ONS REIS NA GOUD. Kwartaalblad van Boland Rolbal Quarterly Bulletin of Boland Bowls May Annette vd Sandt

Similar documents
News Flash. 6 September Dear Members

PLEASE NOTE THESE IMPORTANT CHANGES TO THE HANDICAPPING MANUAL (EFFECTIVE 1 APRIL) Handicap Manual Changes Effective 1 April 2013

FROM THE HEADMASTER SPORTMANSHIP SCHOLARSHIP CONDUCT

World Bowls schedule

We had 1500 kids there, most of them came from Safety homes and orphanages around Johannesburg and some came as far as Soshanguve, Pretoria.

Special News Flash LIGA KAMPIOENE MAAK GESKIEDENIS

RAAKSKOOT TOUCHER BOLAND SAKELIGA FINAAL. Kwartaalblad van Boland Rolbal Quarterly Bulletin of Boland Bowls Mei / May 2017

FROM THE PRESIDENT S OFFICE/UIT DIE PRESIDENT SE KANTOOR

News Flash MESSAGE FROM THE PRESIDENT/ BOODSKAP VAN DIE PRESIDENT VOLMAAKTE GELUK. 11 December 2013

GANSBAAI GHOLFKLUB/ GOLF CLUB

BOWLS SOUTH AFRICA. Message from the President. April Piet Breitenbach

FROM THE HEADMASTER SPORTMANSHIP SCHOLARSHIP CONDUCT

WE DID IT AGAIN.! The Jolliest Bus trophy 3rd year in a row

NO 15 WESKUS TAK WESKUS BRANCH MALGAS NUUS/NEWS. 7 Februarie 2018

BRIEFING DOCUMENT FOR THE BOLAND TEAM 2018 SA CROSS COUNTRY CHAMPIONSHIPS. 8 SEPTEMBER Nelson Mandela University Port Elizabeth

BRIEFING DOCUMENT FOR THE BOLAND TEAM 2017 SA CROSS COUNTRY CHAMPIONSHIPS 9 SEPTEMBER NWU-PUKKE SPORTS FIELD POTCHEFSTROOM

Uniondale-Medium Langkloof Uniondale Willowmore

GANSBAAI GHOLFKLUB / GOLF CLUB

At the Annual General BOLAND ANNUAL GENERAL MEETING. Quarterly Bulletin of Boland Bowls Kwartaalblad van Boland Rolbal AUGUST / AUGUSTUS 2012

The 87th rendition of the men s fours AYALA Classic held at Hermanus Bowling Club and

Hoërskool Roodepoort

VOLGENDE WEEK SE PROGRAM GEAGTE OUERS. 11 Maart 2016 Webtuiste: Uitgawe: 9

RUGBY / NETBAL / HOKKIE

THE MORALITY AND ETHICS OF HUNTING: TOWARDS COMMON GROUND

Behind the Backline Agter die Backline

Van af die Voorsitter

Afrikaanse Hoër Seunskool in samewerking met die Universiteit van Pretoria

GANSBAAI GOLF CLUB / GHOLFKLUB

Nuusbrief 17 van 2018

Lees alles oor die nuwe afbakening op bladsy 5

SUNDAY / SONDAG 18 MARCH 2018 MONDAY / MAANDAG 19 MARCH 2018

Tina Cowley reading centre 25 April

BOLAND vs EDEN. Quarterly bulletin of Boland Bowls NOVEMBER 2013 Kwartaalblad van Boland Rolbal FEBRUARY / FEBRARIE 2014

RUGBY / NETBAL / HOKKIE

GANSBAAI GHOLFKLUB/ GOLF CLUB. Nuusbrief 23 Februarie Newsletter 23 February 2017

DANS AFDELING DANCE SECTION

AKSIE. ANDER LEDE VAN DIE RAAD Rdh. A De Vries [DA] : Speaker

BUITEMUURSE EN VAARDIGHEIDS-ONTWIKKELINGSPROGRAM KWARTAAL : GRAAD 1 EN 2

Lees alles oor die nuwe afbakening op bladsy 5

18 SEPTEMBER Congratulations to the following staff member who will be celebrating his birthday during the coming week:

2015 HEREFORD SHOW. Class/Klas 1 : Heifer, 9 and under 12 months / Verse, 9 en onder 12 maande

AKSIE BKN014/07/2017 OPENING EN VERWELKOMING

19 PARK SEWESTOERNOOI PARK SEWESTOERNOOI BY Laerskool Park. Sewes Toernooi

OMSENDBRIEF : 03/ Maart Geagte Ouers

SUID AFRIKAANSE TWEEKAMP: PRESIDENT SE JAARVERSLAG AANGEBIED BY DIE ALGEMENE JAARVERGADERING GEHOU IN PORT ELIZABETH OP 29 MAART 2019

Congratulations to the following members who were podium finishers at the Run for Bibles race on Saturday:

7. Finansiële state en geouditeerde rekeninge vir die finansiële jaar 1 Oktober to 30 September 2015

Lees alles oor die nuwe afbakening op bladsy 5

LAERSKOOL NELSPRUIT NELLIES RUGBY Al die talent in die wêreld sal vir jou niks beteken sonder jou spanmaats nie.

General information Country Trax Amersfoort, Mpumalanga

Kenridge Hockey Newsletter Term

BGN SENIOR PLAYERS ASSOCIATION BGN SENIOR SPELERS VERENIGING

MENLO PERDESPORTSKOU 2019

IRENE NEWS. 24 September No The following members earned medals at the AGN Racewalking GP: Sandra Steenkamp Danie Labuschagne

DISTRICT GOVERNOR S NEWSLETTER DISTRICT 410 D DISTRICT GOVERNOR HERMAN SMIT

Arrival on Thursday before commencement of course are optional. The rate is R580 per person for Thursday dinner, bed & Friday breakfast.

2017/18 REGLEMENT M REGULATION M JUKSKEI SA JUNIORS

PINZGAUER & PINZ²YL GENOOTSKAP/SOCIETY

Die Sandput / The Sandpit

Core exercises/ Kernspiere - oefeninge

VOORDELE QUO VADIS? n Voëltjie met. Game ranching. Wettige wildsvleis

SHELLEY POINT NEWS. A community newsletter dedicated to fostering a sense of community and the free flow of information at Shelley Point

GANSBAAI GOLF CLUB / GHOLKLUB

8. Description points Discussion points Competition results Winners of competitions Awards 149

PRG SPORT WEEKLIKSE PROGRAM / WEEKLY PROGRAMME 2-9 NOVEMBER 2018 ALGEMEEN

ESKOM TRANSMISSION MATIMBA B MARANG, DINALEDI & DELTA-EPSILON PROJECTS PUBLIC MEETING 7 MARCH 2007 / 7 MAART 2007 VAN WYKSKRAAL LAERSKOOL - MAKOPPA


Nuusbrief / Newsletter June 2015

RE VERA. Na maande se wag en voorbereiding, het die tyd uiteindelik aangebreek om die glasryke aandrokke en aandpakke uit die kas te haal en te spog.

53479 The death Acre (Doodsakker)

SENEPOL NEWS. Algemene Senepol Nuus. Senepol The right breed for our time July Nu usb rief / News letter

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE

EMPOWERMENT: POTENTIAL LEADERS: 2015

CHASA Sportskiet / CHASA Sport Shoot. CHASA Sportskiet / Shoot Version /03/2014 Authors: Elmo Scheffer, Siegfried Liebner

NEWS LETTER. May Scribe s Chat

LAERSKOOL ROODEKRANS SENIORFASE GRAAD 7 AKADEMIESE INLIGTING JANUARIE 2018 AKADEMIESE HOOF (DPS): ME. SUZANNE FOURIE

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE

2016/17 REGLEMENT C REGULATION C JUKSKEI SA. SPEELREëLS GAME RULES

2 No PROVINCIAL GAZETTE, 16 APRIL 2018

2015/16 REGLEMENT C JUKSKEI. SPEELREëLS

Nuusbrief 26 September Newsletter 26 September 2017

COUNTRY TRAX Jan du Toit chief instructor

RAAKSKOOT TOUCHER WCB ONDER 45 TOERNOOI KYK HIERNA! CHECK THIS! Kwartaalblad van Boland Rolbal Quarterly Bulletin of Boland Bowls Augustus/August 2017

NEWS LETTER JUNE Scribe s Chat

Mpumalanga Ope Verslag

Speelreëls. Rules of Play

ESKOM TRANSMISSION MATIMBA B MARANG, DINALEDI & DELTA-EPSILON PROJECTS FOKUS GROEP VERGADERING 17 APRIL :00 VEILINGSKRALE - SENTRUM

BAIE DANKIE AAN ONS BORG

SOUTH AFRICAN BIATHLON ASSOCIATION SUID-AFRIKAANSE TWEEKAMP VERENIGING

NEWSLETTER 21 November 2017

15 AUGUST Toiletries: body lotion, shampoo, deodorant, toothpaste, adult nappies / Shoes

Stellenberg IN THIS ISSUE. Gr. 11-dinee. Mr & Miss Stellenberg. Premier Hockey. Stellenberg High School Newsletter 3/2018 April 2018

SLUITINGSDATUM: VR. 16 MAART GOVERNING BODY ELECTIONS BEHEERLIGGAAMVERKIESING

BOWLS SOUTH AFRICA DEVELOPMENT

SA BEAMPTERAAD EKSAMEN VRAEBANK SA OFFICIATING COUNCIL EXAMINATION QUESTIONNAIRE

General information: Dirt Bike Training Weekend Country TRAX Amersfoort, Mpumalanga

SPORTMANSHIP SCHOLARSHIP CONDUCT

Skoolkoerant van die Hoërskool Brackenfell Maart 2011

LAERSKOOL TOTIUSDAL PRESTASIE TOEKENNINGSBELEID

TO THE POINT (10) Issue 10 December/January 2005

Transcription:

Kwartaalblad van Boland Rolbal Quarterly Bulletin of Boland Bowls May 2016 Our 2016 Inter Districts players did Boland proud with no fewer than one GOLD and three BRONZE medals!! Gold went to the Ladies B Team and Bronze the Men s B-Team, the Open Men s Team and the U/25 Team. Boland also ended fourth on the log total for the 2016 Inter Districts. Well done to all the players and managers, and not forgetting the selectors. This edition carries reports from four managers and one player, plus photo s of all the victors. Read and enjoy! ONS REIS NA GOUD Annette vd Sandt Almal was baie opgewonde oor die toernooi op hande en uiteindelik is ons op Swellendam waar ons angstig wag vir ons jongste lid in die span nl. Elzaan Pienaar. Sy het alreeds n Bronsmedalje om haar nek toe sy daar aankom. Min het ons geweet hoe sy die span later in die toernooi op die map sou sit by wyse van spreke, met haar sêding: It s all in the weight! Ons het met twee voertuie na Port Elizabeh gereis en oornag by die Hartenbos ATKV vakansie-oord. Op Hartenbos gaan ons eers uiteet en ons deel ook geskenkies uit - onder andere beertjies vir ons sakke en twee apies wat ons gelukbringers is : Oros en Hiccup. Dit help om ons as n span stewig saam te bind. Elke oggend na ontbyt hou ons stiltetyd met n boodskap vir die dag. Soos die toernooi vorder, dra hierdie boodskappe ons tot by die GOUD: Glo in God en ook in jouself, neem klein stappies, een op n slag dan sal jy jou doel bereik maar by dit alles, bly nederig hoe nader ons ookal aan ons doel kom. Elke aand het die dames twee-twee beurte gemaak om heerlike aandetes voor te berei. Die Vrydagaand, 08 April wou Elzaan weet of ons goud wou hê!! Voor ons egter kon antwoord sê sy: Moet dit nie verwoord nie, wys dit met jul balle! En het hulle nie gewys nie!! Ons wen ons seksie en is deur na die finaal! Met groot opgewondenheid daag ons op by PE Rolbalklub waar ons teen Port Natal moet speel vir GOUD. Port Natal is die gunstelinge en hulle wen dan ook die eerste twee skofte. Ons behou egter ons fokus en bly doelgerig speel en stadig maar seker begin ons die een na die ander skof wen! Elzaan Pienaar, Dale Gentle, Gail Lotz en Karen Streicher wen met n allemintige 32 teenoor die 9 van Port Natal terwyl Charmaine Mostert, Elma Louw, Nicolise Carosini en Stephanie Crause met 22 teenoor 17 seëvier. Boland se punte in die finale rondte is 12 uit n moontlike 13. Ons reis voorspoedig terug met die medaljes al die pad om ons nekke (foto op p.2!) Charmaine het deurentyd foto s geneem wat vir ons dien as kosbare herinneringe aan n onvergeetlike toernooi.

Raakskoot/Toucher May 2016 p.2 Karen Streicher, Charmaine Mostert, Elma Louw, Dale Gentle (agter), Annette vd Sandt, Nicolise Carosini, Gail Lotz, Elzaan Pienaar, Stephanie Crause. BRONZE FOR OPEN MEN S TEAM Stoffel Lambrechts, Mark Beviss-Challinor, Lampies Lambrecht (Manager at the back), Callie v.d. Merwe, Stefan de Jager, Wynand Pool, Francois van Deventer, Johan Pienaar The Inter Districts are the highlight of the bowling calendar. Bowlers selected to represent their districts converge to test their mettle against one another. The top 160 bowlers in S.A. flex their muscles for five days to try and walk away with a much coveted medal. The tournament consists of two sections of ten districts, each district fielding two teams of four players. The ten districts in each section play a round robin and after nine games the winners of each section play for gold and silver. The runners up in each section receive bronze medals. This year, the Open Inter Districts took place in Ekurhuleni (the old Near East Rand). We played at four venues Benoni, Avion Park, Modderfontein and Edenvale. The greens were generally slower than our Boland greens, but ran true. (Turn to page 4)

Raakskoot/Toucher May 2016 p.3 BOODSKAP VAN DIE PRESIDENT Sedert my vorige boodskap, het Boland Rolbal n kleurvolle tyd gehad GOUD vir die B-Span Dames; Brons vir die B-Span Mans, Brons vir die Ope Mans en Brons vir die O/25 Span. Dit was nou by die Interdistrikte vir 2016 wat ons spanne so presteer het. Dit is al baie gesê maar dit mag seker maar weer gesê word: baie geluk aan die gemelde spanne met hul prestasies. Boland is baie trots op julle. Baie dankie ook aan die spanbestuurders wat die spelers met raad en aanmoediging bygestaan het. Although our other teams at the Inter Districts did not win medals, they did very well too and must be congratulated for their efforts. We are so proud of you and your managers for putting up a fight and helping Boland to end fourth on the log for the BSA Inter Districts 2016 no mean feat! Well done to all our Boland players and managers and thank you for all the time and effort you put into to making Boland Bowls so successful at the 2016 Inter Districts. Dit alles gesê, moet onthou word dat die Keurders hierdie spanne saamgestel het en baie tyd en nadenke het hierin gegaan. Baie geluk aan ons Boland keurders met die spanne wat hul saamgestel het vir die Interdistrikte. Baie dankie ook vir die tyd wat gespandeer is om dit alles te doen. Boland Rolbal waardeer werklik jul insette om hierdie distrik n Kampioendistrik te maak. Die voorlegging wat Theuns Coetzee gelewer het aan die onderskeie Sportrade, waarna ek verwys het in my vorige boodskap, het vrugte afgewerp in so n mate dat Boland Rolbal onlangs R62 000-00 ontvang het vanaf die Wynland Sportraad. R22 000-00 is toegewys vir aanwending tydens die volgende Envar Buys toernooie en R10 000-00 vir Administrasie, terwyl die balans aangewend moet word vir Bekendstelling van Rolbal en Ontwikkeling van die spelers. Baie dankie nog eens aan Theuns en sy span vir hul werk in hierdie verband. Ons waardeer jul insette en is dankbaar vir die goeie gevolge. Ek wil ook my dank uitspreek teenoor die Wynland Sportraad wat hierdie toekenning gemaak en aanbeveel het. Dit word werklik baie waardeer en ons sal verseker dat die fondse aangewend word waarvoor dit toegeken is. A further positive for our sport is that Bowls SA has started a newsletter, Get it Rolling, to promote Bowls through their new committee, Membership and Marketing. This Newsletter, together with the existing one, In the News, has a lot of positives to offer and makes good reading. Be on the lookout for them. Dan het ek ook verneem van die tragiese afsterwe van Francois du Toit, President van Swellendam Rolbalklub. Ek dra Boland Rolbal se simpatie oor aan sy gesin, Swellendam Rolbalklub en almal wat geraak is deur sy heengaan. Mag u almal vertroosting vind in sy nalatenskap. Baie sterkte aan u almal vir die laaste paar kompetisies wat oorbly vir hierdie seisoen. BASIE LOUW

Raakskoot/Toucher May 2016 p.4 ROBBED BY A WICKED WICK!! It was the last day and the last match of the 2016 Bowls SA Senior Men s Inter-District Championships in Johannesburg to determine which district would be the winner and which the runner-up in the section. The winners of the two sections would play each other for Gold and Silver and the runners-up from both sections would receive Bronze. In our section Port Natal had a comfortable lead, but the fight for second place was on between Eden and Boland. Before the start of the last match, Eden had 68,5 points Boland 67.5. In the last game Boland scored 10 match points and Eden, playing next to us against KwaZulu-Natal, had to score at least 9,5 points to beat us. One of the Eden teams was still playing their last end and their score stood at 7,5. They were peeling both the set and the match at that stage. When the Eden skip picked up the very last bowl of the match, they were shot down and the Boland players, watching anxiously, were ready to let go with high fives. It was clear from the start that the bowl of the Eden skip was narrow... But then his bowl wicked off a short bowl, swung almost 90 degrees to the left, clipped another short Eden bowl and pushed it right into the head for shot! That one shot gave them the set (one point) and the match (two points) as well as second place in the section and Bronze. Port Natal, in the meantime, had beaten their opponents to achieve first place in the section and went on to play Johannesburg Bowls Association in the final. They came second with Silver. Boland however went away with the consolation that they were the only team in that section that beat Port Natal with 7,5 against 5,5. The Boland side didn t leave the battlefield emptyhanded. Martin van Zyl was awarded Player of the Tournament. After his brilliant performance every day of the week, he fully deserves the honour, which all Boland bowlers share with him. Riaan Pienaar OPEN MEN S SIDE (From page 2) A new scoring system was instituted this year whereby a game of 21 ends was divided into three sets of seven ends each, with one point available per set won, two points for winning the game and three bonus points for the team with the highest net aggregate. Stefan, Wynand, Francois and David had an excellent tournament with only one peel and one loss. The team of Mark, Callie, Johan and Stoffel fared less well with one peel and three losses. Our biggest disappointment for both teams was our loss to Limpopo (which cost us a chance for gold), but there were plenty of highlights. We annihilated Sedibeng (defending champions) in the first round, and comprehensively beat the hosts, Ekurhuleni,on home turf and taking 11 ½ points out of a possible 13 off Sables - historically a very strong district! At the end of nine games we came second in our section, thus picking up a bronze medal only the second time in the history of the Open Boland Men s Team. Man of the Boland Side must go to Francois van Deventer who was nominated Man of the Match five times by the opposing teams manager. Mark Beviss-Challinor

Raakskoot/Toucher May 2016 p.5

Raakskoot/Toucher May 2016 p.6 V A T G R A S Pieter Linde DIE KLEUR VAN SKOEISEL Reël A2.2 (p.154) beskryf die vereistes van konvensionele skoene wat deur spelers gedra mag word. Rolbal SA behou die reg voor om spesifieke KLEURE of HANDELSNAME toe te laat, al dan nie. Hierdie reg word ook deur Boland Rolbal voorbehou en tot verdere kennisgewing mag spelers skoene van enige kleur dra tydens Bolandwedstryde. Elke klub in die Boland bepaal ook die kleredragkode van hulle eie spelers. PARESPEL Reël 1.2.1 spesifiseer in watter volgorde n parekompetisie gespeel mag word en met hoeveel balle. Normaalweg speel ons volgens die Reël op bladsy 20, naamlik 1.2.1.2.1.1. Die leie kan egter ook twee balle elk speel, daarna die skipperss twee balle elk en dan die leie hulle finale twee balle en die skippers hulle finale twee balle. Dit is egter belangrik om te onthou dat die volgorde en aantal balle wel genoem moet word in die spelvoorwaardes vir daardie spesifieke parekompetisie. DELAYING (SLOW) PLAY / RESTRICTING MOVEMENT OF PLAYERS If a Controlling Body decides that it is appropriate to include regulations for dealing with slow play, provision for this MUST be included in the Conditions of Play - Refer to Appendix A5 (p128). This proviso is also applicable when the movement of players is restricted in accordance with Appendix A4 (p.126). The Conditions of Play for the recent Inter Districts Tournament, stipulates that the movement of players is restricted in the following way: Leads and seconds may not walk up to the head; Thirds are permitted to walk up to the head after delivering their first bowl and by invitation of the skip; Skips after delivery of their first bowl. The crux of the matter is that any restriction of the movement of players, or any time limit set, MUST be clearly spelled out in the Conditions of Play for that particular event. Ceres Rolbalklub Fondsinsameling GEBORG DEUR T yre King Ceres Wen 4 Continental Crosscontact AT 255/70/15 bande ter waarde van R6 000!!! R100-00 per inskrywing Kontak John sel nr. 083 6794734 / Epos adres john.ackermann@cfg.co.za Kontak Pieter sel nr. 083 4805613 / Epos adres pmostert8@gmail.com

Raakskoot/Toucher May 2016 p.7 STATEBONDSPELE 2022 IN SUID-AFRIKA! Wie gaan saam? MARTIN VAN ZYL IS DAAR WERKLIK IETS NUUT OP DIE ROLBALFRONT? Dis natuurlik baie moeilik om n eerlike antwoord hierop te kan kry/gee! Daar is wel baie geskryf, baie gepraat, beide op en af van die perke, en baie wense uitgespreek vir verbeteringe! Daar is selfs diegene wat dit gewaag het om kritiek te lewer oor sekere optrede van die owerheid. Maar vir iets nuuts sal ons sekerlik nog ver moet gaan soek om die vraag hierbo behoorlik te kan beantwoord! Rolbalspelers en rolbaladministrasies bly maar stillerig en hopeloos te ongeerg, of hoe? NUWE BEDELING IN DIE WESTE- LIKE KAAP PROVINSIE Hieroor het Skietgoed so ver terug as November 2015 baie kortliks verslag gedoen i.v.m. die vergaderings wat met beide WP en Boland op 05 en 12 April 2014 onderskeidelik gehou is. Het daar werklik iets betekenisvol gebeur oor die afgelope 24 maande of word daar nog steeds slegs gepraat en menigs gelug? Wat presies is bereik en wat word nog binne die afsienbare toekoms (m.a.w. nog hierdie jaar) beoog en wat word van die rolbalspelers self in die Boland verwag? EKSPERIMENTERING T.O.V. BOLAND KAMPIOENSKAPPE Hoewel daar tevergeefs gesoek is na die presiese bewoording van die besluite wat tydens die 2015 Boland AGV geneem is t.o.v. nuwe spelformate, sal dit nogal vir een en almal baie interessant wees om te kan verneem hoe effektief t.o.v. deelname die betrokke eksperimente was. Die jongste veranderinge, byvoorbeeld aan die formaat van Die Boland Gemengde Vywe, was ongetwyfeld interessant en dit sal sekerlik vir veral die deelnemers van belang wees om presies te kan verneem wat die gevolge was en of die Bestuur beoog om weer daarmee voort te gaan. Dit sal ook ongetwyfeld van nut wees indien Boland so gaaf sal wees om aan die klubs statistiek te gee oor die aantal deelnemers, sê die afgelope tien jaar, ten opsigte van al Boland se Kampioenskappe (mans en dames apart). NUWE BOLANDKLEURE Die jaarlikse Interdistrikte is nou verby met Boland wat weer eens baie goed gevaar het en wat n spesiale pluimpie verdien. Vanjaar is n verskeidenheid distrikkleure/-klere deur die verskillende kante gebruik en hoewel kleredrag so eenvormig as moontlik behoort te wees, sal dit tog in die distrik se belang wees om die menings van die spelers te kry oor hoe hulle die nuwe teenoor die ou kleredrag ervaar en waardeer. Dalk is dit ook nou tyd om te besin oor die effektiwiteit van swart kleredrag teenoor die prominente kleure wat by sommige distrikte gebruik word en wat ook vandag orals in die rolbalwêreld te bespeur is. Wil ons werklik swart klere veral in die somer dra en is daar nie dalk iets wat ons distrik kan voorskryf wat op die ou einde baie meer prominent sal vertoon nie? Verandering word deesdae as goed beskou, maar die eintlike vraag is sekerlik of verbetering nie meer in Boland se geval van toepassing behoort te wees nie! (Blaai na p.8)

Raakskoot/Toucher May 2016 p.8 (Vervolg van p.7) KEURING VAN DISTRIKKEURDERS EN DISTRIKBESTUURDERS Vanjaar het daar ongelukkig n paar dinge gebeur wat spelers en sekerlik ook ons Bestuur opnuut sal laat besef het dat daar in die toekoms spesifieke aandag gegee moet word aan die paslike keuring van keurders, asook aan die aanstelling van bestuurders! Om op hierdie tydstip nou ou koeie uit die sloot te probeer grawe sal ongetwyfeld geen doel dien nie, maar daar sal beslis van owerheidskant n spesiale poging aangewend moet word om n herhaling van die soort ontevredenheid wat voorgekom het, ten alle koste te vermy! Moontlik sal dit een en almal help indien daar betyds name van vrywilliges geïdentifiseer kan word en dat dié name vroegtyding (sperdatum) voorgelê/ ingedien moet word sodat daar ten minste lank voor die distrik se AJV besin en tot n besluit gekom kan word oor presies wie aangestel behoort te word! Om die pligte van diegene ook duidelik skriftelik uit te spel is absoluut noodsaaklik en wanneer dit by verslagdoening kom, moet diegene genoem ook baie duidelik die modus operandi verstaan en onderskryf anders kom daar weer onnodige misverstande voor! FINANSIëLE VERPLIGTINGE VAN BOLANDSPELERS Weens die feit dat Boland nie oor baie spelers beskik nie en dat die distrik self nie al die uitgawes verbonde aan sy spelers se deelname in die jaarlikse Interdistrikte kan dra nie, is dit noodsaaklik dat spelers en hul klubs genoegsame tyd kry om met fondsinsamelings aktiweiteite n aanvang te maak! Hierdie feit is herhaalde male oor die jare heen bepleit, maar met die jongste kwaai finansiële druk wat op elke speler geplaas is (minimum van R 2000 kontant is vooraf vereis), het sommige van die spelers gesukkel om die mas op te kom. Die vroegtydige afhandeling van die keuringsproses kan nie genoeg beklemtoon word nie, om nie te praat van die ewebelangrike noodsaaklikheid van voorafgereelde spanoefeninge nie. n Spesiale beroep word deur Skietgoed aan Boland se Bestuur gedoen om veral in hierdie twee opsigte hul kant baie meer in die toekoms by te bring. AANMOEDIGING/ERKENNING VAN KLUBS/SPELERS IN DIE BOLAND Skietgoed bepleit al lankal dat ons distrik, Boland Rolbal, die inisiatief neem om erkenning te verleen aan klubs en diegene wat moeite doen om toe te sien dat rolbal uitgebrei word en dat nuwe spelers hul tot die sport wend! Sonder n bietjie aanmoediging en erkenning van prestasies op hierdie spesifieke terrein, sal, soos dikwels in die verlede, rolbal in ons distrik maar net moet voortploeter en vir die beste gevolge duim vashou! Kom, Boland Rolbal, wys asseblief n bietjie inisiatief en probeer n slag uit die pad te gaan om nuwe idees, suksesvolle pogings en geslaagde byeenkomste dié soort erkenning te verleen wat sal meehelp om andere aan te moedig om ook te presteer! Hoekom kry sommige klubs wel nuwe spelers uit hul geslaagde Sakeligas en waarom het sommige klubs leerders wat die sport by hulle beoefen, terwyl andere absoluut niks daarmee bereik nie? STATEBONDSPELE 2022 Die Statebondspele, en dus ook die rolbalspele, vanaf 18 tot 31 Julie 2022 in Durban, Suid-Afrika, gaan plaasvind. Skietgoed wil baie graag, in samewerking met van die lede van die Rolbalklub Robertson, reël dat rolbalspelers uit die Boland die geleentheid kry om dié spele by te woon, die verskillende deelnemers te ontmoet en ook terselfdertyd n rolbalvakansie in kwazulu- Natal hou - en dan ook langs die pad, daar en terug, rolbal speel! Hoe lyk dit, lesers van Raakskoot, stel julle belang? Laat asseblief weet of julle mettertyd inligting wil hê i.v.m. vervoerreëlings (bus) en moontlike huisvesting in die last outpost of the Empire!

Raakskoot/Toucher May 2016 p.9 2016 INTERDISTRIKTE 0/19 Theuns Coetzee Ons het vanjaar n groot uitdaging voor ons gehad met n ongehoorde vyf spanne wat Boland ingeskryf het. Die motivering vir die aantal spanne was om n leerder in elke dorp waar ons Rolbal as skolesport wil vestig, die geleentheid te gee om ervaring van n interdistrikte toernooi op te doen. Sodoende kan hulle as rolmodelle dien vir die leerders in hul onderskeie skole. Vir diegene wat nog enigsins die idee het dat die kinders op n goedkoop vakansie was, dink weer. Ons het die Sondagoggend om 04h00 per bus vanuit Bonnievale vertrek en na n daglange reis ons bestemming in Bloemfontein bereik. Skaars daar geland en al die nuwe dames en menere moet die inhuldigingseremonie deurloop wat al jare lank n instelling is. Dit sluit alle nuwe lede op die toer in, en selfs ouers en bestuurders word nie ontsien nie. Dit beteken dat hulle elke aand en oggend en ook in die mall n mondering moet dra soos op die foto s hieronder so mooi geïllustreer word. Dit is n wonderlike gesonde skepping van Henry en Schalk en dra by tot n trotse Bolandtradisie waar almal deel vorm van n span. Die Maandagmiddag kon ons oefen en Dinsdag en Woensdag het hulle 3 x 15 skofte gespeel. Die Donderdag het hulle reeds om 08h30 begin om n ongekende 4 x 15 skofte te speel. Die Vrydag het hulle een x 15 skofte gespeel, maar toe kon jy sien die kinders was almal lam van moegheid. Ons moes Saterdagoggend om 03h00 weer in die pad val terug Kaap toe en die klomp was so te sê tjoepstil op pad terug. Boland is baie dank aan Henry en Schalk verskuldig wat hul eie verlof neem om terug te ploeg in ons sport se toekoms. Die kinders wat saamgaan keer nie net as beter spelers terug nie, maar leer gedurende die week ook kosbare sosiale lesse, waar stiptelikheid, respek, dissipline en verantwoordelikheid baie sterk figureer. Die kinders neem self deel aan die fines master waar n speler hom skudig maak aan n boete van 50s as hy byvoorbeeld n hoed op het binne-in n gebou. Moenie glo dit is net kinders wat deurloop nie, ons almal word gestraf, met dié verskil, die grootmense moet meer betaal.! Dit skep n klimaat, dat as die Boland spanne by die klub opdaag, jy kan sien: dit is Boland - netjies geklee en almal word vriendelik gegroet. Jaar na jaar word een van ons spelers beloon as Persoonlikheid van die Toernooi. Vanjaar het hierdie eer Cicelia Challis te beurt geval. Op die perk het ons B-spannetjie, met net een speler wat voorheen deelgeneem het, baie moedig baklei en almal se verwagting oortref deur tweede in hul seksie te eindig. Hulle het tot op die laaste n kans gehad met die hoop dat die ander twee spanne wat meeding vir die eerste plek mekaar kon uitskakel, maar dit het nie gerealiseer nie. Henry het die 0/13 spannetjie onder sy vleuel geneem en werk met n langtermynplan met hulle. Volgende jaar is hulle almal nog steeds 0/13 met van hulle wat reeds dan n ongelooflike drie jaar ondervinding agter die blad sal hê. Die uitslae was soos volg Boland A - 7de, Boland B - 2de, Boland C - 8ste, Boland D - 5de en Boland E - 9de. Daar moet in ag geneem word dat ons geen span gelaai het in die eerste vier spanne nie, dit het primêr gegaan oor ondervinding. Ek wil graag n pleidooi lewer aan al ons klubs met leerders: gee hulle die geleentheid in kompetisies om speeltyd op te bou en moenie net hoop dat hulle vir n jaar moet oefen en dan hul beste sal lewer nie.

Raakskoot/Toucher May 2016 p.10 2016 BSA SENIOR INTER DISTRICTS Apart from a wonderful time had by each and every one, for which we are all indebted to Boland Bowls and our excellent Managers, there is one issue that, hopefully, the respective Managers have specifically highlighted in their reports! That is, the rip-off by the host clubs in respect of bar prices at practically all the venues where we played! At certain venues, two different prices were charged, a lesser one for members and a higher one for visiting players and participants in the Inter Districts! Not only did the majority of us have to bear the brunt of personally meeting a high percentage of the transportation and accommodation costs involved, but we also had the privilege of often being charged exorbitant prices for liquid refreshment far above what, certainly those of us from the Western Cape Province, are normally used to paying! Surely the Inter Districts is at least one of the national events during which participants can relax and enjoy the company of fellow players after keen and hard-fought matches? Perhaps those hosting this year s event thought otherwise and perceived an opportunity to strike while the iron was hot? What a pity that big brother could not anticipate the rip-off and do something positive to endear itself to at least 320 senior participants! Martin van Zyl

Raakskoot/Toucher May 2016 p.11 STIMPHMETER / STOP WATCH Rob Mc Duling West Coast Greens Advisory Committee The question being asked is, is the meter accurate over all types and surfaces of greens? What type of research has gone into the timing of a bowl versus the stimphmeter over different running surfaces. For example, a jack and bowl running over a hard compacted surface would give one result, while the same running over, say, a very soft, thickly matted surface would not. The sheer weight of the bowl against that of the jack would allow the jack to run over the top of the lawn while the bowl would sink down into the grass more, thus causing more friction. As we all know from simple mechanics, the forward rolling resistance is caused by friction. Consider a soft thatched green: off a stimphmeter the jack will travel approximately 5 to 6 meters. Over this relatively short distance there is little time for the jack to be affected by any foreign or irregular element. A bowl delivered over 27m is a different situation altogether. The bowl bouncing over uneven grass, sinking into the soft thatch, running through patches of foreign grass etc, will give a better indication of the true running speed of the rink in question. All the above came to a head during the West Coast Zone final of the Boland Senior Singles played at LCE on Wednesday 16March. Six Senior Boland players, playing in the section play-offs to go through to the final in Worcester were expecting to find a green running between 12 to 13 seconds. This is not much to ask for, as most greens by this time of the year have to be slowed down to achieve these relatively slow speeds. To our dismay all six experienced bowlers, (both winners and losers) found the green to be almost unplayable. Singles is a drawing game, showcasing the draw shot. We all estimated the green to be running about 10 seconds, but not more than 11. When this was brought to the attention of the officiating member at LCE a rather uncomfortable discussion took place. We were informed that the green was running at 13,5 seconds. The stimphmeter chart was presented, the distance travelled by the jack converted to 13,5 seconds and that was the end of the story. At that moment the ladies final was still on the go and numerous bowls were timed with a stop watch. I agree they were not all timed over 27m, in fact most were longer than that. We could not get a reading faster than 11.2 seconds. I managed to get to the final and played Ian Rice for the final spot. This is what brought about this discussion of meter against stop watch. We both agreed that the jack was running a lot faster over the surface of the green than the bowl. We both pride ourselves on our ability to deliver the jack to a specific length, but neither of us could stop the jack between 23 and 25m. The jack was running 4 to 5 meters further than planned. On the delivery of our first bowl, however, after laying the jack we both fell 1 to 2 metres short. All players agreed that it was extremely difficult to play the perfect draw shot and all had to play a chop and lie weighted shot to try and get close. The bowl was just not running and had no finish to the draw. In conclusion, I blame the green surface at LCE for our predicament. This green is maintained by the golf course management and although it looks superb and the green staff do a superb job, it is not a bowling green. The requirements for a good bowling green are not the same as for a putting green. There is too much thatch on the green causing it to be soft under foot. I believe this is giving the false stimphmeter reading.

Raakskoot/Toucher May 2016 p.12 2016 ROLBAL SA GEMENGDE PARE KAMPIOENSKAP Die Rolbal SA Gemengde Pare Kampioenskap word vanjaar in Kimberley aangebied van 22-25 Junie. Twintig pare van regoor Suid-Afrika neem deel. Boland word vanjaar verteenwoordig deur n span van Hermanus naamlik, Bruwer Scannell (skip) en Ena Linde (lei.) Santjie en MP Olivier het in 2015 Brons verower toe hierdie kompetisie op Hermanus gespeel is. Ons wens Bruwer en Ena alles van die beste toe en sal hulle vordering met belangstelling dophou.

Raakskoot/Toucher May 2016 p.13 BRONS MANS B-KANT (Agter) Gavie du Toit; Willie de Kock; Ronald Botes; Bryan Chambers; Leon Meyer (Bestuurder) (Voor) Hendre de Wet; Jaco Whiteman; Bräsler van Schoor; Bryan Murray Die Boland 2016 Mans B-Kant vat die pad Port Elizabeth toe. Daar is n paar nuwe gesigte in hierdie kant en die Bestuurder is ook splinternuut. Die Sondag voor die Toernooi word op n paar perke geoefen. Die eerste wedstryd Maandagoggend is teen Mpumulanga. Gavie du Toit se span van Bryan Murray, Bryan Chambers en Willie de Kock wys dat hulle ernstig is en tel n agt punte op uit n moontlike 13. In die volgende wedstryd wen die een span en die ander verloor, maar die skoot verskil maak dat Boland die drie bonuspunte optel teen die altyd gedugte, Johannesburg Bowling Association se kant. Aan die einde van daardie eerste aand maak Gavie du Toit die opmerking dat n halwe punt n verskil kan maak om uit te speel vir Goud, al dan nie. Praat van voorspellings wat waar kom! Dwarsdeur die week bly die Boland B-kant onder die voorste in hul seksie. Die Donderdagmiddag is dit ons en Gauteng Noord. Meer spannend kon dit nie wees nie - albei kante eindig met dieselfde aantal punte en deel dus die bonus punte. Na die laaste wedstryd Vrydagoggend eindig die Boland B-kant met 81½ teenoor JBA se 82! Hierdie halwe punt beteken ons verwerf Brons in plaas daarvan om uit te speel vir Goud! Wie sê Rolbal is nie n wrede sport nie! Almal het die toernooi baie geniet en sien uit na die volgende Interdistrikte. Leon Meyer Spanbestuurder

Raakskoot/Toucher May 2016 p.14 Put on your thinking cap and don t play IDIOT SHOTS! DON T... Bowl narrow when you are holding shot Bowl short or wide when you are shot down Drive when you have only one bowl in the head Try to knock out the opposing Lead s bowl that is lying shot Block your path to the jack with a short bowl Ignore the request of your Skip and play your own choice of hand Play a wrong bias Play your last bowl of the game when you already have the winning number of shots in the head Contrary to advice, choose not to play the percentage shot Drive for show, rather than draw for dough Marina van Wyk Convenor: Boland Coaches STOP PRESS Barrydale up and about once again! Through the fine efforts of, inter alia, Dave Simpson, Chairperson of the Barrydale Sports Club a special all-day bowling event is being planned for Saturday, 28 May 2016. Please, if anyone can help to provide a team of four (mixed), you would be more than welcome to contact Dave immediately. Readers, please let s try to help in getting Barrydale back where it belongs! dave@cyclingadventures.co.za 028-572 1845/084-762 6456

Raakskoot/Toucher May 2016 p.15

Raakskoot/Toucher May 2016 p.16 Kallie Haupt; Anneke Snyman; Ezile Fourie; Elzaan Pienaar; JD Wentzel; Schalk Mouton (Bestuurder) 2016 INTERDISTRIKTE O/25 Ons 0/25-span het nog eens n medalje ge-oes, weliswaar nou nie die Goud, waaraan ons die afgelope paar jaar gewoond geraak het nie, maar hierdie keer Brons. Daar moet in gedagte gehou word dat, voor die laaste bal van die semi finaal afgelewer is, Boland se plek bespreek was in die finaal. Maar, soos ons rolbal ken, lê dit nie net in jou eie hande nie. Die opposisie se skipper kom met n wonderskoot vorendag en hulle glip deur. Anneke het so tong in die kies deurgegee dat sy so bly was dat sy ook n slag n finaal kan bywoon as n toeskouer. Ons bly trots op hulle en hulle is vir seker ons jonges se rolmodelle. Dié wat dink die toernooi vind op n eiland plaas dink weer, die toernooi was verantwoordelik vir meer as 50 000 facebook hits op BSA se webblad. Krediet aan almal vir al die data en foto-plasings van ouers en belangstellendes tuis. So tussendeur al die speel het Natal, Suid-Vrystaat en Namibië laat weet dat ons hulle moet nooi na die Envar Buys Toernooi, hulle is reg om vir ons hier in die Wes-Kaap te kom kuier. Dit sal sekerlik opslae maak en ons sien baie uit daarna. Ons jong spelers se ambassadeurskap het die gevolg gehad dat almal teen ons wil kom speel! Baie dankie aan Henry, Schalk en ook Linda Brown vir wie dit vanjaar n ysbreker was as ouer van agt kinders vir n volle week in die son as keurder en bestuurder - ons is trots op julle! Die ouers wat elke aand moes luister hoe ons planne maak vir die volgende dag - dankie vir julle geduld. Goed gedoen almal! vir n goeie 2016 Interdistrikte. Theuns Coetzee

Raakskoot/Toucher May 2016 p.17 AN OFFER YOU JUST CAN T REFUSE!! Size 5 Bowls cut down to size, so to speak, and recycled as size 00 bowls! That is the offer from Bowls SA and all Boland clubs have received a letter inviting them to take up this offer. The cost to clubs for a set of four bowls, recycled in this way, will be R400. After this initial exercise size 6 bowls will be cut and recycled as size 01 bowls. This will mean that all clubs will be able to introduce school going youngsters to the sport of Bowls without the complaint that they do not have enough small size bowls available! All clubs are urged to make use of this offer by letting the Secretary of Boland Bowls know how many sets you wish to have converted in this way. For logistical reasons bowls will be handled via districts only (not individual clubs). Rolbal SA bied aan alle klubs die geleentheid om rolballe wat te groot is en dus nie gebruik word nie en iewers op n solder stof vergader, te laat herwin as 00 balle! Alle Boland klubs het reeds n brief ontvang waarin hulle uitgenooi word om gebruik te maak van hierdie aanbod. Die koste vir n stel van vier balle is slegs R400. Na hierdie aanvanklike proeflopie sal nommer 6 rolballe deur die snyproses herwin word as nommer 01 balle. Hierdie inisiatief van Rolbal SA beteken dat klubs wat graag Rolbal as n sport aan skoolgaande kinders wil bekendstel, nie meer sal kan kla dat hulle nie klein genoeg balle beskikbaar het nie. Alle klubs word dus aangeraai om sonder verwyl te laat weet hoeveel stelle balle hulle wil laat herwin. Vir logiestieke redes sal balle net van distrikte ontvang word (nie individuele klubs nie). BOLAND SAKELIGA WENNERS MAINTENANCE MAN is die wenners van die 2016 Boland Sakeligakompetisie. Maintenance Man was een van 40 spanne wat om die titel van Sakeligaspan van Hermanus meegeding het. Van links na regs is Johan de Jager, Loudi Vorster, Dirk Wiese en voor Bekker van Rensburg saam met Theuns Coetzee.