Somatiese seltellings (SST) by melkbeeste

Similar documents
2015 HEREFORD SHOW. Class/Klas 1 : Heifer, 9 and under 12 months / Verse, 9 en onder 12 maande

News Flash. 6 September Dear Members

BUITEMUURSE EN VAARDIGHEIDS-ONTWIKKELINGSPROGRAM KWARTAAL : GRAAD 1 EN 2

Special News Flash LIGA KAMPIOENE MAAK GESKIEDENIS

PLEASE NOTE THESE IMPORTANT CHANGES TO THE HANDICAPPING MANUAL (EFFECTIVE 1 APRIL) Handicap Manual Changes Effective 1 April 2013

SENEPOL NEWS. Algemene Senepol Nuus. Senepol The right breed for our time July Nu usb rief / News letter

2018 SIMMENTALER SKOUKLASSE

T u l i j o u r n a l

FarmVet AMITRAZ 20 % Reg. No. G0000 Act 36/1947. Emulsifiable concentrate/emulsifiseerbare konsentraat

VOORDELE QUO VADIS? n Voëltjie met. Game ranching. Wettige wildsvleis

THE MORALITY AND ETHICS OF HUNTING: TOWARDS COMMON GROUND

We had 1500 kids there, most of them came from Safety homes and orphanages around Johannesburg and some came as far as Soshanguve, Pretoria.

News Flash MESSAGE FROM THE PRESIDENT/ BOODSKAP VAN DIE PRESIDENT VOLMAAKTE GELUK. 11 December 2013

BRIEFING DOCUMENT FOR THE BOLAND TEAM 2018 SA CROSS COUNTRY CHAMPIONSHIPS. 8 SEPTEMBER Nelson Mandela University Port Elizabeth

BRIEFING DOCUMENT FOR THE BOLAND TEAM 2017 SA CROSS COUNTRY CHAMPIONSHIPS 9 SEPTEMBER NWU-PUKKE SPORTS FIELD POTCHEFSTROOM

Nuusbrief / Newsletter June 2015

18 SEPTEMBER Congratulations to the following staff member who will be celebrating his birthday during the coming week:

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE

Core exercises/ Kernspiere - oefeninge

Van af die Voorsitter

GANSBAAI GHOLFKLUB/ GOLF CLUB

WE DID IT AGAIN.! The Jolliest Bus trophy 3rd year in a row

DANS AFDELING DANCE SECTION

Afrikaanse Hoër Seunskool in samewerking met die Universiteit van Pretoria

ARTIKELS Desember Joernaal/Journal 2015

VERDUIDELIKING VAN AFKORTINGS IN KATALOGUS Calf traits DIRECT CALF TRAITS DIREKTE KALF EIENSKAPPE Kalf eienskappe. Lot. Ind. 365d 540d ADG GDT FCR

Efficacy of CeUfood and Switch as Ergogenic Aids in Endurance Athletes

ARCADIA NUUS/NEWS. Goeiedag Vriende. Ons sukses hang af van u sukses met ons genetika. Arcadia Bonsmara

Hoërskool Roodepoort

Arrival on Thursday before commencement of course are optional. The rate is R580 per person for Thursday dinner, bed & Friday breakfast.

General information Country Trax Amersfoort, Mpumalanga

2015/16 REGLEMENT C JUKSKEI. SPEELREëLS

THE SIGNIFICANCE OF DOMINANT BALL CARRYING COLLISIONS AS AN INDICATOR OF SUCCESS IN RUGBY UNION AND THE BIOMECHANICAL ANALYSIS THEREOF ASHLEY EVERT

GANSBAAI GHOLFKLUB/ GOLF CLUB. Nuusbrief 23 Februarie Newsletter 23 February 2017

NEWSLETTER / NUUSBRIEF

Dieresiektes. Dieresiektes. ENTINGS: Herfs: Miltsiekte Lamsiekte multivalente Sponsiekte (bv. Botuthrax & Covexin10)

Vooruitsigte vir eiendomsbeleggings

Speelreëls. Rules of Play

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE

THE SUPREME COURT OF APPEAL OF SOUTH AFRICA

FROM THE PRESIDENT S OFFICE/UIT DIE PRESIDENT SE KANTOOR

PINZGAUER & PINZ²YL GENOOTSKAP/SOCIETY

RUGBY / NETBAL / HOKKIE

GANSBAAI GHOLFKLUB / GOLF CLUB

2016/17 REGLEMENT C REGULATION C JUKSKEI SA. SPEELREëLS GAME RULES

Behind the Backline Agter die Backline

August / Augustus 2009 SA HOLSTEIN 1

7. Finansiële state en geouditeerde rekeninge vir die finansiële jaar 1 Oktober to 30 September 2015

Congratulations to the following members who were podium finishers at the Run for Bibles race on Saturday:

NO 15 WESKUS TAK WESKUS BRANCH MALGAS NUUS/NEWS. 7 Februarie 2018

Sien ingeslote voubiljet vir gebruiksaanwysings / See enclosed leaflet for directions for use

RUGBY / NETBAL / HOKKIE

General information: Dirt Bike Training Weekend Country TRAX Amersfoort, Mpumalanga

AKSIE. ANDER LEDE VAN DIE RAAD Rdh. A De Vries [DA] : Speaker

CHASA Sportskiet / CHASA Sport Shoot. CHASA Sportskiet / Shoot Version /03/2014 Authors: Elmo Scheffer, Siegfried Liebner

inhoudsopgawe contents

FROM THE HEADMASTER SPORTMANSHIP SCHOLARSHIP CONDUCT

FROM THE HEADMASTER SPORTMANSHIP SCHOLARSHIP CONDUCT

PRG SPORT WEEKLIKSE PROGRAM / WEEKLY PROGRAMME 2-9 NOVEMBER 2018 ALGEMEEN

ROECHAMA TAYLOR MADE RCM /04/16

BOWLS SOUTH AFRICA. Message from the President. April Piet Breitenbach

LAERSKOOL NELSPRUIT NELLIES RUGBY Al die talent in die wêreld sal vir jou niks beteken sonder jou spanmaats nie.

SA BEAMPTERAAD EKSAMEN VRAEBANK SA OFFICIATING COUNCIL EXAMINATION QUESTIONNAIRE

RAAKSKOOT TOUCHER BOLAND SAKELIGA FINAAL. Kwartaalblad van Boland Rolbal Quarterly Bulletin of Boland Bowls Mei / May 2017

GANSBAAI GOLF CLUB / GHOLFKLUB

LOUMOTTA BANKER AC /07/15

LAERSKOOL ROODEKRANS SENIORFASE GRAAD 7 AKADEMIESE INLIGTING JANUARIE 2018 AKADEMIESE HOOF (DPS): ME. SUZANNE FOURIE

D-Fend. REG. NO. L 9088 Act No. 36 of 1947 REG. NR. L 9088 Wet Nr. 36 van 1947 Namibian Reg. No. N-AR 1516 Namibiese Reg. Nr.

EMPOWERMENT: POTENTIAL LEADERS: 2015

Nuusbrief 17 van 2018

2 No PROVINCIAL GAZETTE, 16 APRIL 2018

MENLO PERDESPORTSKOU 2019

DG NEWSLETTER. District 410D December 2017

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (Northern Cape Division)

Uniondale-Medium Langkloof Uniondale Willowmore

SPORTS MEDICINE SPORTGENEESKUNDE

COUNTRY TRAX Jan du Toit chief instructor

South African Maritime Safety Authority

Tina Cowley reading centre 25 April

South African Maritime Safety Authority

ARTIKELS April Joernaal/Journal 2018

ESKOM TRANSMISSION MATIMBA B MARANG, DINALEDI & DELTA-EPSILON PROJECTS FOKUS GROEP VERGADERING 17 APRIL :00 VEILINGSKRALE - SENTRUM

ESKOM TRANSMISSION MATIMBA B MARANG, DINALEDI & DELTA-EPSILON PROJECTS PUBLIC MEETING 7 MARCH 2007 / 7 MAART 2007 VAN WYKSKRAAL LAERSKOOL - MAKOPPA

Reëls en Regulasies Januarie 2017

Braunvieh S.A. Nuus News. Posbus 7864 P.O. Box Kantoor Tel en Faks Office Phone & Fax. Webblad

* APRIL 2018 *

Lees alles oor die nuwe afbakening op bladsy 5

19 PARK SEWESTOERNOOI PARK SEWESTOERNOOI BY Laerskool Park. Sewes Toernooi

15 AUGUST Toiletries: body lotion, shampoo, deodorant, toothpaste, adult nappies / Shoes

NSC 2015 CHIEF MARKER S REPORT

Kenridge Hockey Newsletter Term

CHESS congratulations to Ameer Kadir and Anchen Smith who have both

SUID AFRIKAANSE TWEEKAMP: PRESIDENT SE JAARVERSLAG AANGEBIED BY DIE ALGEMENE JAARVERGADERING GEHOU IN PORT ELIZABETH OP 29 MAART 2019

SUNDAY / SONDAG 18 MARCH 2018 MONDAY / MAANDAG 19 MARCH 2018

Basiese beginsels van meetkunde: Punte, lyne en hoeke *

Riglyne vir maatskaplike werkers wat peuters forensies assesseer

BAIE DANKIE AAN ONS BORG

COMMENTS AND RESPONSE REPORT 1 Issues Relating To The Listed Activities Only PROPOSED UPGRADE OF LOUIS FOURIE ROAD (TRUNK ROAD 33/1), MOSSEL BAY

World Bowls schedule

SEDERT 1960 SINCE 1960

Transcription:

Somatiese seltellings (SST) by melkbeeste Subkliniese (nie-sigbare) mastitis by melkkoeie is die belangrikste oorsaak van n hoë somatiese seltelling (SST) in melk. Die SST is een van die belangrike parameters om melkkwaliteit te bepaal. Melkboere verloor miljoene rand per jaar weens hoë SST in hulle koeie se melk. Daar is altyd somatiese selle in koeimelk. Die somatiese seltelling (SST) in melk gee n aanduiding van die gesondheidstatus van die koei-uier. Somatiese selle in normale melk bestaan meesal uit witbloedselle (leukosiete) en n klein persentasie (2-20 %) epiteelselle. Die normale SST van koeie met gesonde uiers is ongeveer 100 000 selle per milliliter melk. Eerste kalf koeie se SST is gewoonlik 20 000 tot 50 000 en ouer koeie sin 100 000 of meer selle per ml. Met n verhoging van die SST daal die melkproduksie. Die belangrikste oorsaak van n verhoging in SST is besmetting (uierinfeksie wat lei na inflammasie) van die uier wat meesal deur bakterieë (kieme) veroorsaak word. Die bakteriese besmetting van die koei-uier veroorsaak subkliniese (nie-sigbare) of kliniese (sigbare) mastitis in die uierkwart/e met n gevolglike verhoogde SST. Die gesonde uier en SST Die SST is baie hoog in kolostrum (biesmelk) na kalwing en daal in gesonde koeie binne 4-10 dae tot ongeveer 100 000 200 000 selle per ml melk. Die daaglikse melkproduksie en die stadium van laktasie beïnvloed normaalweg nie die SST van gesonde uiers nie. Die SST verhoog gewoonlik eers as die melkproduksie van die koei na minder as 4-5 kg melk per dag daal. Indien n melkkoei deurentyd gesond is beïnvloed haar ouderdom die SST nie baie nie. Koeie wat al mastitis (subklinies of klinies) gehad het se SST verhoog gewoonlik met ouderdom. Ou koeie het gewoonlik n effense verhoogde SST. Die koei-uier se SST is die hoogste direk na melking en bly op daardie vlak vir 3 tot 4 ure en verlaag dan. Met verhoging van melkproduksie in die normale uier verlaag die SST. Die SST van voormelk (die eerste melk) en die van die totale volume melk is ongeveer dieselfde. Indien die tyd tussen 2 melkings per dag korter is gedurende die dag as die nag is die aandmelking se SST hoër as die oggendmelking want die volume melk is minder in die aand. Daar is n effense verskil in SST van normale melk van verskillende melkrasse. Daar kan tot n beperkte mate geteel word vir koeie met n relatiewe lae SST. Omdat baie van die hedendaagse melkkoeie geteel is om n hoë melkproduksie te lewer en sy in n abnormale omgewing lewe (nulbeweiding- en ander sisteme) en aan n relatiewe hoë bakteriese lading bloodgestel is, is hierdie tipe koei se SST hoër as wat gewens is. Koeie wat op weidings aangehou word se SST is oor die algemeen effens laer as koeie wat in n intensiewe stelsel gemelk word. Kritiese en doeltreffende melkkoeibestuur is nodig om die gewenste uiergesondheidstatus by hierdie koeie te verseker. Uierbesmetting en SST Bakteriese uierbesmetting veroorsaak subkliniese (nie-sigbare) of kliniese (sigbare) mastitis wat n verhoging in die SST veroorsaak. Die funksie van die somatiese selle is om die uier te verdedig teen die bakteriese besmetting. Die somatiese selle (witbloedselle) fagositeer (eet) die bakterieë. Die somatiese selle in die melk van die uier is afkomstig van die bloed. Die koei-uier het n baie goeie bloedvoorsiening en daar vloei ongeveer 7-10 liter bloed per minuut deur die uier van n koei wat 30 liter

melk per dag produseer. Ongeveer 300-400 liter bloed moet deur die uier sirkuleer om 1 liter melk per dag te produseer. Met subkliniese mastitis verhoog die SST tot meer as 500 000 en met kliniese mastitis tot 10 of 20 miljoen selle per milliliter melk. Die verhoging van somatiese selle in melk dui op n irritasie in die uier en gewoonlik word dit veroorsaak deur n bakteriese besmetting wat subkliniese mastitis veroorsaak. n Verhoogde SST is meesal as gevolg van uierbesmetting alhoewel verskeie ander faktore SST ook kan verhoog. Indien n uierkwart se SST bo 500 000 selle per milliliter melk is en die melk lyk nog klinies normal, het die kwart subkliniese mastitis. Ander faktore wat SST in melk verhoog Beserings van die uier of spene. Gewoonlik is dit net die beseerde kwart se SST wat verhoog is. Die seisoen van die jaar. Die SST is gewoonlik die hoogste gedurende die nat en warm somermaande. Stres (spanningsdruk). Fisiese stresfaktore (bv. straling, wind, reën, hoogte, atmosferiese druk ens.), chemiese stresfaktore (lug samestelling, reuke ens.), biologiese stresfaktore (gedrag, parasiete, insekte, mikroörganismes) en saamgestelde stresfaktore (voer- en waterkwaliteit, bestuur, siektes, kalwing ens.) verhoog die SST. Van die belangrikste stresfaktore soos hittestres, modderstres, voedingstres en hanteringstres verhoog die SST in al vier die uierkwarte tegelyk. Kolostrum (biesmelk) se SST is baie hoog. Koeie wat baie lank in laktasie is (meer as 400 of 500 dae) se SST is gewoonlik verhoog. Baie ou koeie se SST is gewoonlik verhoog. Siektes. Koeie wat n siekte (bv. drie-dae-stywesiekte, knopvelsiekte ens.) onder lede het se SST is verhoog. Middagmelking indien die koeie 2 keer per dag gemelk word. Die SST van die middagmelking se melk is gewoonlik hoër as die oggendmelking s n. Swak bestuur van die melkery. Melkkwaliteit en SST Die kwaliteit van melk word bepaal deur sy organoleptiese (reuk, smaak en fisiese voorkoms), chemiese (water, bottervet, proteïene, melksuiker, mineraalsoute, ensieme, ph) en sitobakteriologiese eienskappe. Die sitobakteriologiese kwaliteit van melk word op sy beurt bepaal deur die hoeveelheid bakterieë en somatiese selle per milliliter melk. Melkkopers is baie gesteld op die kwaliteit van melk wat hulle aankoop vir verdere verwerking. Die bakteriese telling van rou of vars melk moet so laag as moontlik (minder as 10 000 bakterieë per ml melk) wees, maar nie hoër as 200 000 bakterieë per ml melk (totale kolonievormende eenhede). Groot waarde word deur melkkopers en produsente geheg aan die SST van melk. Verskeie melkkopers betaal n premie per liter melk indien die SST aan die gestelde standaard (bv. <250 000 selle per ml vir massatenkmelk) voldoen. Hierdie premie kan duisende rand per maand wees vir die melkprodusent wat n hoë kwaliteit melk lewer. Indien n individuele koei se kwartmelk SST meer as 500 000 selle per ml is, het die kwart subkliniese mastitis. Indien die uier (al 4 kwarte) se melk SST meer as

500 000 selle per ml is, het die koei waarskynlik in meer as 1 kwart subkliniese mastitis. SST is n baie doeltreffende, akkurate, goedkoop en maklik uitvoerbare manier om die gesondheidstatus van die uier te bepaal en sodoende die kwaliteit van die geproduseerde melk. n Verhoogde SST van die massatenkmelk is meesal die gevolg van uierbesmettings wat aanleiding gee tot subkliniese mastitis. Koeie met kliniese mastitis se melk word nie (moet nie) in die massatenk se melk gegooi word nie. As die massatenkmelk se SST dus verhoog is (bv. 400 000 selle per ml melk), is daar dus verskeie koeie met subkliniese mastitis in die kudde. Tabel 1: Die verband tussen massatenkmelk SST en persentasie koeie met subkliniese mastitis in een of meer kwarte SST waarde per ml melk 100 000 199 000 200 000 299 000 300 000 399 000 400 000 499 000 500 000 599 000 > 600 000 % koeie met subkliniese mastitis 5 8 10 15 20 27 30 38 40 45 50 60 Daar moet gestreef word dat die massatenk SST minder as 300 000 selle per ml melk is. Met goeie kuddebestuur en n doeltreffende mastitisbeheerprogram is dit redelik maklik om n massatenk SST van minder as 300 000 te handhaaf. Gedurende die reënseisoen en in melkkuddes wat op n nulbeweidingsisteem gehou word, sal dit soms moeilik wees om die ideaal van n massatenk SST van minder as 300 000 te handhaaf as die kuddebestuur en mastitisbeheerprogram nie doeltreffend is nie. Tabel 2: Verwantskap tussen SST in saamgestelde koeimelk (4 kwarte van die uier se melk) monsters en die aantal besmette uierkwarte per koei. SST waarde per ml melk van saamgestelde koeimelk monster 200 000 500 000 700 000 1 300 000 Aantal uierkwarte per koei besmet 0 1 2 3 Tabel 3: Sleutel vir die bepaling van die uiergesondheidstatus van melkkuddes afhangende van die SST waardes per ml van kuddemelk (massatenkmelk) SST per ml kuddemelk Uiergesondheidstatus van die kudde Beraamde % koeie CMT * % melkverlies per kudde

(massatenkmelk) positief < 125 000 125 000 250 000 250 000 350 000 350 000 500 000 500 000 750 000 > 750 000 > 1 000 000 Baie goed Goed Bevredigend Twyfelagtig Onbevredigend Sleg of swak Baie swak 5 10 10 20 20 30 38 50 50 60 60 70 > 70 Geen Gering <4 5-9 9-13 13-18 18-25 * CMT = California mastitistoets (California melkseltoets) Verhoogde SST beteken swak kwaliteit melk Verhoogde SST beteken daar is meer as 500 000 selle per ml melk. Met subkliniese mastitis in n uier se kwart is die SST meer as 500 000 en dit kan verhoog tot 3 500 000 selle per ml melk of meer. In kliniese mastitis verhoog die SST baie keer tot meer as 20 000 000 selle per ml melk. Pasteurisasie of enige ander suiweltegnologiese proses kan nie n swak kwaliteit melk verbeter nie. Pasteurisasie is die verhitting van die melk (72 ºC vir 15 sekondes) en afkoeling tot 4 ºC wat die siekteveroorsakende bakterieë en van die ander mikroörganismes dood en dit verhoog nie die kwaliteit van die melk nie. Hoe hoër die SST, hoe meer ongewensde bloedprodukte is in die melk en hoe minder gewensde melkkomponente soos melksuiker (laktose), bottervet, kaseïen, kalsium en fosfor is in die melk. Met n lae SST is die hittestabiliteit van die melkproteïene ook beter. Soms is die bakterieë wat verantwoordelik is vir die mastitis en hoë SST ook skadelik vir die mens (verbruiker van die melk) soos Staphylococcus aureus, Streptococcus spp. en Escherichia coli. Hierdie bakterieë speel n belangrike rol in melkgedraagde siektes en/of melk geassosieerde soönoses (siektes oordraagbaar van die dier na die mens). In teenstelling met n hoë SST wat meesal deur subkliniese mastitis veroorsaak word, word n hoë bakteriese telling van melk meesal veroorsaak deur swak, onvoldoende en ondoeltreffende reiniging van die melksisteem (melkmasjien, massatenks ens.) asook fout met die verkoeling van die melk. Die invloed van hoë SST op produkte wat van daardie melk gemaak word. Die kaasopbrengs wat gemaak is van melk met n hoë SST (450 000 selle per ml melk) is minder (1.8 %) as die opbrengs gemaak van melk met n lae SST (<50 000 selle per ml melk). Die kwaliteit van kaas gemaak van melk met n hoë SST is swakker. Hierdie kaas het n souterige bitter smaak, swakker goedhouvermoë en word makliker galsterig. Hoë SST in melk wat gebruik word vir die vervaardiging van ander suiwelprodukte het n nadelige uitwerking op die kwaliteit en opbrengs van daardie produkte. Hoe word SST in melk bepaal. California Mastitistoets (CMT) Direkte mikroskopiese metode Elektroniese telling met verskeie apparate

Tabel 4: SST per ml melk ooreenkomstig die California Mastitistoets (CMT) waardes CMT Waarde SST wydte Gemiddelde SST per ml melk Melkverlies % Negatief Spore 1 2 3 < 200 000 150 000 500 000 400 000 1 500 000 800 000 5 000 000 > 5 000 000 100 000 300 000 900 000 2 700 000 8 100 000 Minimaal 2 9 9 15 15 20 20-40 Die CMT word meesal gebruik om subkliniese mastitis by melkkoeie in die melkstal te diagnoseer. Die CMT kan ook gebruik word om n aanduiding te kry van die SST in die massatenkmelk. Die CMT gee nie n akkurate SST nie maar dui net by benadering die wydte wat die SST kan varieer aan. Hoe kan melkkuddes se SST verlaag word Goeie en doeltreffende kuddebestuur. - Voorkom uier- en speenbeserings. - Biesmelk (kolostrum) moet nie in die massatenkmelk gegooi word nie. Ongeveer 5 dae na kalwing (as die melk nie meer stol met kook nie) kan n koei se melk gebruik word. - Voorkom dat koeie te lank in laktasie is. Handhaaf n goeie reproduksie in die kudde. Koeie moet 60 tot 100 dae na kalwing beset (dragtig) raak om na 300 340 dae in melk afgedroog te word as sy ongeveer 7 maande dragtig is. Koeie sal dus nie te lank (<400 dae) in melk wees nie. Doeltreffende siektebeheer. Goeie en noue samewerking met jou veearts is belangrik. Entingsprogramme teen siektes in die streek moet nougeset nagekom word. Beheer en voorkom stres in melkkuddes. Hittestres moet veral aandag kry. Doeltreffende mastitisbeheer (veral subkliniese mastitis) en voorkoming is die belangrikste faktor wat sal bepaal of die SST laag is (<300 000 selle per ml melk). Daar moet dus goeie uiergesondheid gehandhaaf word om te verseker dat die SST laag is en die nodige premies op die hoë kwaliteit melk verkry word. Geskryf deur dr. Jan du Preez, Besturende Direkteur, MPO Instituut vir Suiweltegnologie.

n Gesonde koei-uier produseer melk van hoë kwaliteit. Mastitismelk onder die mikroskoop. Die ronde donker pers voorwerpe is somatiese selle. Die stringe krale voorwerpe is die siekteveroorsakende bakterieë van die mastitis.