ESKOM TRANSMISSION MATIMBA B MARANG, DINALEDI & DELTA-EPSILON PROJECTS FOKUS GROEP VERGADERING 17 APRIL :00 VEILINGSKRALE - SENTRUM

Similar documents
ESKOM TRANSMISSION MATIMBA B MARANG, DINALEDI & DELTA-EPSILON PROJECTS PUBLIC MEETING 7 MARCH 2007 / 7 MAART 2007 VAN WYKSKRAAL LAERSKOOL - MAKOPPA

Comment Date & Event Raised by Response

News Flash. 6 September Dear Members

BRIEFING DOCUMENT FOR THE BOLAND TEAM 2017 SA CROSS COUNTRY CHAMPIONSHIPS 9 SEPTEMBER NWU-PUKKE SPORTS FIELD POTCHEFSTROOM

WE DID IT AGAIN.! The Jolliest Bus trophy 3rd year in a row

Van af die Voorsitter

BRIEFING DOCUMENT FOR THE BOLAND TEAM 2018 SA CROSS COUNTRY CHAMPIONSHIPS. 8 SEPTEMBER Nelson Mandela University Port Elizabeth

7. Finansiële state en geouditeerde rekeninge vir die finansiële jaar 1 Oktober to 30 September 2015

Uniondale-Medium Langkloof Uniondale Willowmore

AKSIE. ANDER LEDE VAN DIE RAAD Rdh. A De Vries [DA] : Speaker

We had 1500 kids there, most of them came from Safety homes and orphanages around Johannesburg and some came as far as Soshanguve, Pretoria.

AKSIE BKN014/07/2017 OPENING EN VERWELKOMING

Core exercises/ Kernspiere - oefeninge

Behind the Backline Agter die Backline

Hoërskool Roodepoort

WinkerkReader vir Android kan:

EMPOWERMENT: POTENTIAL LEADERS: 2015

Afrikaanse Hoër Seunskool in samewerking met die Universiteit van Pretoria

Nuusbrief 17 van 2018

THE MORALITY AND ETHICS OF HUNTING: TOWARDS COMMON GROUND

18 SEPTEMBER Congratulations to the following staff member who will be celebrating his birthday during the coming week:

2015 HEREFORD SHOW. Class/Klas 1 : Heifer, 9 and under 12 months / Verse, 9 en onder 12 maande

FROM THE HEADMASTER SPORTMANSHIP SCHOLARSHIP CONDUCT

Nuusbrief / Newsletter June 2015

SENEPOL NEWS. Algemene Senepol Nuus. Senepol The right breed for our time July Nu usb rief / News letter

BUITEMUURSE EN VAARDIGHEIDS-ONTWIKKELINGSPROGRAM KWARTAAL : GRAAD 1 EN 2

FROM THE PRESIDENT S OFFICE/UIT DIE PRESIDENT SE KANTOOR

8. Description points Discussion points Competition results Winners of competitions Awards 149

IRENE NEWS. 24 September No The following members earned medals at the AGN Racewalking GP: Sandra Steenkamp Danie Labuschagne

2 No PROVINCIAL GAZETTE, 16 APRIL 2018

PLEASE NOTE THESE IMPORTANT CHANGES TO THE HANDICAPPING MANUAL (EFFECTIVE 1 APRIL) Handicap Manual Changes Effective 1 April 2013

General information Country Trax Amersfoort, Mpumalanga

GANSBAAI GOLF CLUB / GHOLFKLUB

FROM THE HEADMASTER SPORTMANSHIP SCHOLARSHIP CONDUCT

PINZGAUER & PINZ²YL GENOOTSKAP/SOCIETY

* APRIL 2018 *

DANS AFDELING DANCE SECTION

Hunting Permits per Province and other Related Information

VOORDELE QUO VADIS? n Voëltjie met. Game ranching. Wettige wildsvleis

SA BEAMPTERAAD EKSAMEN VRAEBANK SA OFFICIATING COUNCIL EXAMINATION QUESTIONNAIRE

News Flash MESSAGE FROM THE PRESIDENT/ BOODSKAP VAN DIE PRESIDENT VOLMAAKTE GELUK. 11 December 2013

MENLO PERDESPORTSKOU 2019

World Bowls schedule

BOWLS SOUTH AFRICA. Message from the President. April Piet Breitenbach

Arrival on Thursday before commencement of course are optional. The rate is R580 per person for Thursday dinner, bed & Friday breakfast.

SOUTH AFRICAN BIATHLON ASSOCIATION SUID-AFRIKAANSE TWEEKAMP VERENIGING

Special News Flash LIGA KAMPIOENE MAAK GESKIEDENIS

ONS REIS NA GOUD. Kwartaalblad van Boland Rolbal Quarterly Bulletin of Boland Bowls May Annette vd Sandt

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE

NO 15 WESKUS TAK WESKUS BRANCH MALGAS NUUS/NEWS. 7 Februarie 2018

RUGBY / NETBAL / HOKKIE

GANSBAAI GHOLFKLUB/ GOLF CLUB. Nuusbrief 23 Februarie Newsletter 23 February 2017

DISTRICT GOVERNOR S NEWSLETTER DISTRICT 410 D DISTRICT GOVERNOR HERMAN SMIT

NOTULE: UITVOERENDE BURGEMEESTERSKOMITEE / EXECUTIVE MAYORAL COMMITTEE 18 APRIL 2017

GANSBAAI GHOLFKLUB / GOLF CLUB

Basiese beginsels van meetkunde: Punte, lyne en hoeke *

Braunvieh S.A. Nuus News. Posbus 7864 P.O. Box Kantoor Tel en Faks Office Phone & Fax. Webblad

2016/17 REGLEMENT C REGULATION C JUKSKEI SA. SPEELREëLS GAME RULES

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE

Tina Cowley reading centre 25 April

CHASA Sportskiet / CHASA Sport Shoot. CHASA Sportskiet / Shoot Version /03/2014 Authors: Elmo Scheffer, Siegfried Liebner

2015/16 REGLEMENT C JUKSKEI. SPEELREëLS

DG NEWSLETTER. District 410D December 2017

COUNTRY TRAX Jan du Toit chief instructor

53479 The death Acre (Doodsakker)

GANSBAAI GHOLFKLUB/ GOLF CLUB

TOERGIDS ~ 2017 ~ TOUR GUIDE Inhoud Content

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (Northern Cape Division)

VOLGENDE WEEK SE PROGRAM GEAGTE OUERS. 11 Maart 2016 Webtuiste: Uitgawe: 9

Congratulations to the following members who were podium finishers at the Run for Bibles race on Saturday:

baan het sommer gou weer mooi groen geword. turned green very quickly. The days are getting

NEWS LETTER JUNE Scribe s Chat

OMSENDBRIEF : 03/ Maart Geagte Ouers

2018 SIMMENTALER SKOUKLASSE

2 No PROVINCIAL GAZETTE, 12 MARCH 2018

Speelreëls. Rules of Play

SHELLEY POINT NEWS. A community newsletter dedicated to fostering a sense of community and the free flow of information at Shelley Point

General information: Dirt Bike Training Weekend Country TRAX Amersfoort, Mpumalanga

RE VERA. Na maande se wag en voorbereiding, het die tyd uiteindelik aangebreek om die glasryke aandrokke en aandpakke uit die kas te haal en te spog.

Nuusbrief 25 van 2018

At the Annual General BOLAND ANNUAL GENERAL MEETING. Quarterly Bulletin of Boland Bowls Kwartaalblad van Boland Rolbal AUGUST / AUGUSTUS 2012

LAERSKOOL ROODEKRANS SENIORFASE GRAAD 7 AKADEMIESE INLIGTING JANUARIE 2018 AKADEMIESE HOOF (DPS): ME. SUZANNE FOURIE

RAAKSKOOT TOUCHER BOLAND SAKELIGA FINAAL. Kwartaalblad van Boland Rolbal Quarterly Bulletin of Boland Bowls Mei / May 2017

Skoolkoerant van die Hoërskool Brackenfell Maart 2011

BGN SENIOR PLAYERS ASSOCIATION BGN SENIOR SPELERS VERENIGING

SWELLENDAM MUNICIPALITY POLICY AND PROTOCOL FOR THE ESTABLISHMENT OF THE AESTHETIC AND CONSERVATION COMMITTEES FOR THE SWELLENDAM MUNICIPAL AREAS

Mpumalanga Ope Verslag

COMMENTS AND RESPONSE REPORT 1 Issues Relating To The Listed Activities Only PROPOSED UPGRADE OF LOUIS FOURIE ROAD (TRUNK ROAD 33/1), MOSSEL BAY

PITKOS / FOOD FOR THOUGHT Our lives begin to end the day we become silent about things that matter. Martin Luther King

T u l i j o u r n a l

RUGBY / NETBAL / HOKKIE

South African Maritime Safety Authority

NEWSLETTER / NUUSBRIEF

CHIEF MARKER S REPORT

The 87th rendition of the men s fours AYALA Classic held at Hermanus Bowling Club and

South African Maritime Safety Authority

Reëls en Regulasies Januarie 2017

Walkerbay Skiboat Club Winter Newsletter 2015

GANSBAAI GOLF CLUB / GHOLKLUB

ONLINE EDITION FEB 2016 DIGITAL. Paarl Nuus. Laureus Night Market. In Paarl Magazine Frater Square. Val de Vie Estate.

Transcription:

MARGEN INDUSTRIAL SERVICES PBA INTERNATIONAL SA ESKOM TRANSMISSION LINES MATIMBA MARANG, DINALEDI & DELTA-EPSILON PROJECTS ESKOM TRANSMISSION MATIMBA B MARANG, DINALEDI & DELTA-EPSILON PROJECTS FOKUS GROEP VERGADERING 17 APRIL 2007 10:00 VEILINGSKRALE - SENTRUM Item No. Discussion / Bespreking 1. Verwelkoming en bekendstelling Action / Aksie Ben Welgemoed, voorsitter van die Sentrum BV het die vergadering ge-open en almal verwelkom. Die vergadering is ge-open met gebed. Hy het vir Theo Peters, wat deel is van die konsultante se span gevra om almal bekend te stel. Theo Peters het Mnr Welgemoed bedank vir die vergadering en almal van die konsultante en Eskom voorgestel: Koos van der Merwe: Eskom Transmissie Onderhandelaar Jean Beater: PBA International Projek Bestuurder: OIS Proses Jonel Boonzaaier: Margen Industrial Services Publieke Deelname Konsultant Daar sal twee kort voorleggings wees een deur Jonel Boonzaaier vir die 3 x 400kV lyne van Matimba B KS tot by Marang en Dinaledi SS onderskeidelik en een deur Jean Beater vir die Delta-Epsilon 6 x 765kV lyne van Delta SS (naby Lephalale) tot by Epsilon SS (naby Potcheftstroom). 2. Bywoning Die bywoningsregister is aangeheg in Aanhangsel 1. Verskoning Geen verskonings is aangebied nie. 3. Projek Beskrywing Jonel Boonzaaier: Jonel het n kort beskrywing gegee van die Matimba Marang/Dinaledi projek. Hierdie projek behels die 3 x 400kV Transmissie kraglyne vanaf Matimba B KS tot by Marang en Dinaledi Substasies onderskeidelik. Hierdie projek is nou in die tweede fase van die OIS Proses die tegniese ondersoek-/omgewingsimpakfase. Die voorgestelde korridors is nou deur die Departement Omgewingsake en Toerisme (DOT) goedgekeur en hierdie korridors kan nou in detail ondersoek word om te bepaal waar die beste plek sal wees vir die lyne. Die finale verslag sal weereens aan die publiek beskikbaar gemaak word vir kommentaar maar sal eers oor n paar weke voltooi wees. Die proses het langer gevat as wat ons oorspronklik beplan het, omdat DOT baie lank gevat het om hulle antwoord te gee. Jean Beater: Eskom beplan vir 6 x 765kV lyne vanaf n nuwe substasie naby Lephalale by name Delta SS na n nuwe substasie, naby Potchefstroom, by name Epsilon SS. Hierdie vergadering is om nuwe mense in kennis te stel van die projek, sowel as om meer inligting te kry vanaf grondeienaars oor hierdie area en hoe die lyne hulle moontlik kan affekteer. The 765kV lines have a servitude size of 80m wide, so running 6 lines together will have a servitude size in excess of 480m. The towers are 55m high. The EIA process for this project has started at the beginning of 2007 and will continue for at least a year until a RoD (Record of Decision) has been received from the -1-

MARGEN INDUSTRIAL SERVICES PBA INTERNATIONAL SA ESKOM TRANSMISSION LINES MATIMBA MARANG, DINALEDI & DELTA-EPSILON PROJECTS Item No. Discussion / Bespreking Department of Environmental Affairs and Tourism (DEAT). If this is a positive RoD, negotiations will begin with individual landowners where after construction of the lines will start. The corridors shown on the maps are preliminary corridors and can be moved depending on specialist studies and consultation with Interested and Affected Parties (I&APs). These are NOT final corridors. Daar is kaarte beskikbaar agter en na verloop van die vergadering word almal genooi om na die kaarte te kom kyk en te sien hoe die lyne hulle moontlik kan affekteer. Mense word genooi om op die kaarte te skryf en inligting deur te gee. Action / Aksie 4. Bespreking Verskeie kwessies is ge-opper en is in tabel format vervaat in Aanhangsel 2. 5. Afsluiting en die Pad Voorentoe Die vergadering is verdaag en almal is bedank vir hulle tyd. Almal wat by vandag se vergadering teenwoordig is se details kan vir Anita Bron gegee word vir hulp met haar ondersoek na die effek van kraglyne op toerisme. Jonel Boonzaaier het ook die kontak besonderhede gekry van Elize Pretorius wat aangebied het om die konsultante te help om grondeienaars in te lig oor die projek en hulle Kontak inligting bymekaar te maak. (083 287 6181, 083 399 1737) -2-

APPENDIX 1: ATTENDANCE REGISTER BYWONINGSREGISTER -3-

APPENDIX 2: ISSUES RAISED DURING DISCUSSION KWESSIES GE-OPPER TYDENS BESPREKING 1 Thaba Tholo is gemis met die 3 x 400kV lyne so hulle moet ook van die 765kV lyne kry wat nou beplan word. Een van die Voorgestelde korridors vir die 765kV lyne loop oor Thaba Tholo se grond. 2 Wat beteken die impakte soos gewys op die kaart vir die Marang/Dinaledi lyne hoe is hierdie impakte bepaal en hoe is die sensitiwiteit bepaal? 3 Maak asb seker dat privaat natuur reservate ook van die lyne kry en nie net individuele grondeienaars nie. Die sensitiwiteit van die area is bepaal deur verskeie spesialiste wat eers n algemene studie in die area gedoen het en dis die kaart wat gewys is. Elke spesialis bepaal n sensitiwiteit vir die area volgens die studies en al hierdie waardes word dan saamgevoeg om n totale sensitiwiteit vir die area te bepaal. Die roetes word bepaal deur omgewingstudies en die area wat die minste impak op die omgewing het. 4 Die spesialis studies is n mors van tyd want Eskom gaan in elk geval die lyne sit net waar hulle wil. Dit is nie die geval nie. Eskom word voorgeskryf deur die Wet of Nasionale Omgewingsbestuur en moet voldoen aan die vereistes van hierdie wet alvorens so aktiwiteit mag voortgaan. Deel hiervan is die omgewingsimpakstudies wat gedoen moet word om te bepaal op watter area die kraglyne die laagste impak sal hê. 5 Hierdie area is afhanklik van toerisme en die kraglyne oor die wildsplase sal meebring dat die toeriste nie meer hiernatoe kom nie en dit sal ook n verlaging he in eiendomswaardes. Dit is beter om die lyne in een corridor te sit as om hulle uit te sprei dan word die impak beperk tot een area toe. Anita Bron is besig met n studie oor die impak van die kraglyne op wildsboerdery en toeriste en enigiemand wat wil bydra tot hierdie studie kan hulle besonderhede vir Anita gee sodat sy hulle kan kontak. Wat betref die waardevermindering indien jy aan die onderhandelaar kan bewys dat daar waardevermindering is, kan Eskom dit betaal. 6 Hoekom gaan die lyne nie deur Botswana nie? As daar lyne is wat gaan deurkom van Botswana af vanaf die nuwe KS daar kan hierdie 765kV lyne mos deur Botswana gaan. Selfs al gebeur die KS projek in Botswana nie, sal hierdie lyne sowel as die Delta substasie, naby Ellisras nog steeds benodig word. n Nuwe kragstasie, naby Ellisras is goedgekeur en word binnekort -4-

gebou en hierdie lyne is nodig om die krag wat gegenereer word by hierdie kragstasie te vervoer na die suide van die land. So al gebeur die projek in Botswana nie, sal hierdie lyne nog steeds benodig word. 7 Kan die kabels ondergronds gesit word al is dit duurder? Eskom moet nie die koste kwessie voordoen as rede hoekom die lyne nie ondergronds kan gaan nie. Die lyne kan ondergronds gaan van Ellisras tot by Thabazimbi want dit is area want ongerep en onbederf is. Vanaf Thabazimbi is daar ontwikkeling en die lyne kan dan bogronds wees. Tjaart van der Walt Vir die 400kV lyne sal dit in die Omgewingsimpak fase ondersoek word of die lyne wel ondergronds kan gaan. Vir die 765kV lyne lyk dit nie moontlik nie, want daar is geen 765kV lyne ondergronds enige plek in die wereld nie. 8 Eskom kan die lyne op grond sit as hulle huur betaal vir die grondeienaars in plaas van n eenmalige betaling. Tjaart van der Walt Eskom se beleid is nie om die serwituut te huur nie, maar eenmalig daarvoor te betaal. Maar georganiseerde landbou is wel in samesprekings met Eskom om te bepaal of dit wel moontlik is om die te doen. 9 Hoekom word die lyne nie deur die Marakele Nasionale Park en ander nasionale parke gesit nie. Het Eskom al ooit die wetgewing getoets om te kyk of dit wel gedoen kan word? Japie Thiart Wetgewing verbied die oprigting van lyne in nasionale parke en sover ons kennis strek het Eskom nog nie die wetgewing getoets nie. 10 Plase is al in families se besit vir 3 generasies watter beter rede is daar vir bewaring as dit in vergelyking met die nuwe ontwikkelde nasionale parke? Die erflikheidswaarde (heritage) word wel deur spesialiste in ag geneem wanneer hulle studies doen. 11 Onderhoud op bestaande lyne is altyd n probleem. Eskom en hulle kontrakteurs los die hekke oop, wild en beeste kom uit, hulle laat weet nie wanneer hulle kom nie en ry net rond op plase. Hierdie is n groot probleem wat daarwerklik aangespreek moet word. Eskom besef dat hierdie wel n groot probleem is en daar is ook samesprekings met georganiseerde landbou en Eskom vir grondeienaars om self die onderhoud op hulle plase te doen. Sommige grondeienaars doen baie goeie onderhoud, maar ander nie, so hiervoor moet ook n oplossing gekry word, maar dit geniet wel aandag sodat die probleem opgelos kan word. Eskom bly egter altyd aanspreeklik vir die kontrakteur wat die werk namens Eskom doen. -5-

12 Indien die lyne nie oor my grond gaan nie, maar wel oor my buurman se grond en my grond word benadeel agv die visuele impak van die kraglyne oor my buurman se grond, word ek enigsins verged vir daardie skade? Nee, Eskom het nie n beleid wat bepaal dat n buurman betaal moet word vir visuele impak agv lyn op aangrensende grond nie. Eskom wag vir n hofsaak voordat hulle iets sal betaal. Daar is wel so n hofsaak onlangs geregistreer en ons sal die publiek op hoogte hou van hierdie hofsaak. 13 Kragpunte word benodig deur sekere grondeienaars, maar hulle moet self daarvoor betaal en dis is baie duurder as die waarde wat Eskom uit betaal vir die serwituut vir hierdie groot lyne? As daar n lyn oor jou grond gaan kan jy met onderhandelaar praat dat jy krag kry in ruil vir toestemming gee vir oorhoofse lyne op plaas? Eskom Transmissie en Eskom Distribusie is twee afsonderlike afdelings van Eskom, elk met hulle eie lisensie van die Nasionale Energie Reguleerder en kan dus nie onderlangse reelings maak vir die gebruik van elektrisiteit nie. 14 Gebruik die tariewe wat Vodacom, MTN en Telkom gebruik vir huur van grond vir die selfoon torings. Tjaart van der Walt Die waardeerder wat deur Eskom aangestel word doen n waardasie op die grond waaroor die finale roetes gaan. Hierdie waardasies word gedoen teen markwaarde en kyk na die tipe boerdery, hoe die grond lyk die waardeerder sal elke grondeienaar besoek om sy grond te evalueer en waardeer. Daar word ook gekyk na verskillende grotes plase aangesien die waardes van die ook kan verskil. 15 Die ondergrondse opsie is beter Eskom hoef nie te betaal vir die serwituut aan die grondeienaars indien hulle die lyne ondergronds sit nie. Hierdie sal deurgegee word aan Eskom om te oorweeg. 16 Hoekom kan die lyne nie deur Botswana gaan nie? Selfs al gebeur die KS projek in Botswana nie, sal hierdie lyne sowel as die Delta substasie, naby Ellisras nog steeds benodig word. n Nuwe kragstasie, naby Ellisras is goedgekeur en word binnekort gebou en hierdie lyne is nodig om die krag wat gegenereer word by hierdie kragstasie te vervoer na die suide van die land. So al gebeur die projek in Botswana nie, sal hierdie lyne nog steeds benodig word. -6-

17 By die vorige vergadering is gevra dat daar gekyk moet word om die 400kV lyne te vervang met minder 765kV lyne. En daar is ook gevra dat die lyne versprei moet word maw elk van die nuwe drie lyne moet saam met elk van die bestaande lyne gaan. Hierdie vrae is nou nog nie beantwoord nie so wat is die doel van hierdie vergadering. Jan en Adam Pretorius By die vorige vergadering is genoem dat hierdie kwessies ondersoek sal word en beantwoord word in die volgende fase van die projek naamlik die Ondersoek of Tegniese Fase. Die rede hoekom daar nog nie antwoorde op hierdie is nie, is omdat daardie verslag nog nie gedoen is nie. Die Departemetn Omgewingsake het eers in April die Bestekopname Verslag goedgekeur en dit het beteken dat ons nou eers kon begin met die volgende studie, wat daardie vrae sowel as ander kwessies sal aanspreek. Sodra hierdie verslag beskikbaar is, sal dit aan die publieke beskikbaar gemaak word vir kommentaar en ons sal dan weer terug kom na julle vir n vergadering en hierdie kwessies sal almal beantwoord wees. 18 Kan al die lyne die bestaande lyne, sowel as die 3 x 400kV lyne EN die 6 x 765kV lyne op een kaart sodar ons die geheel prentjie kan kry van wat in hierdie area gebeur. Gert Roets Die konsultante sal hierdie doen en dan ook n kaart, saam met die notules van hierdie vergadering en die vorige vergadering pos aan almal wat by hierdie en die vorige vergadering verteenwoordig was. 19 Eskom het nou wel n 20-jaar plan gedoen maar eintlik moet hulle n 50-jaar plan doen soda tons preseis kan weet indien daar nog lyne beplan word vir hierdie area. Sal hierdie versoek deurgee aan Eskom. 20 Daar is al verskeie kere dooie gom-poue gevind in die veld waar die bestaande kragdrade loop en Eskom moet iets hieraan doen. Die gompoue word geskok en verbrand deur die kraglyne en met nog kraglyne gaan die probleem net vererger. Hierdie sal aan die spesialiste deurgegee word. Verder het die konsultante ook uitgevind dat Eskom saam met die Endangered Wildlife Trust werk en indien so geval voorkom kan die betrokke grondeienaar vir Chris van Rooyen, by kontak nommer: 011 486 1102 of e-pos: 'chrisv@ewt.org.za, om die incident aan te meld. Hulle sal dan iemand uitstuur om die voorval te ondersoek en dit word ook in n register aangeteken en record van gehou. -7-

21 Ons word mislei deur die kaarte en Eksom is besig om ons te bedrieg. Hulle beplan allerhande projekte maar gee nie die volle prentjie aan ons nie en dus bedrieg hull eons. Versoek dat die vergadering verdaag word. As Eskom en hulle konsultante ons mislei sal ons teen die projek veg met alles moontlik. Gert Roets Dit is nie die geval nie. Daar was en is nog steeds net twee projekte wat hierdie area kan affekteer die 3 x 400kV kraglyne wat na Rustenburg en Brits moet loop en die 6 x 76kV lyne wat Potchefstroom toe gaan. Dit het nie verander nie. Wat dalk kan gebeur is omdat die projekte nie saam op een kaart vertoon word nie, en die projekte se tydskedules nie saam loop nie dat dit dalk verwarring veroorsaak, maar Eskom en die konsultante bedrieg nie die grondeienaars nie. Soos genoem sal een nou kaart nou saamgestel word wat albei projekte aandui, sowel as bestaande lyne. 22 Die konsultante moet van plaas tot plaas gaan en met die ouens wat geraak word praat. Hierdie sal gedoen word in die Tegniese of Ondersoek Fase van elke projek. Wanneer daar meer duidelikheid is oor die finale roete van die lyne, voordat die verslag na DEAT gaan word dit eers aan die publieke beskikbaar gemaak vir kommentaar en in hierdie periode besoek die konsultante saam met Eskom elke grondeienaar wat moonlik geraak kan word en konsulteer met hulle dit kan een-tot-een vergaderings wees of in n groep met verskillende grondeienaars, so dit word defnitief gedoen. 23 Die BV verteenwoordig slegs 10-20% van die grondeienaars in hierdie area die ander grondeienaars weet dus nie van die projek nie en neem nie deel nie. Die konsultante kan nie se dat hierdie vergadering verteenwoordigend is van die gemeenskap nie of dat hierdie n vergadering is met die gemeenskap nie! Die konsultante is daarvan bewus dat daar baie meer grondeienaars is van ander dele van die land wat ook grond besit in hierdie area. Wanneer n projek begin word daar n aktes soektog gedoen om te bepaal wie die geregistreerde eienaars is van die grond. Die inligting van die Akteskantoor bevat nie kontak besonderhede nie. Dus begin ons gebruik maak van verskeie bronne om mense op te spoor en die BV s is slegs een van die maniere om mense in die hande te kry. Bloot omdat ander grondeienaars nie by die vergaderings was wat Mnr Welgemoed gereel het nie, beteken nie dat daar nog nie met hulle gekonsulteer is nie. Daar is verskeie mense se besonderhede op die databasis wat nie in hierdie area woon nie, maar wat wel grond hier -8-

het en ons konsulteer dus ook met hulle. Die notules van elke vergadering dui aan met wie die vergadering was en die konsultante dui ook nie aan dat n vergadering n vergadering was met die gemeenskap nie, tensy dit werklik die geval is nie. 24 Julle kan die Voorligting kantoor skakel vir grondeienaars se inligting en hulle op hierdie manier in die hande kry. Die konsultante sal hierdie inligting in die hande probeer kry en ook gebruik maak van Elize Pretorius se aanbod om grondeienaars op te spoor. 25 Eskom moet meer mense aanstel om seker te maak alle geaffteerde grondeienaars word mee gekonsulteer. Daar kan ook gebruik gemaak word van die rekening afdeling van Eskom sowel as mense in die area wat ken help met kontakte. Ons sal defnitief die moontlikheid ondersoek om addisionele mense aan te stel en ook gebruik van Elize Pretorius se aanbod om grondeienaar op te spoor. Ons sal ook weer vir Eskom vra vir rekeninghouers se inligting. Die rekeningafdeling van Eskom is Eskom Distribusie en hierdie projekte is Eskom Transmissie en die verskillende afdelings is in der waarheid verskillende maatskappye maar ons sal weer probeer om die inligting te verkry. 26 Kan die Tegniese of Ondersoek fase uitgestel word om eers met grondeienaars te konsulteer op n een-tot-een vlak om te bepaal waar die lyne moet gaan alvorens die verslag opgestel word? Hierdie versoek sal deurgegee word aan Eskom 27 Kan ons asb n brief ontvang saam met n kaart wat alle projekte aandui op een kaart en ook die notules van al die vergaderings. Hierdie sal gedoen word. -9-