AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE

Similar documents
AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE

NSC 2015 CHIEF MARKER S REPORT

CHIEF MARKER S REPORT

Afrikaanse Hoër Seunskool in samewerking met die Universiteit van Pretoria

THE MORALITY AND ETHICS OF HUNTING: TOWARDS COMMON GROUND

2015 HEREFORD SHOW. Class/Klas 1 : Heifer, 9 and under 12 months / Verse, 9 en onder 12 maande

News Flash. 6 September Dear Members

We had 1500 kids there, most of them came from Safety homes and orphanages around Johannesburg and some came as far as Soshanguve, Pretoria.

BUITEMUURSE EN VAARDIGHEIDS-ONTWIKKELINGSPROGRAM KWARTAAL : GRAAD 1 EN 2

FROM THE HEADMASTER SPORTMANSHIP SCHOLARSHIP CONDUCT

LAERSKOOL ROODEKRANS SENIORFASE GRAAD 7 AKADEMIESE INLIGTING JANUARIE 2018 AKADEMIESE HOOF (DPS): ME. SUZANNE FOURIE

DANS AFDELING DANCE SECTION

World Bowls schedule

BRIEFING DOCUMENT FOR THE BOLAND TEAM 2018 SA CROSS COUNTRY CHAMPIONSHIPS. 8 SEPTEMBER Nelson Mandela University Port Elizabeth

BRIEFING DOCUMENT FOR THE BOLAND TEAM 2017 SA CROSS COUNTRY CHAMPIONSHIPS 9 SEPTEMBER NWU-PUKKE SPORTS FIELD POTCHEFSTROOM

Van af die Voorsitter

Nuusbrief / Newsletter June 2015

SA BEAMPTERAAD EKSAMEN VRAEBANK SA OFFICIATING COUNCIL EXAMINATION QUESTIONNAIRE

WE DID IT AGAIN.! The Jolliest Bus trophy 3rd year in a row

EMPOWERMENT: POTENTIAL LEADERS: 2015

GANSBAAI GHOLFKLUB/ GOLF CLUB

IRENE NEWS. 24 September No The following members earned medals at the AGN Racewalking GP: Sandra Steenkamp Danie Labuschagne

Hoërskool Roodepoort

Core exercises/ Kernspiere - oefeninge

NO 15 WESKUS TAK WESKUS BRANCH MALGAS NUUS/NEWS. 7 Februarie 2018

GANSBAAI GHOLFKLUB/ GOLF CLUB. Nuusbrief 23 Februarie Newsletter 23 February 2017

Behind the Backline Agter die Backline

FarmVet AMITRAZ 20 % Reg. No. G0000 Act 36/1947. Emulsifiable concentrate/emulsifiseerbare konsentraat

CHASA Sportskiet / CHASA Sport Shoot. CHASA Sportskiet / Shoot Version /03/2014 Authors: Elmo Scheffer, Siegfried Liebner

ONS REIS NA GOUD. Kwartaalblad van Boland Rolbal Quarterly Bulletin of Boland Bowls May Annette vd Sandt

FROM THE HEADMASTER SPORTMANSHIP SCHOLARSHIP CONDUCT

Uniondale-Medium Langkloof Uniondale Willowmore

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (Northern Cape Division)

PLEASE NOTE THESE IMPORTANT CHANGES TO THE HANDICAPPING MANUAL (EFFECTIVE 1 APRIL) Handicap Manual Changes Effective 1 April 2013

Skoolkoerant van die Hoërskool Brackenfell Maart 2011

RUGBY / NETBAL / HOKKIE

Basiese beginsels van meetkunde: Punte, lyne en hoeke *

SENEPOL NEWS. Algemene Senepol Nuus. Senepol The right breed for our time July Nu usb rief / News letter

South African Maritime Safety Authority

T u l i j o u r n a l

AKSIE. ANDER LEDE VAN DIE RAAD Rdh. A De Vries [DA] : Speaker

LAERSKOOL NELSPRUIT NELLIES RUGBY Al die talent in die wêreld sal vir jou niks beteken sonder jou spanmaats nie.

News Flash MESSAGE FROM THE PRESIDENT/ BOODSKAP VAN DIE PRESIDENT VOLMAAKTE GELUK. 11 December 2013

18 SEPTEMBER Congratulations to the following staff member who will be celebrating his birthday during the coming week:

GANSBAAI GOLF CLUB / GHOLFKLUB

BOWLS SOUTH AFRICA. Message from the President. April Piet Breitenbach

VOORDELE QUO VADIS? n Voëltjie met. Game ranching. Wettige wildsvleis

South African Maritime Safety Authority

Tina Cowley reading centre 25 April

General information Country Trax Amersfoort, Mpumalanga

CHESS congratulations to Ameer Kadir and Anchen Smith who have both

Congratulations to the following members who were podium finishers at the Run for Bibles race on Saturday:

ESKOM TRANSMISSION MATIMBA B MARANG, DINALEDI & DELTA-EPSILON PROJECTS PUBLIC MEETING 7 MARCH 2007 / 7 MAART 2007 VAN WYKSKRAAL LAERSKOOL - MAKOPPA

ESKOM TRANSMISSION MATIMBA B MARANG, DINALEDI & DELTA-EPSILON PROJECTS FOKUS GROEP VERGADERING 17 APRIL :00 VEILINGSKRALE - SENTRUM

7. Finansiële state en geouditeerde rekeninge vir die finansiële jaar 1 Oktober to 30 September 2015

8. Description points Discussion points Competition results Winners of competitions Awards 149

Kenridge Hockey Newsletter Term

WinkerkReader vir Android kan:

Arrival on Thursday before commencement of course are optional. The rate is R580 per person for Thursday dinner, bed & Friday breakfast.

General information: Dirt Bike Training Weekend Country TRAX Amersfoort, Mpumalanga

FROM THE PRESIDENT S OFFICE/UIT DIE PRESIDENT SE KANTOOR

AKSIE BKN014/07/2017 OPENING EN VERWELKOMING

Deur Christus Alleen

Riglyne vir maatskaplike werkers wat peuters forensies assesseer

MENLO PERDESPORTSKOU 2019

DISTRICT GOVERNOR S NEWSLETTER DISTRICT 410 D DISTRICT GOVERNOR HERMAN SMIT

TOERGIDS ~ 2017 ~ TOUR GUIDE Inhoud Content

DG NEWSLETTER. District 410D December 2017

RUGBY / NETBAL / HOKKIE

53479 The death Acre (Doodsakker)

THE PLATFORM. BRUCE PIPER AWARD MONOLOGUE COMPETITION

2016/17 REGLEMENT C REGULATION C JUKSKEI SA. SPEELREëLS GAME RULES

GANSBAAI GOLF CLUB / GHOLKLUB

VOLGENDE WEEK SE PROGRAM GEAGTE OUERS. 11 Maart 2016 Webtuiste: Uitgawe: 9

2015/16 REGLEMENT C JUKSKEI. SPEELREëLS

Speelreëls. Rules of Play

Die amptelike kwartaalblad van die leerders van Paul Roos Gimnasium. Official quarterly of the pupils of Paul Roos Gymnasium

GANSBAAI GHOLFKLUB / GOLF CLUB

Braunvieh S.A. Nuus News. Posbus 7864 P.O. Box Kantoor Tel en Faks Office Phone & Fax. Webblad

RAAKSKOOT TOUCHER BOLAND SAKELIGA FINAAL. Kwartaalblad van Boland Rolbal Quarterly Bulletin of Boland Bowls Mei / May 2017

Die amptelike kwartaalblad van die leerders van Paul Roos Gimnasium. Official quarterly of the pupils of Paul Roos Gymnasium

Comment Date & Event Raised by Response

SHELLEY POINT NEWS. A community newsletter dedicated to fostering a sense of community and the free flow of information at Shelley Point


2018 PUREBRED & PART-BRED ARABIAN GAUTENG CHAMPIONSHIPS

COMMENTS AND RESPONSE REPORT 1 Issues Relating To The Listed Activities Only PROPOSED UPGRADE OF LOUIS FOURIE ROAD (TRUNK ROAD 33/1), MOSSEL BAY

ARCADIA NUUS/NEWS. Goeiedag Vriende. Ons sukses hang af van u sukses met ons genetika. Arcadia Bonsmara

NEWS LETTER JUNE Scribe s Chat

Special News Flash LIGA KAMPIOENE MAAK GESKIEDENIS

Literatuurverwysings

COUNTRY TRAX Jan du Toit chief instructor

2018 SIMMENTALER SKOUKLASSE

* APRIL 2018 *

LAERSKOOL HELDERKRUIN AFBAKENINGS: EKSAMEN JUNIE GRAAD 5

PRG SPORT WEEKLIKSE PROGRAM / WEEKLY PROGRAMME 2-9 NOVEMBER 2018 ALGEMEEN

RE VERA. Na maande se wag en voorbereiding, het die tyd uiteindelik aangebreek om die glasryke aandrokke en aandpakke uit die kas te haal en te spog.

The 87th rendition of the men s fours AYALA Classic held at Hermanus Bowling Club and

Efficacy of CeUfood and Switch as Ergogenic Aids in Endurance Athletes

Hunting Permits per Province and other Related Information

At the Annual General BOLAND ANNUAL GENERAL MEETING. Quarterly Bulletin of Boland Bowls Kwartaalblad van Boland Rolbal AUGUST / AUGUSTUS 2012

Transcription:

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE Paper 0548/01 Reading and Writing Kernwenke Ten einde goed in hierdie eksamen te vaar, behoort die kandidate die volgende te doen: In Oefening 1: Skryf bondige antwoorde wat duidelike begrip van die vrae toon. In Oefening 2: Identifiseer die verlangde inligting in die bronteks en dra dit akkuraat op die vorm oor. In Oefening 3: Lees die bronteks, die voorbeeld-antwoord en die opskrifte vir antwoorde noukeurig deur en maak kernagtige aantekeninge. In Oefening 4: Skryf n kernagtige opsomming in een paragraaf van hoogstens 80 woorde. In Oefening 5 en 7: Gebruik die verlangde formaat en lewer n skryfstuk wat uit samehangende paragrawe bestaan en goed by die onderwerp aansluit. Algemene kommentaar en kommentaar op spesifieke vrae Oefening 1 Kandidate het hierdie vrae oor die algemeen goed beantwoord. Kandidate moet herinner word dat hulle genoeg inligting in hul antwoorde moet gee. Vir vraag 1 het sommige byvoorbeeld net melk in plaas van slegte melk of melk van n lae kwaliteit geskryf. Wanneer kandidate soos in vraag 3 gevra word hoe twee goed verskil, moet hulle na albei in hul antwoord verwys. Punte is vir (eers) wyn en (nou) koeldrank toegeken. Algemene riglyne: Die vrae moenie in die antwoorde herhaal word nie. (Gelukkig kom dit minder gereeld voor as in die verlede.) Moenie antwoorde met n voegwoord begin nie. As kandidate byvoorbeeld gevra word hoe ons weet die koning het van pizza gehou, moet hulle nie sê Omdat hy pizza in die arm woonbuurt gaan eet het nie; hulle moet net sê: Hy het pizza in die arm woonbuurt gaan eet. Die antwoord moet logies op die vraag volg: sommige kandidate verbeur punte deur hele sinne direk uit die teks neer te skryf en te hoop dat die antwoord êrens daarin skuil. Kandidate wat geneig is om twee of drie sinne woordeliks uit die teks oor te skryf omdat hulle hoop die korrekte antwoord gaan êrens daarin wees, moet aangemoedig word hul antwoorde te verfyn. As die regte antwoord volg op een of twee of selfs drie ingedrukte sinne wat niks met die antwoord te doen het nie, gaan geen punt toegeken word nie, omdat dit duidelik is dat die kandidaat nie eintlik weet wat die regte antwoord is nie. Kandidate moet besef dat die ruimte wat vir antwoorde verskaf word, genoeg is vir iemand met n normale grootte handskrif. Dit behoort nie nodig te wees om twee of drie reëls per gegewe reël in te druk nie. Oefening 2 Die meeste kandidate het die vorm baie goed ingevul. Kandidate moet herinner word om iets soos n adres reg neer te skryf, byvoorbeeld Groenstraat 17 en nie 17 Groenstraat of Groen straat 17 nie. Slegs n adres wat perfek neergeskryf is, kry n punt. E-posadresse moet ook 100% reg geskryf word, byvoorbeeld nie Laura 100 @ gmail.com wanneer dit Laura100@gmail.com moet wees nie. Die enigste antwoord waarmee heelwat kandidate gesukkel het, was die aanduiding van hoe gereeld die persoon betrokke by kulturele aktiwiteite by die skool is. Verskeie kandidate het 1 tot 2 dae n week in plaas van 3 tot 4 dae n week geantwoord. Kandidate moet herinner word dat hulle nie die skryfwyse van getalle en die datum moet verander nie. As n geboortedatum byvoorbeeld in die teks as 1 September 1998 gegee word, moet hulle dit

verkieslik nie as 1998/09/01 gaan skryf nie. Hierdie aktiwiteit toets kandidate se vermoë om akkuraat te lees en inligting akkuraat weer te gee; nie hul vermoë om getalle volgens hul eie voorkeur te herskryf nie. Daar word nie van kandidate gevra om in slegs hoofletters te skryf nie en verkieslik moet hulle dit nie doen nie, want daar word juis ook getoets of hulle inligting presies korrek kan oorskryf (met hoof- en kleinletters soos gegee). Oefening 3 Kandidate het meestal goed tot baie goed gevaar in hierdie oefening. Baie kandidate het die twee punte by (a) gekry, behalwe as hulle by die eerste antwoord net padbouwerke in plaas van tydens padbouwerke geskryf het. Alhoewel talle kandidate goed gevaar het, het kandidate wat by (b) net na dinosourusse verwys het, hul punte verbeur. Dit moes duidelik wees dat hulle antwoorde op dinosourusse en mense betrekking het. By (c) het die meeste kandidate goed gevaar, behalwe as hulle nie die woorde kenmerke en volwasse verstaan het nie. Algemene riglyne: Kandidate moet onthou dat hulle verkieslik notavorm/telegramstyl moet gebruik en geensins volsinne hoef te skryf nie. Hulle moet beslis nie (lang) sinne woordeliks uit die teks neerskryf nie. Dit moet duidelik wees dat hulle die teks verstaan en inligting kan selekteer. Die ander uiterste is egter ook nie aanvaarbaar nie: in die meeste gevalle is dit nie voldoende om n enkele woord per reël te skryf nie. n Woord soos tande in plaas van word sonder tande gebore of het nie tande nie by (c) is duidelik onvoldoende. Alle kandidate moet woorde soos kenmerke, ooreenkomste en verskille ken. Oefening 4 Alhoewel sommige kandidate die opsomming goed hanteer het, het veel voor die versoeking geswig om sinne of sinsdele direk uit die teks neer te skryf. Kandidate wie se hele opsomming n woordelikse herskryf van sinne en sinsdele uit die teks is, gaan hoogstens een punt verdien. (Sien die kriteria in die tabel in die nasienskema.) Dit is belangrik dat kandidate die instruksies noukeurig uitvoer: één paragraaf van hoogstens 80 woorde. Oefening 5 Alhoewel daar talle besonder goeie skryfstukke was waarin kandidate doeltreffend oor die onderwerp geskryf het, het sommige kandidate in plaas van n brief n resensie of artikel oor n film geskryf. Kandidate moet herinner word om noukeurig ag te slaan op die riglyne wat verskaf word: die naam en besonderhede van die film watter aspekte daarvan hulle geniet het waarom hulle dink hulle maat daarvan sal hou. In enige goeie skryfstuk moet al drie riglyne gedek word. Sommige kandidate het n lang relaas oor die film se storie geskryf, wat onnodig was. Kandidate moet herinner word om ongeveer 150 tot 200 woorde te skryf. Te kort skryfstukke gee nie ʼn bevredigende beeld van hul skryfvermoë nie en stel hulle nie in staat om die onderwerp ordentlik te dek nie, en skryfstukke wat ver te lank is, word net gelees (en bepunt) tot kort na die 200 woordeperk. Kandidate moet herinner word om in paragrawe te skryf. Die riglyne wat in die onderwerp verskaf word, kan netjies as die hoofgedagtes van die drie middelste paragrawe dien. Kandidate moet aangemoedig word om reeds in die eerste paragraaf met die onderwerp te begin. Die trefkrag van n goeie openingsparagraaf kan nie oorskat word nie. Dit was verblydend hoeveel kandidate woorde soos storielyn, riller en aksieprent goed kon gebruik. Verskeie kandidate het egter van akters en aktresse in plaas van akteurs en aktrises gepraat.

Behalwe die algemene foute (sien onder) wat tweede- en derdetaalsprekers tipies begaan en moet probeer vermy, moet kandidate aandag aan die gebruik van leestekens (veral die komma voor want en maar en tussen gesegdes) en hoofletters (veral aan die begin van ʼn sin) gee. Dit is ook nie aanvaarbaar om Engelse woorde en uitdrukkings te gebruik nie. Algemene aspekte wat aandag verdien: die gebruik van volsinne die verskil tussen hoe en hou die verskil tussen sal en wil die gebruik van lyk en hou van die gebruik van toe, dan en wanneer die gebruik van besitlike en persoonlike voornaamwoorde die gebruik van lewe, lief, lyf die gebruik van so in plaas van dus. Oefening 6 Vraag 1: Die meeste kandidate het twee punte hier gekry. Vraag 2: Die meeste kandidate het een punt gekry omdat hulle slegs gesê het die skrywer het besef hy wil n kortverhaal oor so iemand skryf, terwyl hulle ook moes noem dat hy sy hoofkarakter (Precious Ramotswe) op haar gebaseer het. Vraag 3: Hierdie vraag is goed beantwoord alhoewel sommige kandidate die punt verbeur het deur hele sinne direk uit die teks neer te skryf en te hoop die antwoord skuil êrens daarin. Hulle moes duidelik noem dat McCall Smith oor doodgewone goed skryf. Vraag 4: Te veel kandidate het slegs een in plaas van twee punte gekry omdat hulle nie n poging aangewend het om hul eie woorde te gebruik nie. Hulle moes noem dat McCall Smith die positiewe en die negatiewe aspekte van Afrika beskryf sodat mense nie net n negatiewe beeld van Afrika het nie. Vraag 5: Talle kandidate het hierdie vraag met n direkte aanhaling uit die teks beantwoord ( n goeie bewys van die talente van die regisseur en sy span ) en toe geen punt behaal nie omdat dit nie n logiese antwoord is nie. Hulle moes noem dat die regisseur (en sy span) uitstekend was. Vraag 6: Die meeste kandidate het een punt (in plaas van twee) gekry omdat hulle nie hard genoeg probeer het om hul eie woorde te gebruik en dus ware begrip te toon nie. Hulle moes noem dat McCall Smith positief oor Suid-Afrika voel weens mense se warmte/humorsin, maar bewus van negatiewe dinge soos misdaad/korrupsie is. Sommige kandidate het slegs die woorde humorsin en warmte neergeskryf, en dan natuurlik geen punt gekry nie omdat dit nie McCall Smith se houding teenoor Suid-Afrika beskryf nie. Algemene riglyne: Kandidate moet hard probeer om die regte manlike en vroulike voornaamwoorde met betrekking tot die persone in die teks te gebruik. Twee punte vereis twee feite. Kandidate wat vrae in hul eie woorde beantwoord, toon werklik begrip. Die vrae moenie in die antwoorde herhaal word nie. Moenie antwoorde met n voegwoord begin nie. Sommige kandidate verbeur punte deur hele sinne direk uit die teks neer te skryf en te hoop dat die antwoord êrens daarin skuil. Punte word slegs toegeken as die antwoord logies op die vraag volg. Oefening 7 Dit was duidelik dat die meeste kandidate goed oor hierdie onderwerp kon skryf. n Redelike klein hoeveelheid kandidate het ongelukkig een van die sewe uitsprake wat gegee word, as onderwerp gekies en slegs daaroor geskryf. Algemene riglyne ten opsigte van die styl/aanbieding van die skryfstukke: Die register moet by n koerantartikel pas. Skryf n treffende openingsparagraaf. Gee aandag aan paragraafverdeling. Sluit die skryfstuk met n goeie slotparagraaf af.

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE Paper 0548/02 Listening Kernwenke Ten einde goed in hierdie eksamen te vaar, behoort die kandidate die volgende te doen: In Oefening 1 en Oefening 2 moet kandidate nie slegs baie aandagtig na die teks luister nie, maar ook al die vrae op die vraestel baie aandagtig lees om gepas te antwoord. In Oefening 3 en Oefening 4 moet kandidate probeer om korrek te skryf om te bewys dat hulle die luisterteks verstaan het. Algemene kommentaar Die antwoorde van n groot persentasie van die kandidate wat hierdie luisterbegripvraestel beantwoord het, toon dat hulle gesproke Afrikaans goed verstaan. n Bemoedigende aantal het volpunte behaal en talle ander het slegs enkele vrae verkeerd beantwoord. Kandidate wat dalk min blootstelling aan gesproke Afrikaans het en wie se woordeskat beperk is, het dit egter moeilik gevind om die praatjie en drie gesprekke te volg en onbevredigende punte behaal. Dit is noodsaaklik dat laasgenoemde kandidate meer dikwels blootstelling moet kry aan gesproke Afrikaans, ook deur byvoorbeeld na radio- en TV-programme te luister en te kyk, of na Afrikaanse musiek te luister. Aangesien die swak kandidate baie woorde wat hulle hoor, nie herken het nie en dit vir hulle geen betekenis gehad het nie, het hulle dikwels in Oefeninge 3 en 4 net n aantal opeenvolgende letters neergeskryf om die klanke wat hulle gehoor het, te verteenwoordig. Vir Oefeninge 3 en 4 moes die kandidate hul antwoorde in woorde neerskryf (soms is slegs een woord vereis en soms n frase of sin/ne). Hulle is nie vir spelling of grammatikafoute gepenaliseer nie, tensy dit nie duidelik was uit die geskrewe antwoord dat die vraag wel verstaan is nie, al het hulle miskien reg gehoor. Op die vraestel word gesê dat die vrae in Afrikaans beantwoord moet word; dus is n antwoord nie aanvaar as dit in Engels gegee is nie. Kandidate moet aangemoedig word om so netjies moontlik te werk. Indien antwoorde eers in potlood geskryf is en daarna met n pen oorgegaan is, moet die potloodskrif baie goed uitgevee word. Kommentaar op spesifieke vrae Oefening 1: Vrae 1 6 Oor die algemeen is die oefening goed verstaan. Talle het volpunte behaal vir die oefening. Baie kandidate het gefouteer by vraag 1. Hulle het daar nie fyn genoeg geluister nie en die woorde "meer as" nie raak gehoor nie. Ook vraag 5 is baie dikwels verkeerd gemerk as "waar". Dis nie die "peule" wat gerooster word nie, maar die "bone". Oefening 2: Vrae 7 11 Die kandidate het hierdie oefening die maklikste gevind en die meeste het goed gevaar hierin. Hoewel hulle goed moes luister om die gepaste antwoord uit die vier moontlikhede te kies, het die moontlike antwoorde (afleiers) waaruit gekies moes word vir vrae 7 11, vir elke vraag slegs oor een spesifieke voëlsoort gegaan. Elke voëlsoort in die teks is afsonderlik bespreek. Die meeste kandidate het vrae 7 en 8 korrek beantwoord. Vraag 11 oor kolganse is dikwels verkeerd beantwoord.

Oefening 3: Vrae 12 18 Hierdie teks was langer en die leerders moes hul eie antwoorde invul. Hulle het die gesprek oor die algemeen redelik goed verstaan, maar dit was opmerklik dat hulle vraag 13 dikwels nie goed gelees het nie en daar ook weer n tyd ("matriek") as antwoord gegee het in plaas van 'n "publikasie" omdat in vraag 12 n tyd gevra is. Min kandidate het vraag 18 reg beantwoord, onder andere omdat die woord "onregverdig" waarskynlik nie deel van hul woordeskat is nie en dit dus nie herken of verstaan is toe hulle die woord gehoor het nie. Sommige kandidate kyk waarskynlik nie goed na die inleidende sin van die vraag nie en antwoord soms in lang sinne, terwyl slegs n woord of paar woorde vereis word, of hulle herhaal woorde in die antwoord, bv. "die boeke gaan oor liefde en musiek gaan". Oefening 4: Vrae 19 26 Bekwame kandidate het die teks baie goed verstaan, terwyl n aantal swak gevaar het in hierdie oefening hoewel hulle dalk verstaan wat hulle hoor, maar hulle nie verstaanbaar in Afrikaans kan uitdruk nie, as gevolg van n gebrekkige woordeskat en swak grammatikakennis, Somige kandidate weet nie hoe die voornaamwoorde "hy", "sy", "hom" gebruik moet word nie. Dit is baie opmerklik dat die woord "skopfiets" vir die meeste kandidate n onbekende woord is. Vraag 21 is dus baie swak beantwoord. Daar is ook dikwels gefouteer met vraag 22. Party kandidate het as antwoord op die vraag oor Siswe se "karaktertrekke" geskryf dat dit Johannesburg en Durban is. Daar is ook gesukkel met die heel laaste vraag van die vraestel (vraag 26) omdat sommige kandidate nie in hul antwoorde gefokus het op die "aantal" meisies nie.

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE Paper 0548/05 Oral Key message In order to do well in this examination, candidates should: consider the issue raised in their Oral Assessment Card and their own reaction(s) to it be ready to engage in a natural and spontaneous discussion be prepared to take the lead in the conversation. General comments All Examiners were excellent at putting the candidates at ease; most conducted the tests well, prompting canidates by asking appropriate questions, which led to spontaneous responses and engaging conversations. Many candidates gave good performances and produced well-developed answers using a wide range of vocabulary. They covered a wide range of ideas and were able to express themselves naturally and spontaneously without hesitation. The bullet points on the cards prompted most candidates to engage in interesting discussions with the examiners and nearly all could answer most of the questions asked; some candidates needed slight prompting, but the majority were able to elaborate on their responses. Centres are reminded of the importance of following the instructions in the Teacher s Notes. Candidates must not give presentations but have conversations about the bullet points on the card with the Examiner to show they can respond spontaneously to changes in the direction of the conversation. Examiners must intervene as soon as candidates start to deliver a monologue if not, it will end up costing the candidates marks for Fluency and in other categories. Each test should last approximately 15 minutes; some tests fell significantly short of the stipulated time, resulting in candidates losing out on the opportunity to increase their marks. Marking was not always carried out satisfactorily and some tests did not or did not consistently follow the format specified in the syllabus. Nearly all the recordings were clear and documentation was clearly labelled in accordance with guidelines set out in the syllabus and the Teacher s Notes, and Centres are commended for this.