mossel Bay. Re Vera lost with 37 runs but the guys didn t give up and had a talk with Wayne Bosman, who will now be the coaches were very proud of that. taking over the captaincy from Raymond Olivier. What date did you leave and come back? rd We left on Thursday the 23 and came back on Monday the 27th. Was it sad to know that these would be the last games you were playing with Raymond Olivier and his fellow matrics? Raymond wasn t supposed to come with but one player dropped out so we had to pull Raymond in. It was really awesome to know that he was coming with because he is a really great guy and an amazing cricketer. Raymond did play on the How did the team get the money to go on the tour and was one of the top performers. It was tour? also great to have him there to help me with the Most of the money came from sponsorships team. Raymond is respected by all cricketers and and fund raisers. Our first fund raiser was a golf it has been a day which was held at the school. Thirty six great pleasure golfers teed off for a fun day in the sun. The to play alongsecond fundraiser was a horse derby. Everyside him. body was welcome and everybody had a great time. People were running up and down the Ossie Theron Centre, screaming and hoping their horse would win. It was really awesome and I m sure everyone enjoyed it. With Raymond being the captain for so long, do you feel like you have big shoes to fill by taking over the captaincy? Yes, I mean Raymond as a really good captain and was respected by the team. Raymond helped me a lot on the tour and guided me so that was great. It will be hard in the early stages but I ll soon get it right. Where did you stay during the tour? We stayed in Mossel Bay at the ATKV. Did you get up to any mischief while you were there? Not any that I m allowed to mention Who are your coaches? Mr G Van Deventer is our main coach, Mr Van der Mescht is our team manager and Mr Carstens is our driver/umpire. Foto s by Ruan Wade and Abby Cronje With big shoes to fill, 4

n Brakkie gaan dans in Holland Megan de Villiers Anoschka van Zyl is een van die min dansers wat kan sê dat sy in n wereld kampioenskap deel geneem het en die Re Vera het die voorreg gehad om met haar te praat Wat het jy presies in Holland gemaak? Ek het deelgeneem aan die Wereld dans kompetisie in Eindhoven. Ons was een van vyf groepe van Suid-Afrika en ons groep het 8ste gekom uit die 23 wat deelgeneem het. Wat dink jy van Holland? Die mans daar is baie aantreklik Hoe het jy by dans betrokke geraak? Toe ek in graad 5 was het dans interessant gelyk en wou dit net vir sports doen, maar soos die tyd verby gegaan het, het ek dit al hoe meer geniet. Dit is hoekom ek nou al 7 jaar lank dans. Wie is jou rolmodel? My rolmodel is Hoze. Hy is my afrigter en hy dans ongelooflik goed. Ek wil eendag baie graag soos hy wil dans. Watter ondersteuning kry jy? My ouers ondersteun onderstaun my baie in al my kompetisies en sonder hulle sou ek nie Holland toe kon gegaan het nie. Ek kry ook ondersteuning by my vriende wat my deur alles help. Wat is jou volgende mikpunt? Foto verskaf My volgende mikpunt is om die wereld kompetisie te wen, want ek weet dis moontlik, dit was baie naby hierdie jaar. In 2020 will ek... So baie ondervinding hê dat dit my n goeie toekoms kan hou en meer uitdagings in die lewe kry. Ek wil my lewe net geniet. Wat is jou leuse in die lewe? Wat jy in sit, sal jy uit kry. Lewe elke dag voluit. Baie geluk met jou groot prestasie en almal weet dat jy n reuse sukses in die toekoms wees. Intressante Feite (wat niemand ientlik wil weet nie) 1 uit 10 mense bly op n eiland. n Koei het nie boonste voortande nie. Mona Lisa het nie ooghare nie. Slakke kan vir 3 jaar lank aaneen slaap. n Hamster knip net een oog op n slag. n Kameel se melk word nie suur nie. Meeste van die feite is regtig useless, maar dit het jou tog besig gehou. 5

NOVEMBER 2010 RE VERA HOëRSKOOL BRACKENFELL 6

Foto s deur Isabel Steyl 7

Isabel Steyl Pandora se moeilikhede heel uit hul boksie Oor die jare het die Hoërskool Brackenfell al sinoniem geraak met top gehalte toneel. Jaar na jaar bring die Brakke kwaliteit na die verhoog en in 2010 is hierdie tradisie beslis voortgesit met die produksie Pandora se boks. Die stuk is n verwerking van Nelia Engelbrecht se jeugroman en is verwerk vir die verhoog deur juf Bester en oud- Brakkie Pieter-Paul Robbertse. Die toneelgeselskap wat bestaan uit 16 lede waarvan 12 spelers is, het deur die loop van die derde kwartaal by vele toneelfeeste opgetree o.a. die Durbanville toneelfees, Tygerberg Eisteddfod, Fraserburg se Logan toneelfees, Klein Libertas Toneelfees en die ATKV-toneelkompetisie. Die stuk is n moderne weergawe van die Griekse mite van n nuuskierige Pandora wat n boks oopmaak en dan spring daar n klomp moeilikhede uit. Al wat oorbly in die boks is hoop Dit is dan ook aan hoop wat die hoofkarakter Olga vashou in dié moderne weergawe. Maybe is dit after all net hoop wat ons elke dag regop hou op die high wire Olga Kruger Dwarsdeur die toneelseisoen het hierdie groep Brakkies die Hoërskool Brackenfell se naam hoog gehou en vele toekennings ingepalm. Baie geluk aan al die spelers, tegnici en ook juf Bester en mede- regisseur Pieter-Paul Robbertse wat hierdie hoë standaard op die verhoog volhou. advertensies is vir Plascon of die een of ander verfmaatskappy. PARTYKEER, wanneer ek deur die skoolgange loop, kan ek net nie help om van die meisies wat verby my stap met ongeloof agterna te staar nie. n Mens wonder soms hoe die gesiggies lyk wat agter al daardie grimering skuil. Van die modepoppies se gesigte word so dik aangeplak dat dit lyk asof hulle lopende Dit is skokkend om pouses in n badkamer in te stap en te sien hoe die meisies gryp na die poeiers, eyeliners en selfs lipstiffies. Die wange word onnatuurlik rooi ingekleur, die oë word met swart omring en die lippies word blink geverf met die nuutste en duurste non-fade, long-lasting lipcolour. Wanneer hulle uiteindelik, na hulle mooimaaksessie, by die badkamer uitstap en n windjie waai verby, sien mens net hoe n grimeringstofwolk agterna sweef. Is my base reg ingesmeer? of Het ek genoeg mascara aan? is deesdae die bekendste vrae wat n mens op die speelgrond hoor. Leer vir jouself om te sê ek is wie ek is, aanvaar my of los my uit en wys vir ons die gesiggie wat agter daardie masker wegkruip. 8

Robbie Wessels Jana Rust ROBBIE Wessels, n baie bekende Suid-Afrikaanse sanger en akteur, wat veral bekend geword het vir sy immergewilde liedjie, Leeuloop, het in September by ons skool kom optree. Die optrede is gereël deur THE STAGE Performing Arts School & Theatre. Hierdie onderneming is geleë in Rosenpark, Bellville en bied klasse aan in drame, dans en musiek. Bo en behalwe hiervoor, is daar ook n 80-sitplek teater, waar vertonings bygewoon kan word. Foto deur Jana Rust Robbie het tussendeur sy voorbereiding, tegniese klanktoetste en repetisies n tydjie afgestaan om met Re Vera te gesels. Waarvan hou jy die meeste: om jou lyf sanger te hou of om voor die kameras te speel? Tans geniet ek die kamerawerk meer, met ander woorde om akteur te wees. Ek het onlangs n nuwe musiekvideo gemaak en het dit baie geniet, Ek het ook drama geswot. Dit is my groot passie. As n sanger, dink jy opkomende Suid-Afrikaanse sangers het n toekoms in ons land? Ja, die mark is lekker. Daar is soveel nuwe skrywers met fantastiese idees. Jong mense, standerd 9 s en matrieks, skryf al op so n jong ouderdom. Die jeug van vandag is baie meer volwasse as n paar jaar gelede. Die kinders is ouer en wyser. Is jy ten gunste daarvan om op te tree ten bate van behoeftige instansies vir fondsinsamelingsprojekte? Ja, veral as dit gaan oor kinders en siekes, soos kankerpasiënte. Dink jy skole bied n goeie grondslag waarop kinders kan voortbou om hul talente uit te brei en uit te leef? Ja, ek dink so. Ek het grootgeword met individuele dramaklasse en eisteddfods. Kultuur is baie belangrik. Kinders moet hul visie kan uitleef. Indien jy nie besig is om te sing nie, wat is jou gunsteling tydverdryf? Ek skryf graag nuwe liedjies. Ek is ook mal oor reis. Ek is baie lief vir die see en geniet dit om nuwe plekke te sien. Dit is vir my lekker om na enige plek in Suid-Afrika te reis, solank dit net n nuwe plek is wat ek besoek. Wie is jou rolmodel en hoekom? Bono van U2. Hy leef uit dit waarin hy glo en besef die verantwoordelikheid wat hy gekry het. Hy straal n positiewe energie uit. Hy is n lig. Watters sangers inspireer jou en hoekom? Koos Kombuis. Hy is honderd persent net HY, no pretentions. Ek is ook mal oor Gert Vlok-Nel, Gian Groen en Theuns se musiek. Wat is jou leuse in die lewe? Om vorentoe te beweeg en te verander saam met die tye en altyd mens te bly. Waar sien jy jouself oor tien jaar? Gelukkig getroud of nie? Ja, ek dink so Miskien n paar kinders. Kan ons binnekort n CD of DVD verwag? Definitief n movie! En miskien n DVD. Die Re Vera bedank graag vir Robbie en THE STAGE vir hul bereidwilligheid om n onderhoud te voer tydens n besige skedule. Baie sterkte met jul pad vorentoe. 9

Zoe van Wyk The Orange River camp THE yearly grade 11 geography trip to the Orange River took place during these past September holidays and it seems that the learners who went had a great experience and made many memories. The pupils who were lead by four of the schools teachers Mr Arendse, Miss Brandt, Miss van Onselen and Mrs de Villiers departed on the 23 September. They travelled by bus and made a stop in Springbok, which probably isn t in its prime anymore since Nando s is probably the nicest place around there. They spent the first night at the Amanzi trails base camp relaxing by the fire and braaing and they left on their canoes to take on the river the following morning after a talk from the guides on safety. The four days on the river mostly consisted out of rowing and then setting up camp for the night. Some had tents but most where happy to sleep where they fell under the stars. The bathroom arrangements where a little sketchy to say the least, it consisted of finding a nice hidden bush and digging a hole. Everyone knows that the Brakkies always find a way to have fun despite second-degree burns and falling into rivers. It was quite a relief to all when they found out the teachers were actually pretty relaxed and easy going because that might not always be the case when it comes to school excursions such as this. Having little to do since there weren t any stores or other people around the pupils started getting to know each other better. It wasn t all rowing though; there was also an adventure involving climbing a huge hill/ mountain that produced stunning views of the Orange River and it surroundings. The greatest fun for most pupils was the rapids, which there were many of during the course of the trip. Some people survived them while others weren t as lucky and had to fish their belongings out of the river while completely soaked from head to toe. Even during that, people enjoyed themselves. Dewald Beneke and Mr Arendse had the most experience in this since they almost always fell, so much so that they even swapped rowing partners with equally hilarious consequences. Another learner was equally remembered for her role in capsizing one of the teacher s canoes. The guides who helped them conquer the river were all extremely helpful and friendly, sharing their own experiences with them. Many people learnt new skills; some even took up fishing and catching their own meals. Others started helping around camp by making fires or collecting wood. Despite many being glad when the final day came because they were all worn out and had enough of the lack of bathrooms and small choice of food, everyone still felt that it was a memorable trip and were slightly sad to leave. The learners returned home on the 28 th of September with their tans and many tales about the camp. Foto s verskaf 10

Nuwe gesiggies in ons kontrei Nadia Rust DIE afgelope kwartaal het daar n paar nuwe onderwysers hulself kom tuismaak in die personeelkamer se blou stoele. Re Vera het gaan rondsnuffel om meer oor hulle uit te vind. Titel, naam en van? Mej. A. Pretorius Watter vak bied u aan? EBW en Toerisme Wat het u voorheen gedoen? Ek het in Secunda skoolgehou. Wat is u gunsteling tydverdryf? Ek hou daarvan om saam met my vriende te braai, flieks te kyk en ek hou ook van sight-seeing. Vertel ons iets interessants van uself waarvan min mense weet. Ek is mal oor diere. Ek het n kat, hamster, bearded dragon en n hasie. Wat is die snaaksste ding wat al ooit met u gebeur het of wat u gedoen het? Ek het een keer my hare blou gemaak vir n rugbywedstryd en toe wil dit nie uitwas nie. Kies een van die volgende: Tygervallei of Canal Walk Canal Walk Melktert of sjokoladekoek Sjokoladekoek Mozart of Parlotones Parlotones Met rooiwyn voor die kaggel of met n bier by n braai Met rooiwyn by n braai! Fliek of tuinmaak Fliek Titel, naam en van? Mnr. T. Lewis Watter vak bied u aan? Wiskunde Geletterdheid en Tegnologie Wat het u voorheen gedoen? Ek het by Fish Hoek High School skoolgehou. Wat is u gunsteling tydverdryf? Ek hou daarvan om te kamp en flieks te kyk. (Ek hou niks van leuens, sjampanje en Barney the Dinosaur nie!) Vertel ons iets interessants van uself waarvan min mense weet. Ek hou daarvan om te sing en te dans (sokkie). Wat is die snaaksste ding wat al ooit met u gebeur het of wat u gedoen het? Ek het al soos n hanswors aangetrek om kinders te vermaak. Kies een van die volgende: Tygervallei of Canal Walk Tygervallei Melktert of sjokoladekoek Melktert Mozart of Parlotones Mozart Met rooiwyn voor die kaggel of met n bier by n braai Met rooiwyn (Merlot) voor n kaggel Fliek of tuinmaak Fliek Titel, naam en van? Ruan Uys Watter vak bied u aan? Lewensoriëntering Wat het u voorheen gedoen? Ek het skool by drie vorige skole gehou. Ek het ook in die Guidance Department gewerk en berading aan leerders gegee. Wat is u gunsteling tydverdryf? Ek hou daarvan om Leeukop uit te stap, Buluga sushi te eet saam met my meisie en natuurlik om Vrydagaande Jeug by my kerk by te woon. Vertel ons iets interessants van uself waarvan min mense weet. Ek is verslaaf aan Origin-koffie en my nefie speel vir Foto na Dans. Wat is die snaaksste ding wat al ooit met u gebeur het of wat u gedoen het? Ek het Super Interatletiek gehardloop (hekkies) voor 14 skole (Waterkloof, Affies ens.) Toe ek oor my laaste gaan, val ek voor 10 000 kinders Kies een van die volgende: Tygervallei of Canal Walk Canal Walk Melktert of sjokoladekoek Sjokoladekoek Mozart of Parlotones Nie een nie Met rooiwyn voor die kaggel of met n bier by n braai Origin-koffie (Double flat white) Fliek of tuinmaak Fliek Foto s deur Nadia Rust 11

Ruan Bothma 1992-2010 Tjom. Ek mis jou. Te bang om dinge te doen waar jy saam was. Mis jou te veel. Die memories Jy s op n goeie plek (die beste). Ek sal nooit jou gesig van jou laaste lag langs my vergeet nie. Jy was n great vriend. Mis jou jokes baie. Wees veilig daar bo asb. Mwah Michael O neill Who would ever think you would be heading home so early. You would make me laugh so much I would start to cry. Now I m crying cause I had to say goodbye. Remember whenever I asked you for a sweet you would always say "Ek het net een ek sweer" I can now reply to that and say "Ruan daar s net een jy ek sweer" Your beautiful smile and heart of gold will never be forgotten. It was a great hon0ur to be your friend. I ll treasure you in my heart forever. Love & miss you! Michelle Brandt, jou kleurling maaitjie. Sjoe, die tyd gaan vinnig verby en hier sit ons wat agter gebly het nogsteeds. Ek wens jy kon weet hoe baie jy gemis word en hoe baie jy vir ander beteken het. Daar was darem dae wat jy simpel kon wees. Hoe baie kan ek nie daardie video s oor en oor kyk nie. En gelukkig kan mens altyd terugkyk na foto s wat al die memories weer terugbring. Jy s altyd in my hart en sal vir ewig in almal se gedagtes wees. Moenie dink enige iemand sal jou vergeet nie, want regtig! Dis onmoontlik! Ons gaan jou vir ewig mis, maar ek voel gerus om te weet jy is in die hemel. Dit weet ek definitief. Rus sag, my engel ek is lief vir jou. Baie liefde en soentjies en drukkies, Alecia <3 Ons het van gr.r as klasmaaitjies begin waar ons kaalvoet rugby gespeel het. Daarna was dit hoërskool waar ons met toks begin speel het en op toere gegaan het. Joh, ons het darem great tye saam gehad. Onthou jy toe ek in jou kas weg gekruip het en uitgeval het en steke moes kry? Hierdie jaar was vir ons n hoogtepunt met ons learner s, lisensies en toe karre als het so tragies geïndig toe ons oppad was Clainwilliam toe. Min het ons geweet dat ons nooit daar sou uitkom nie. Ons was so opgewonde die Dinsdag toe ons vertrek het. Ons laaste woorde saam was by die petrol pomp waar Franco by jou moes bedel vir R2. Ai ou tjom, ons hier by die huis wag nogsteeds dat jy enige oomblik gaan klop, sodat ons bietjie kan lag en nonsens praat. Jou helder lag en vriendelikheid sal nooit vergeet word nie. Ons sal nooit ophou om jou te mis in ons groepie nie. Tot ons weer ontmoet. Van jou tjomie, Reinhard. Tjom ons gemis is groot. Ons vriend Ruan is nie meer met ons nie. Niks sal ooit weer dieselfde wees nie! Baie liefde, Fanco Marais Foto verskaf 12