APRIL 2018 ISSUE 698 R40.00 ISSN 0040 7399
TEKEN IN EN WEN EEN DAG SAAM MET SCHALK EN SY SUPER CAST SPAN n Eenmalige geleentheid! Hier is nou jou kans om saam met die bekende Schalk van Super Cast vir een dag te gaan hengel! Al wat jy hoef te doen is om in te teken op Stywe Lyne vir 12 maande. By die gulde geleentheid wen jy ook n Super Cast hamper, en om die dag mee af te sluit, n lekker Wimpy ete saam met hulle! SUBSCRIBE AND WIN ONE DAY WITH SCHALK AND HIS SUPER CAST TEAM A once in a lifetime opportunity! Here is your chance to go fishing with the famous Schalk of Super Cast for one day! All you must do is sign up to Tight Lines for 12 months. You will also win a Super Cast hamper and to finalize the day, a nice Wimpy meal with the team! Wenner 697 Eric McAlister, Moreleta Park Subscribe & SAVE YOUR PERSONAL DETAILS Name : Tel: q New Subscription q Renewal Postal Address : Code: Email: EFT PAYMENTS Account name: Nedbank, Eastgate : Account Number : Send Proof: Fax: email: PAYMENT INFORMATION PAYMENT INFORMATION All Lion Enterprises (Pty) Ltd 1924 05 1158 80 8089 011 979 2424 info@alllion.co.za I would like to subscribe to the following magazines: qtight Lines qthe Bank Angler qthe Carp Angler qthe Bass Angler STYWE LYNE TIGHT LINES YOUR #1 SOURCE OF ANGLING ADVENTURE! Per Month 6 Months 12 Months qr35 qr35 qr35 qr35 qr200 qr200 qr200 qr200 qr360 qr360 qr360 qr360 To make use of our debit order facility, contact us at info@alllion.co.za and we will forward you the form to complete. P.O Box. Stywe Lyne, P.O Box 10841, Aston Manor, 1630 Fax: 011 979 2424 email: info@alllion.co.za DIGITAL SUBSCRIPTIONS: WWW.MAGZTER.COM & WWW.MYSUBS.CO.ZA The magazine will be delivered to the distributors and Post Office four days prior to on sale date. We accept no responsibility for late delivery that is outside our control, i.e. third party distributors and the Post Office. If you do not receive your magazine by the Friday after on sale date please call our offices, we can then advise you of any known delay or arrange a replacement copy if necessary. STYWE LYNE / TIGHT LINES APRIL 2018 1
CONTENTS APRIL / APRIL 2018 Issue 698 FEATURES 40_ADVENTURE ANGLING Bobby Naude and friend Andre Pretorius seek solace from their midlife crisis in Colombia's jungle chasing Peacock Bass. 04_MY BEURT / MY TURN 06_UIT EN TUIS MET CHARMAGNE Nuusredakteur Charmagne Grimbeek se man, Jaco en dogter, Celine moes inspring en help toe sy haar PB baber by Roodeplaatdam aangekeer het. 40æ 08_READER SHOWCASE / LESER VERTOONKAS Ons lesers vang oral vis en as hulle wil lewer ook saaklike kommentaar. Gelukkige Trekking geborg deur The Kingfisher./ Readers are catching fish all over and also provide pertinent comments. Lucky Draw sponsored by The Kingfisher. 16_SEESPESIEREEKS Nog 'n aflewering deur Chris Nolan - hierdie keer alles oor die Natalse Stompneus. 26æ 32æ 22_ AVONTUURHENGEL Louis Joubert ervaar sy "hemel op aarde" by die Casa da Pescaoord en die tiervisse van Cahora Bassadam in Mosambiek. deur Louis Joubert 26_TRUE KAYAK FISHING STORIES A 16kg King Mackerel was his "birthday present draped in silver", recounts Manie Combrinck. 16æ 2 STYWE LYNE / TIGHT LINES APRIL 2018
28_NEW SERIES SMALL BOAT ANGLING / INLAND & ESTUARIES Pt 1: It costs but sure is fun! Compiled by Eugene Kruger. 30_SALTWATER FISHFINDER - SOUTWATER VISGIDS Top anglers provide valuable insights on where to fish for what. 32_ADVENTURE ANGLING Wild at heart in the lower Orange River Valley with Rohan Koegelenberg. 38_ NEW SERIES SKI BOAT AND KAYAK TRACE TALK The snoek fillet trace by Manie Combrinck. 44_SPESIE AVONTURE MET MOLLI Molli van der Merwe hengel Donaldsondam met haar eie, selfgemaakte boilies. 48_TOERNOOINUUS Kunsaashengeltoets: Suid-Afrika teen Namibië, n naelskraapse oorwinning! deur Bernard Venter. 50_TOURNAMENT NEWS Monster Angling Comp, East London harbour. Report by Kyle Schmidt. 52_TRAVELLING ANGLER Holiday and Billfish at Mauritius. by George Robey. 54_TECH TALK The latest gear coming to a store near you. 58_CALENDAR Hengelkalender/ Fishing Calendar; Durban Tides and Inland Session Planner. Voorbladæ Shawn Mey van Mosselbaai met n pragtige Leervis wat hy onlangs gevang het. Fot deur: Lauren Mey 61_ADVERTISING DIRECTORY Products & Services you are sure to want. 64_OM MEE AF TE SLUIT Van groot skrik, haaie en so deur Eugene Kruger. COMPETITIONS/KOMPETISIES 01_Subscriber lucky draw sponsored by Super Cast 08_Readers letters - sponsored by The Kingfisher 13_Catch of the month sponsored by The Kingfisher 14_Junior catches - sponsored by Sensational Angling Supplies 39_Guess the Mass sponsored by Adrenalin ADVERTISERS Bank Angler Eagle Claw Eco Care Bonanza Elbe JKJ Express Kingfisher Konger Mias Benoni Mias Scuba Minn Cota Okuma Penn Rapala Richardsbay Ski Boat Roodekopjes Bonanza Stealth Stywe Lyne Digital Super Cast Western Accessories Zambo Pg 53 Pg 23 Pg 7 Pg 49 Pg 51 Pg 19 Pg 35 Pg 13 Pg 5 Pg 51 Pg IFC Pg OBC Pg 47 Pg 57 Pg 60 Pg 45 Pg 39 Pg 11, IBC Pg 25 Pg 21 STYWE LYNE TIGHT LINES APRIL 2018 ISSUE 698 is published by All Lion Enterprises (Pty) Ltd P.O. Box 10841, Aston Manor, 1630, Tel. 011 979 2766 PUBLISHER Annetjie Lubbe aclubbe@mweb.co.za GENERAL MANAGER Werner Lubbe werner@alllion.co.za EDITOR-IN-CHIEF Eugene Kruger editor@stywelyne.net NEWS EDITOR Charmagne Grimbeek charmagne@stywelyne.net CORRESPONDENTS IN THIS ISSUE Bernard Venter, Bertus Jansen van Rensburg, Bobby Naudé, Chris Nolan, Eben Dowd, Frans van Zyl, George Robey, Kyle Schmidt, Louis Joubert, Manie Combrinck, Molli van der Merwe, Nickie Louwrens, Rohan Koegelenberg. ADVERTISING Anel Labuschagne anel@alllion.co.za ART & DESIGN Laudette Sass production@alllion.co.za PHOTOGRAPHERS Tobias Weber, You, the reader. SUBSCRIPTIONS Marchell Swanepoel info@alllion.co.za DIGITAL SUBSCRIPTIONS www.magzter.com www.mysubs.co.za ACCOUNTS: Annetjie Lubbe aclubbe@mweb.co.za DISTRIBUTED NATIONWIDE Francis Olivier; RNA; Tel. 011 248 3534 WEB www.stywelynetightlines.co.za No part of this magazine may be reproduced without the express consent of the publisher. The views expressed in this magazine are not necessarily those of the publisher, the editors, the editorial contributors or Stywe Lyne / Tight Lines magazine. STYWE LYNE / TIGHT LINES APRIL 2018 3
æmy TURN / MY BEURT - LETTER FROM THE EDITOR ONS VERTEL JOU ALLES! TOP PICK/TOP KEUSE Die benede Oranjerivier is een van my heel gunsteling hengelplekke, en op bladsy 32 bied Rohan Koegelenberg n liefderlike blik op hierdie laaste wilde hengelbestemming in ons land. As jy enigsins kan, maak n plan om daar n lyn nat te maak, jy sal nie teleurgesteld wees nie! Welkom een en almal aan hierdie, ons derde uitgawe onder die All Lion vaandel. Sover lyk my is ons op die regte pad maar daar is altyd iets te leer, so skakel gerus met gedagtes, kommentaar of kritiek oor die pad verder. My adres is onderaan die bladsy. Soos met al die vier hengeltydskrifte in ons stal, volg ons n beleid om ten alle tye heeltemal eerlik te wees: ons vertel jou alles!. n Goeie voorbeeld is diè van Manie Combrink, ons medewerker wat sy kayak vanaf die strand loods en vreesloos verby die branders roei om roofvis te teiken. Hy behandel nou stroppe so saam met sy normale avonture en erken dat die kundiges bewaar hulle strop geheime soos goud. Die ouens wat hier by die see bly ken die bekende stroppe maar daar is sekeres wat ek nog nooit eers van gehoor het nie. Ek sal egter die inligting uit diè wat weet wurg en beskikbaar stel! Hy s heeltemal reg: stroppe is 'n groot ding onder hengelaars! Verder sê hy: Gelukkig het ek kontak met baie sulke kundiges en hoop om 'n paar van die goed bewaarde geheime uit te vis. Boonop is daar baie variasies op die verskillende stroppe, so dit kan my lank besig hou. Sy eerste aflewering in hierdie reeks oor stroppe is op bladsy??. En so kan ek oor al die ander skrywers ook uitwei neem byvoorbeeld vir Chris Nolan wat dekades lank met rots en strandhengel doenig is. Die kennis wat hy in sy omvattende seespesies reeks oor wat jy alles kan vang uitstal, kan nie in geldwaarde omgesit word nie. Maar daar is (altyd!) diè onder ons wat hierdie beleid skeef kyk. Nou gaan almal ons plekke oorstroom en ons visse uitvang! is n tipiese reaksie. Maar dit is glad nie so nie n kundige hengelaar is n etiese hengelaar, dis iemand wat weet hoe kwesbaar die natuur is en hoe maklik en gou n natuurlike hulpbron vernietig kan word. En dus hoe belangrik dit is om die goue reël van moderne natuurbewaring toe te pas, naamlik: die volhoubare benutting van n natuurlike hulpbron. Wat my laat dink aan die sotlike siening van die owerhede om die kus se visbronne te bewaar deur summier groot dele in sogenaamde geslote bewaringsgebiede te omskep. Hier mag geen ontspanningshengelaar n lyn instoot nie, maar wag, dit word wawyd oopgemaak vir bestaansvissers. Hulle is mos almal engeltjies wat net n enkele vis sal vang om self te eet. Maar kyk daar agter die duine daar skuil die vishandelaars met sakke vol geld wat die bestaansvisser in n hêngse versoeking plaas om baie meer as sy daaglikse kwota te vang. So n beleid is net nie volhoubaar nie. n Baie beter voorbeeld is afksomstig van die European Anglers Alliance (EAA) wat sowat drie miljoen hengelaars in Europa en die V.K. verteenwoordig. Hulle ondersteun die oprigting van wat Marine Protected Areas (MPAs) genoem word, areas waar die belange van beide rekreasiehengelaars asook bestaansvissers gekombineer word. Dit verseker die volhoubare benutting van die natuurlik hulpbron terwyl hengeltoerisme geld genereer en werkgeleenthede skep. Dit is dus vir almal n wenwen situasie. Hierdie program volg die voorbeeld van MPAs in die V.S.A.- in die Florida Keys byvoorbeeld genereer sowat 400 000 hengelaars meer as $274 per jaar terwyl hulle gesonde bewaringspraktyke toepas. Natuurlik word die reëls in hierdie gebiede streng toegepas. Dis iets vir die administrateurs van kushengel om ernstig na te kyk. Intussen geniet die hengel, en soos altyd, Take Care. Eugene C Kruger Editor in Chief *Feel free to contact me on any angling related issue./ Lesers is welkom om my oor enige hengelaangeleentheid te kontak: editor@stywelyne.net. 4 STYWE LYNE / TIGHT LINES APRIL 2018
æuit & TUIS MET CHARMAGNE - DEUR CHARMAGNE GRIMBEEK DIE DAG TOE EK DIE BABER RAAK DIP! Toe was daar chaos op die boot. Die gogga het eintlik die dag van te vore begin byt. Die gesegde aanhouer wen, het nog altyd deel van my menswees uitgemaak, en so was dit toe ook. Dit het by n Whatsapp begin, Ek gaan more Roodeplaatdam toe, kom julle saam. Bernard Venter, n medewerker vir ons hengeltydskrifte, n vriend en groot leermeester vir my in die kunsaastegniek, het my en my man, Jaco, saam na Roodeplaatdam toe genooi. Die teikenvis was babers, die water was skoon en daar was baie van hulle. Ons het mekaar 6 uur die oggend by die groot hekke gekry en die boot sommer gou lanseer, die dam ingevaar en met die eerste stop talle babers gesien. Met Bernard se eerste dip so reg voor die snorre, was hy aan, maklik! Jaco kry n beurt, maar die viskoors kry oorhand en hy dip mis. Vinnig kry ons nog babers, Bernard vang weer een, Jaco mis weer, en so kry ek ook n beurt. Nou ja, viskoors is aansteeklik en ek dip toe ook mis. So het Bernard die een na die ander baber gevang. Ons kon mooi sien hoe, wanneer en waar om te dip, maar om raak te dip sonder angstigheid, was nogal moeilik. Ten minste het ons baie geleer en dit was n goeie leersessie, want nou weet ek ook hoe werk my loodkopkunsase wat ek nog altyd verkeerd gebruik het. Die volgende oggend was n gesinsdag. Opruim en skoonmaak in ons erf was ons dagtaak, maar as ma praat en een van die woorde is visvang, luister pa dadelik en alles word gelos waarmee besig was. Ek stel toe voor dat ons weer moet gaan probeer want die babers spook by my! Teen 10 uur die oggend word die boot gehaak. Gelukkig bly ons naby Roodeplaatdam. Ek moet net weer gaan probeer en my dogter Celine, wat hengel net so geniet, gaan wys hoeveel babers daar werklik in die dam is. n Lang swaar stywe seevisstok word gepak om die babers mee te dip en sommer vinnig was ons by die dam, die boot gelanseer, reguit na die eerste sloep toe! Die babers lê nog steeds daar! Jaco dip die een na die ander mis, Celine se mond hang oop oor al die babers wat om ons lê. Ek kry toe ook n beurt om te dip met die kolossale visstok en daar dip ek raak! Dit was een van die moeilikste gevegte wat ek nog gehad het want die baber baklei so dat die visstok buig en ek sukkel om op die boot te bly. Boonop is die visstok so swaar en my arms kon net nie meer hou nie. Ek moes kies, of ek vaar saam met die baber die dam in, of ek oorhandig die stok vir Jaco om te help. Nou ja, dit was toe n spanpoging, want Jaco bring toe die baber nader, Celine skep hom en ek neem toe maar eerder foto s met my selfoon, heel gelukkig dat ek vir ou snorre toe raak gedip het. Hy weeg toe 9,1kg. Gelukkig hou Jaco my monstertjie vas en natuurlik ook alweer n persoonlike beste vir my, terwyl ek lekker giggel oor my vangs! So, vir die wat nog altyd gewonder het, ja, daar is regtigwaar baie babers in Roodeplaatdam, hulle kan met kunsaas geflous word en die geveg sou makliker gewees het met die korrekte dipstok vir baber. Dip raak, hou die lyne styf en gebruik elke visvang geleentheid! 6 STYWE LYNE / TIGHT LINES APRIL 2018
æwe CELEBRATE YOUR CATCHES + PUBLISH YOUR OPINIONS READER SHOWCASE LESER VERTOONKAS These pages are dedicated to our Readers to showcase reader s catches, publish opinions and/or comments on issues that affect our angling world. TO ENTER: email a hi-res jpg image and details of the catch (max 80 words!) as attachments to: stywelyne@stywelyne.net marked Lesers se vangste. All images/letters published are entered into a Lucky Draw sponsored by The Kingfisher. NB: Editor reserves the right to edit all material submitted. The Lucky Draw prize is a Kingfisher hamper consisting of various tackle items! Hierdie bladsye is opgedra aan ons Lesers om lesers se vangste te vertoon, opinies en/of kommentaar te publiseer oor kwessies wat ons hengel raak. OM IN TE SKRYF: E-pos ʼn hi-res jpg foto en detail van die vangs (nie meer as 80 woorde!) as aanhangsels na: stywelyne@stywelyne.net gemerk Lesers se vangste Alle gepubliseerde foto's/briewe word geplaas in ʼn Gelukkige Trekking geborg deur The Kingfisher. NB: Redakteur behou die reg voor om alle materiaal voorgelê te redigeer. Die prys vir die Gelukkige Trekking is ʼn Kingfisher geskenkpakket vol hengelgerei! MICHELLE GREWCOCK & ROBERT STARKEY DALEEN STEYN I recently had the opportunity to fish in the Orange River at Kanon Eiland close to Upington. December is a great time of the year to fish. I was there with my girl, Daleen Steyn, who caught this 1,5kg Smallmouth Yellowfish it was released for another day s catch! AJ ROSS Ek het hierdie karp van 6kg met mielies en Double Trouble Oozers en mieliebom op n sinker gevang. Ons het by ʼn privaatdam naby Kakamas gehengel toe hierdie karp aan my aas byt! DEAN DE BRUYN I took my mother, Michelle Grewcock and best friend, Robert Starkey for a New Year s fishing session on Swartvlei and managed to get them into their first grunters. Super proud of my mom for catching her first grunter with a fork length of 68cm (4,1kg). Dexter Grewcock. This common carp of 8kg was caught on Fuzion pop ups at Hamberg Dam. 8 STYWE LYNE / TIGHT LINES APRIL 2018