GEBEURE RONDOM DIE DOOD VAN CLODIUS EN CICERO SE VERDEDIGING VAN MILO

Similar documents
News Flash. 6 September Dear Members

Special News Flash LIGA KAMPIOENE MAAK GESKIEDENIS

BUITEMUURSE EN VAARDIGHEIDS-ONTWIKKELINGSPROGRAM KWARTAAL : GRAAD 1 EN 2

THE MORALITY AND ETHICS OF HUNTING: TOWARDS COMMON GROUND

WE DID IT AGAIN.! The Jolliest Bus trophy 3rd year in a row

2015 HEREFORD SHOW. Class/Klas 1 : Heifer, 9 and under 12 months / Verse, 9 en onder 12 maande

Core exercises/ Kernspiere - oefeninge

Van af die Voorsitter

We had 1500 kids there, most of them came from Safety homes and orphanages around Johannesburg and some came as far as Soshanguve, Pretoria.

News Flash MESSAGE FROM THE PRESIDENT/ BOODSKAP VAN DIE PRESIDENT VOLMAAKTE GELUK. 11 December 2013

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE

PLEASE NOTE THESE IMPORTANT CHANGES TO THE HANDICAPPING MANUAL (EFFECTIVE 1 APRIL) Handicap Manual Changes Effective 1 April 2013

BRIEFING DOCUMENT FOR THE BOLAND TEAM 2018 SA CROSS COUNTRY CHAMPIONSHIPS. 8 SEPTEMBER Nelson Mandela University Port Elizabeth

BRIEFING DOCUMENT FOR THE BOLAND TEAM 2017 SA CROSS COUNTRY CHAMPIONSHIPS 9 SEPTEMBER NWU-PUKKE SPORTS FIELD POTCHEFSTROOM

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (Northern Cape Division)

World Bowls schedule

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE

DANS AFDELING DANCE SECTION

IRENE NEWS. 24 September No The following members earned medals at the AGN Racewalking GP: Sandra Steenkamp Danie Labuschagne

Afrikaanse Hoër Seunskool in samewerking met die Universiteit van Pretoria

EMPOWERMENT: POTENTIAL LEADERS: 2015

RUGBY / NETBAL / HOKKIE

53479 The death Acre (Doodsakker)

Hoërskool Roodepoort

NO 15 WESKUS TAK WESKUS BRANCH MALGAS NUUS/NEWS. 7 Februarie 2018

Kenridge Hockey Newsletter Term

18 SEPTEMBER Congratulations to the following staff member who will be celebrating his birthday during the coming week:

Uniondale-Medium Langkloof Uniondale Willowmore

Behind the Backline Agter die Backline

SA BEAMPTERAAD EKSAMEN VRAEBANK SA OFFICIATING COUNCIL EXAMINATION QUESTIONNAIRE

PINZGAUER & PINZ²YL GENOOTSKAP/SOCIETY

SENEPOL NEWS. Algemene Senepol Nuus. Senepol The right breed for our time July Nu usb rief / News letter

FROM THE HEADMASTER SPORTMANSHIP SCHOLARSHIP CONDUCT

Deur Christus Alleen

ESKOM TRANSMISSION MATIMBA B MARANG, DINALEDI & DELTA-EPSILON PROJECTS PUBLIC MEETING 7 MARCH 2007 / 7 MAART 2007 VAN WYKSKRAAL LAERSKOOL - MAKOPPA

7. Finansiële state en geouditeerde rekeninge vir die finansiële jaar 1 Oktober to 30 September 2015

Speelreëls. Rules of Play

Congratulations to the following members who were podium finishers at the Run for Bibles race on Saturday:

2016/17 REGLEMENT C REGULATION C JUKSKEI SA. SPEELREëLS GAME RULES

BOWLS SOUTH AFRICA. Message from the President. April Piet Breitenbach

2015/16 REGLEMENT C JUKSKEI. SPEELREëLS

Tina Cowley reading centre 25 April

VOORDELE QUO VADIS? n Voëltjie met. Game ranching. Wettige wildsvleis

ONS REIS NA GOUD. Kwartaalblad van Boland Rolbal Quarterly Bulletin of Boland Bowls May Annette vd Sandt

DG NEWSLETTER. District 410D December 2017

MENLO PERDESPORTSKOU 2019

RUGBY / NETBAL / HOKKIE

Arrival on Thursday before commencement of course are optional. The rate is R580 per person for Thursday dinner, bed & Friday breakfast.

CHIEF MARKER S REPORT

Basiese beginsels van meetkunde: Punte, lyne en hoeke *

CHASA Sportskiet / CHASA Sport Shoot. CHASA Sportskiet / Shoot Version /03/2014 Authors: Elmo Scheffer, Siegfried Liebner

FarmVet AMITRAZ 20 % Reg. No. G0000 Act 36/1947. Emulsifiable concentrate/emulsifiseerbare konsentraat

General information Country Trax Amersfoort, Mpumalanga

South African Maritime Safety Authority

THE SUPREME COURT OF APPEAL OF SOUTH AFRICA

LAERSKOOL ROODEKRANS SENIORFASE GRAAD 7 AKADEMIESE INLIGTING JANUARIE 2018 AKADEMIESE HOOF (DPS): ME. SUZANNE FOURIE

GANSBAAI GHOLFKLUB/ GOLF CLUB

Nuusbrief 17 van 2018

South African Maritime Safety Authority

Skoolkoerant van die Hoërskool Brackenfell Maart 2011

FROM THE PRESIDENT S OFFICE/UIT DIE PRESIDENT SE KANTOOR

FROM THE HEADMASTER SPORTMANSHIP SCHOLARSHIP CONDUCT

Nuusbrief / Newsletter June 2015


2018 PUREBRED & PART-BRED ARABIAN GAUTENG CHAMPIONSHIPS

GANSBAAI GOLF CLUB / GHOLFKLUB

AKSIE. ANDER LEDE VAN DIE RAAD Rdh. A De Vries [DA] : Speaker

GANSBAAI GHOLFKLUB / GOLF CLUB

WinkerkReader vir Android kan:

SHELLEY POINT NEWS. A community newsletter dedicated to fostering a sense of community and the free flow of information at Shelley Point

GANSBAAI GHOLFKLUB/ GOLF CLUB. Nuusbrief 23 Februarie Newsletter 23 February 2017

Comment Date & Event Raised by Response

2 No PROVINCIAL GAZETTE, 16 APRIL 2018

CHESS congratulations to Ameer Kadir and Anchen Smith who have both

* APRIL 2018 *

Die amptelike kwartaalblad van die leerders van Paul Roos Gimnasium. Official quarterly of the pupils of Paul Roos Gymnasium

ESKOM TRANSMISSION MATIMBA B MARANG, DINALEDI & DELTA-EPSILON PROJECTS FOKUS GROEP VERGADERING 17 APRIL :00 VEILINGSKRALE - SENTRUM

NSC 2015 CHIEF MARKER S REPORT

TOERGIDS ~ 2017 ~ TOUR GUIDE Inhoud Content

OMSENDBRIEF : 03/ Maart Geagte Ouers

19 PARK SEWESTOERNOOI PARK SEWESTOERNOOI BY Laerskool Park. Sewes Toernooi

RAAKSKOOT TOUCHER BOLAND SAKELIGA FINAAL. Kwartaalblad van Boland Rolbal Quarterly Bulletin of Boland Bowls Mei / May 2017

GANSBAAI GOLF CLUB / GHOLKLUB

8. Description points Discussion points Competition results Winners of competitions Awards 149

General information: Dirt Bike Training Weekend Country TRAX Amersfoort, Mpumalanga

COMMENTS AND RESPONSE REPORT 1 Issues Relating To The Listed Activities Only PROPOSED UPGRADE OF LOUIS FOURIE ROAD (TRUNK ROAD 33/1), MOSSEL BAY

T u l i j o u r n a l

The friendly Club. Start training with a goal in mind! That is what is required to become stronger and faster.

2018 SIMMENTALER SKOUKLASSE

BIG GAME CORNER 49 From the editor: Hunting, game & ammunition 50 Africa land of big-game hunting Part 1. Uit die Woord

COUNTRY TRAX Jan du Toit chief instructor

HUNTING PACKAGE AUCTION NOVEMBER :30 15:00 ATTERBURY THEATRE, LYNNWOOD BRIDGE, 4 DAVENTRY STREET, PRETORIA

TO THE POINT (10) Issue 10 December/January 2005

Lees alles oor die nuwe afbakening op bladsy 5

BGN SENIOR PLAYERS ASSOCIATION BGN SENIOR SPELERS VERENIGING

2016/17 REGLEMENT O REGULATION O JUKSKEI SA SKEIDSREGTERS UMPIRES

SUNDAY / SONDAG 18 MARCH 2018 MONDAY / MAANDAG 19 MARCH 2018

IRENE NEWS. 27 June No

The 87th rendition of the men s fours AYALA Classic held at Hermanus Bowling Club and

DISTRICT GOVERNOR S NEWSLETTER DISTRICT 410 D DISTRICT GOVERNOR HERMAN SMIT

Transcription:

los HOOFSTUK VII GEBEURE RONDOM DIE DOOD VAN CLODIUS EN CICERO SE VERDEDIGING VAN MILO ~ Gebeure random die dood van Clodius, 'n man wat nie bestem was om in 'n b ed te sterf nie, het plaasgevind te midde van feitlik algehele anargie sedert 54 v.c. "Ambitus" was aan die orde van die dag en die tribune se vetoreg is meer misbruik as gebruik. As gevolg hiervan het die verkiesings van 53 en 52 begin met 'n "interregnum". Die kroniese wanorde en regeringsloosheid in Rome het opgelaai tot 'n openlik~ stryd tussen Clodius en Milo wat sy klimaks berei k het in die dood van Clodius gepaard met chaos en brandstigting waartydens indiwidue die wet en orde in eie hande geneem het. Die optrede van Pompeius om hierdie chaos te beeindig was genoegsaam om Rome te kalmeer tot die uitbreek van burgeroorlog t ussen hom en Caesar. Sy optrede het 'n noodgedwonge koal isie tussen hom en die senaat tot gevolg gehad - i ets wat nie die goedkeuring van Caesar en Crassus, die ander lede van die Triumviraat sou wegdra nie, alhoewel Crassus reeds op hierdie stadium gesneuwel het. Dit kon blykbaar die begin wees van die breuk tussen Caesar en P.ompeius. Die onmiddellike oorsaak van die finale botsing tussen Clodius en Milo was sekerlik hulle onderlinge geskille m.b.t. die verkiesingsveldtog. Milo was dieselfde tyd kandidaat vir die konsulaat as wat Clodius vir die praetorskap was (52 v. C. ) : "Occurrebat ei (Clodio) mancam et debilem praeturam fut uram suam consule Milone; eum porro summo consensu populi Romani consulem ieri

videbat... ~ Cicero skryf dat Clodius.. pal am agere coepi t d. 'd d M'l 112 et aperte 1cere occ1 en um 1 onem. 0 m d a t M'l 1 o di e steun van die 11 boni 11 gehad het asook die van die volk (danksy die groot somme geld wat hy aan publieke spele bestee het) was hy 'n sterk kandidaat. ~06 Milo se opponente was Plautius Hyps~eius, Pompeius se gewese quaestor en Quintus Caecilius Metellus Pius 11 Scipio Nasica, die skoonvader van Pompeius. Pompey was backing these two against Milo, once his powerful helper against Crassus and Clodius, but since Luca the optimate opponent of the triumvirs, while Clodius was backing Pompey's candidates against Milo, seeing that his own praetorship would be valuel ess if Milo were consul. 113 Marsh beweer dat Pompeius se optrede ook toe te skryf is aan sy vrees dat indien Milo verkies sou word, die senaat 4 se vryheid van optrede herstel sou word. Ook toe Milo in 54 v.c. vir Pompeius om steun vra, het laasgenoemde sy steun aan 'n ander kandidaat belowe: 11 Pompeius ei (= Milo) nihil tribuit e t omnia Guttae, dicitque se perfecturum ut illo Caesar incumbat. 115 Die vyandskap tussen Cl odius en Milo dateer eintlik al sedert 57 v.c. - 'n vyandskap gegrond op aanklagte van geweld. 11 Tamen se Milo continuit et P. Clodium in iudicium bis, ad vim numquam vocavit... 7 Natuurlik het die terugroeping van Cicero uit sy verbanning ook hernude vyandskap tussen Clodius en Milo laat opvlam omdat Milo ~. Op. cit. Cic. Pro Milone 9 ~ cf. 12, 13, 16. 2. Ibid. 9. 3. Op. cit. Stockton p. 218~ cf. Rawson p. 137~ Marsh p. 217;.Strachan Davidson p. 286; Cic. Pro Milone 9. 4. Cf. Marsh p. 217. 5. Op. cit. Cic. Ad. Quintum Fratrem 38, 6. 6. Cf. Gruen p. 294-298; Greenidge p. 353~ Stockton p. 202; Watson p. 135~ Lintott p. 8; Holmes p. 66-68; Dio 39, ~8; Cic. Pro Sest io 77. 7. Op. cit. Cic. Pro Milone 1 5; cf. Pro Sestio 95.

l07 openlik ten gunste van Cicero se terugroeping was en Clodius dit met alle mag teengegaan het. Omdat beide Clodius en Milo oor gewapende bendes beskik het en albei voorstaanders was van geweld en omdat hulle voortbestaan grootliks afhanklik was van geweld en omkopery, is dit voor-die-hand-liggend dat hulle wel een of ander tyd in 'n wapenstryd sou bots. Beide het die tqestand van anargie in Rome ten volle uitgebuit. Die aard van die stryd tussen Clodius en Milo le hierin dat Clodius dit vir homself ten doel gestel het om Milo se sukses te voorkom deur _verkiesings onmoontlik te maak terwyl Milo staatgemaak het op sy ou taktiek deur bendes daar te stel. So het straatgevegte 'n daaglikse verskynsel geword. Reeds i n 57 v.c. voorspel Cicero al die dood van Clodius as hy skryf: "Miranda virtus (Milo s'n) est. Comitia fore non arbitror; reum Publium, nisi ante occisus erit, fore a Milone puto; si se in turba ei iam obtulerit, occisum iri ab ipso Milone video. Non dubitat facere... " 8 Hieruit kan ons aflei dat Milo moontlik moordplanne teenoor Clodius gekoester het. Op die agtergrond was daar die politiek en handelinge van Cicero en die prestige van Pompeius. Die aristokrasie het gedurig gepoog om Clodius te beheer en om Pompeius se beeld te verkleineer en om sy bande met die ander lede van die Triumviraat te verswak. Gruen is van mening dat die aristokrasie se politiek geslaag het in soverre dat Pompeius en Clodius frustreerd begin raak het. 9 8. Op. cit. Cic. Ad. Att. IV 3, 5; cf. Cic. Pro Milone 9, l2, l3, ~4, 20, 2l. 9. Cf. Gruen p. 305.

Omdat Cicero en Pompeius albei betrokke was by die stryd tussen Clodius en Milo en veral met die verhoor van Milo, moet ons kortliks kyk na die verhouding van eersgenoemdes tot laasgenoemdes en hoe en waarom hulle gesindhede teenoor mekaar verander het. Sedert 57 v.c. was Milo 'n getroue volgeling van Pompeius. Gruen sien Milo as 'n militere handlanger van Pompeius in laasgenoemde se stryd teen Clodius. 10 t Volgens Cary was dit eintlik 'n stryd tussen Pompeius en Clodius en Milo was slegs 'n instrument van Pompeius om Clodius in 11 eie munt terug te betaal. In 56 v.c. het Pompeius vir Milo verdedig in laasgenoemde se stryd teen Clodius "only to be abused and shouted down." 12 Milo se straatmoleste het Pompeius se steun geniet. Gruen som die driehoek tussen Pompeius, Milo en Clodius soos volg op: "Pompey Magnus, whose presti ge had suffered most at Clodius' hands, led the way, moblizing his sources and organizing supporters like Milo and Sestius to collect bands and defy his inimicus." 13 Cicero, aan die anderkant, het weer daarna gestrewe om Pompeius weg te rokkel van sy metgeselle in die Tri umviraat: " and Clodius remained recalcitrant and influential."l3 108 In 54 v.c. het daar nou 'n skeuring tussen Pompeius en Milo ontstaan. Reeds in 57 v.c.. het Pompeius aan Milo die konsulaat belowe. Nou in 54 v.c. het Milo druk op Pompeius begin uitoefen om sy belofte na te kom, maar Pompeius was oortuig daarvan dat Milo se invloed en hulp nie meer nodig was nie. Boonop het die konferensie te Luca aan Pompeius nog meer sekuriteit verskaf.~ 4 Die J.O. Cf. Gruen pp. 64, 108; Cary p. 390. 11. Cf. Cary p. 390; How p. 148; R. E. Smith p. 168. 12. Op. cit. Grue n p. 173. ~3. Op. cit. Gruen p. 294. J.4. Ibid. P 150.

~09 keuse van Milo as konsul sou 'n ernstige bedreiging wees vir Pompeius se uitvoering van sy fyn deurdagte doelstellings om diktator te word, hoewel hy dit ontken: "Pompeius plane negat velle; antea mihi ipse non negabat. Hirrus auctor fore videtur Hirro tamen agente nolle se non probabit."ls ~ Intussen het Clodius meer bevriend geraak met Pompeius. "The fickle but powerful Clodius transferred allegiance to Pompey, but the bitterness with Milo remained unaffected. " 16 Dit, meen Gruen, hetdie verhouding tussen Pompeius en Milo vertroebel. 16 Milo het hom egter nie van stryk laat bring nie en staatgemaak op ander vriende waaronder Cicero, wat baie aan Milo verskuldig was.~ 7 Milo het ook die steun van Caelius, Cato en menige invloedryke aristokrate wat elke geleentheid aangegryp het om Pompeius in te doen, geniet. Sodoende was Milo taamlik verseker van sukses: "habemus haec omnia... ~ 8 Nou, na die dood van Clodius, het Pompeius des te meer die koue skouer vir Milo gegee. kan hiervoor aangevoer word: Die volgende redes "As a showcase for his new judicial structure, Pompey had decided to make an example of Milo." 19 Soos reeds beskryf was Milo 'n instrument van Pompeius om Clodius teen te staan en noudat Clodius uit die weggeruim was, het Pompeius nie meer hierdie instrument benodig as deel van sy plan om sy doel te bereik nie. ~5. Op. cit. Cic. Q. Frat. III 8, 4. 16. Op. cit. Grue n P 150; cf. R.E. Smith pp. 190, ~94 Marsh p. 217. 17. Vide pp. 111, 112. 18. Op. cit. Cicero Ad Faro. 2' 6, 3. ~9. Op. cit. Gruen p. 338; cf. P 342.

Dit bring ons by die vraag: wie het Milo voor die hof gedaag oor die moord op Clodius? Feitlik alle skrywers is dit eens dat Pompeius 'n groot aandeel daarin gehad het. "Sed me recreat.. Cn. Pompei... consilium, qui profecto nee iustitiae suae putaret esse,... d ' t d'd' t " 20 St k quem reum sententlls lu lcum ra l lsse. octon beweer dat "the attack was launched with Clodius' young nephews (the sons of his dead brother Gaius) to the fore, but with the weight of Pompey behind them." 21 Stockton vermoed ook dat Pompeius se optrede toe te skryf is aan sy vrees vir 'n alliansie tussen Caesar en Milo. 21 Sommige skrywers is die mening t oegedaan dat Pompeius 'n ondersoek na die dood van Clodius gelas het, ten einde verdere chaos en wanorde te voorkom. 22 Rawson se dat Pompeius se optrede toe te skryf is aan sy vrees vir Milo. 23 Ons moet egter onthou dat.daar algehele chaos geheers het na die dood van Clodius en dat Pompeius se hulp ingeroep is om wet en orde te herstel, aangesien hy oor die outoriteit en troepe beskik het. it Milo se verhoor was dus maar deel van Pompeius se groot onderneming. "Itaque prima factum erat S.C. ut interrex et tribuni plebis et Cn. Pompeius, qui pro cos. ad urbem erat, viderent ne quid detrimenti res publica caperet, dilectus autem Pompeius tota Italia haberet." 24 20. Op. cit. Cic. Pro Milone 1; cf. Hilone 6, 8; cf. Gruen pp. 154, 338; cf. Strachan Davidson p. 286; Scullard p. 124. 21. Op. cit. Stockton p. 224. 22. Cf. C.A.H. deel IX p. 625; R.E. Smith p. 196. 23. Cf. Rawson p. 138. 24. Op. cit. Ascon 34; cf. Plut. Cic. 35; Cic. Pro Milone 26; Ta c. An. 3, 28; Abbot p. 1~4; Greenidge p. 390; Cary p. 392; Marsh p. 2~6; C. A.H. p. 624.

Dit het o.a. beteken dat die ou Romeinse konstitusie alreeds op sy sterfbed was. Pompeius was natuurlik aanvanklik ten gunste van geweld sodat sy hulp later ingeroep moes word om orde te herstel. Cicero skryf in sy Pro Milone (hoofstukke 6-8) dat Pompeius deur die omstandighede gelei is om die saak te laat ondersoek. Gruen meen dat Pompeius besluit het om 'p voorbeeld van Milo te maak. 25 Cicero se motiewe om Milo te verdedig werp hier meer lig op eersgenoemde se stryd teen Clodius. Blykbaar was Cicero se hoofmotief uit dankbaarheid vir. 26 Mil o se lojaliteit jeens hom sedert 57 v.c. en veral tydens Cicero se stryd teen Clodius: "beneficium sequor.. non causam, ut in Milone." 27 Ons moet onthou dat Cicero se verdediging van Milo, wat bo alle twyfel skuldig was, nie 'n maklike taak was nie, veral nie te midde van Pompeius se grimmige soldate nie. Afgesien van die feit dat Clodius nou uit die weggeruim was en nie meer 'n bedreiging vir Cicero was nie en dus ook nie meer vir die rus en vrede van die Republiek nie, is dit duidelik dat Cicero nog 'n behoefte gehad het om Clodius te veroordeel en sy skuld te bewys. Cicero se Pro Milone is vol voorbeelde hiervan. 28 Miskien het Cicero besef dat hy besig was met 'n verlore saak, maar blykbaar het sy verdediging nie soseer gegaan om Milo as om Clodius nie. Of het dit dalk in 'n sekere sin om Pompeius gegaan? Na my mening het twee sake Cicero gedryf om Milo te verdedig.nl. haat en dankbaar- 25. Cf. Gruen p. 337. 26. Cf. Stockto n p. 218; Stracha n Da vidson p. 288; Havel p. 510; L.R. Taylor p. 36; Rawson p. 130; R.E. Smith p. 197; Grue n pp. 151, 341; C. A.H. vol. IX p. 624. 27. Op. cit. Cic. Ad. At t. IX 7, 2. 28. Vide p. 114.

heid - 'n minstens nege-jaarlange haat teenoor Clodius hoewel hy nou reeds dood was e n dankbaarheid teenoor Milo. Cicero geniet ook die steun van Cato en sy vri ende wat daarop uit was om Pompeius se doelstellin gs te dwarsboom. Een van Cicero se hoofargumente ter verdediging van Milo was dat Clodius se dood tot voordeel van en in belang van die Republ iek was. 29 6. Cicero, die meester wat sy toehoorders se gevoelens kon beheer soos 'n groat musikant die snare van sy lier kan reguleer, se verdediging van Milo was, teenstrydig met meeste van sy ander sake, nie geslaagd nie. Hier was Cicero se optrede teleurstellend en het hy minder oortuigend voorgekom as gewoonlik: "non eagua solitus erat constantia dixit." 30 Die opvallendste rede hiervoor was "the howls of the Clodians, the packed ranks of Pompey 's soldiers, the atmosphere of crisis." 31 Cicero skryf self: "Silent enim leges inter arma." 32 112 Plutarchus meen dat een van die hoofredes vir Milo se veroordeling was dat hy nie gerou het nie en ook nie soos gewoonlik sy hare laat groei het nie. 33 Dit is ook duidelik dat Milo se saak reeds verlore was voordat dit bepleit was, want die woede van die volk was voldoende om 'n veroordeling te bewerkstellig, veral onder die omstandighede van vyandskap en intimidasie. Boonop het Milo nie onskuldig gepleit nie en sy opdrag aan sy manne om Clodius dood te maak, was op hierdie stadium openlik en alom bekend. 29. Vide p. ~16. 30. Ascon. (Clark) 42. 31. Op. cit~ Stockton p. 224; cf. Scullard p. 124; Gruen pp. 339, 341; Lintott p. 91; Rawson p. 138; R.E. Smith p. 197; Ca rcopino p. 257; Watson p. 148; Plut. Cic. 35; Schol Bob. 112. 32. Op. cit. Pro Milone 4. 33. Cf. Plut. Cic. 35; cf. Cic. Pro Mi l one 35.

.ll3 Milo is skuldig bevind deur 'n stemming van 38 teen.l3 - dit kan 'n aanduiding wees dat die jurie oorwegend van mening was dat Milo se teenwoordigheid in Rome 'n ernstige bedreiging was vir die algemene rus en vrede en dat dit nou vir eens en vir altyd wortel en tak uitgeroei moes word. Caesar was nie ten gunste van Milo se verbanning nie, maar later toe hy vir Pompeius in die burgeroorlog uit Italie verdryf het, en tn groot aantal bannelinge se regte herstel het, was Milo nie onder hulle nie. Hieruit kan ons aflei dat Caesar nog v!r Milo was toe Pompeius 'n bedreiging was, maar met Pompeius uit die weg geruim, het Caesar nie meer omgegee vir Milo nie en het hy miskien vir Milo as ' n bedreiging beskou. Die feit dat Cicero na die verhoor 'n verbeterde toespraak geskryf het, toon vir ons dat hyself moes besef het dat sy eintlike verdediging nie geslaagd was nie. "Scripsit vero hanc quam legimus ita perfecte ut iure prima haberi possit." 34 Rawson gaan selfs so ver om te skryf dat die Clodiese tribune op die dag van die verhoor die volk aangespoor het om toe te sien dat Milo nie ontsnap nie en die indruk te skep dat Cicero verantwoordelik was vir Clodius -s-e dood. 35 Dat daar groot reaksie op die dood v a n Clodius was, is nie te betwyfel nie. "The death of Clodius caused intense excitement amongst the lowest classes in Rome." 36 "His death shook the Rep'ublic. " 37 Nie alleen omdat Clodius talle aanhangers onder die lede van die "populus" 34. Op. cit. As con~ 42. 35. Cf. Rawson p. 138. 36. Op. cit. Strachan Davidson p. 286; cf. L.R. Taylor p. 148. 37. Op. cit. C.A.H. IX p. 625; cf. Cic. Pro Milone 33.

gehad het nie, maar die wyse van die moord was so wreed en koelbloedig, dat di t verontwaardiging en \veers in gewek het, selfs by diegene wat 'n vyandige gesindheid teenoor Clodius gehad het. So heftig was die reaksie op Clodius se dood, dat tesame met die verbranding van sy liggaam (netsoos in die geval van Caesar in 44 v.c) die 38 Senaatshuis in die slag gebly het. "Incendium curiae ~ maiorem aliquanto indignationem civitatis moverat quam interfectio Clodi." 39 114 Cicero se verdediging van Milo soos ons dit vind in sy Pro Milone, werp heelv.;at lig op die aard van sy vete met Clodius. Soos reeds beskryf (vide p. 111) het hierdie vete blykbaar daartoe bygedra dat Cicero onderneem het om Milo te verdedig, want hier was weer eens 'n geleentheid om in die openbaar uiting te gee aan sy wrok teen sy "inimicus". cicero beskryf sy haat teenoor Clodius soos volg: "odio mearum inimicitiarum inflarnrnatus," 40 en hy sien Clodius as "communis omnium ille hostis." 40 Hy meen dat woorde ontbreek om Clodius se swakhede en gebreke te beskryf: "Non potest dici satis, ne cogitari quidem, quantum in illo sceleris, quantum exiti fuerit." 40 As voorstaander en handhawe r van wet en orde meen Cicero dat geen wet instaat was om Clodius te beteuel nie: "ei us furores, quos nullis iam 41 legibus, nullis iudiciis frenare poter amus." Volgens Cicero is hy nie by magte om Sextus (wat die leiding geneem het toe Clodius se liggaam verbrand is) te prys 38. Cf. Cic. Pro Milone 5; cf. Syme p. 39; Cary p. 392; Rawson p. 138; C.A.H. p. 624; Strachan Davidson p. 138; As con 34. 39. Op. cit. Asco~ 34. 40. Op. cit. Pro Milone 29. 41. Op. cit. Pro Milone 28.

vir sy daad nie, maar dat hy definitief nie kwaad is vir Milo nie. 42 Hy sien Clodius as sy grootste vyand: "inirnicissirnurn." 43 115 Cicero ontsien nie Clodius se koelbloedige dood as hy die volgende beledigings tot horn rig nie: quam cum sorore gerrnana nefariurn stuprurn fecisse; fl. qui regna dedit adernit; eurn qui plurirnis caedibus factis; "Clodium eurn eurn cui nihil urnquarn nefas fuit nee in facinore nee in libidine. eurn cui iarn nulla lex erat; nullurn civile ius; nulli possessionurn termini qui non calurnnia litiurn etc." 44 Clodius se sterfplek word met sy entering van die Bona Dea geassosieer orndat die twee gebeurtenisse byna op dieselfde plek plaasgevind het en dan korn Cicero tot die gevolgtrekking dat dit eintlik die gode self is wat Clodius geruineer het: "Nisi forte hoc etiarn casu factum esse dicernus, ut ante ipsurn sacrariurn Bonae Deae.. ante ipsarn, inquarn, Bonarn Dearn, cum proeliurn cornrnisisset, prirnurn illud volnus acciperet quo taeterrirnarn mortem obiret, ut non absolutus iudicio illo nefario videretur, sed ad hanc insignern poenarn reser- 45 ' vatus." Die woede van die gode het selfs veroorsaak dat Clodius geen eerbare ~egrafnis gehad het nie. 46 Die gode het die idee in Clodius se kop geplant om 'n hinderlaag vir Milo voor te berei waarin hyself sou ornkorn, rn.a.w. Clodius sou self nie sterf nie, as dit nie vir die gode was nie: ~aliter perire pestis illa, non potuit nurnquarn illurn res publica suo iure esset.. 47 u lt a. 42. Cf. Pro Milone 13. 43. Op. cit. Pro Milone 13. 44. Op. cit. Pro Milone 27. 45. Op. cit. Pro Milone 31; Ibid. 33. 46. Cf. Pro Milone 32. 47. Op. cit. Pro Milone 33.

Cicero se verbittering teenoor Clodius is so groat, dat hy glo dat indien Pompei us die mag sou he om Clodius weer te laat lewe, hy dit n i e sal doen nie want "propter rem publicam non fecisset." Hoewel Pompeius self amptelik neutraal gestaan het tydens die verhoor, is dit algemene kennis dat hy gehoop het op 'n veroordeling. Cicero probeer sy uiterste bes om hierdie pynlike feit ~ te vermy, maar sy eie getuienis bewys die waarheid daarvan as hy skryf: "qua de.nique ille facilitate, qua humanitate tulit contentiam meam pro Milone adversante interdum.actionibus suis." 48 116 Vir die soveelste keer word dit duidelik dat Clodius se bedreiging vir Cicero se "res publica" grootliks bygedra het tot die Cicero/Clodius vete. Een van Cicero se hoofargume nte in Cicero se verdediging van Milo is dat laasgenoemde 'h guns aan die' staat bewys het toe hy Clodius vermoor het: "Nihil dico quid res publica con-. 49 secuta sit.. quih una rem publicam vosque servaret." So belangrik is Milo se daad vir Cicero, dat hy dit bel angrl ' k er b es k ou as enlge ' generaa 1 se oorwlnnlng.. SO N ou het Cicero vertroue in die t oekoms van die Romeinse volk en sy kinders maar "vivo P. Clodio, nihil eorum (= bonorum multorum) vos v.isuros fuisse... so Vir Cicero hou die dood van Clodius die volgende in: "mul ta bona; spem maximam et verissimam; cupiditatibus fractis; 1egibus et iudiciis constitutis; salutarem (diem) civitati fore; ius perpetuae possessionis." 50 Cicero glo dat Milo vir Clodius gehaa t het e n hy sien die belangriks te r e de hiervoor soos volg: erat ut odis set primum defensore m salutis me ae "Ille 115~ 48. Op. cit. Cic. Ad Faro. 3, ~0, ~0; cf. Pro Milone ~-2. 49. 50. Op. cit. Cic. Pr o Milone ~ 1 ; Cf. Cic Pro Milone 28. cf. 28 e t 33. 5~. Op. cit. Pro Milone 13.

Clodius kan nie vergewe word vir die feit.dat hy verantwoordelik was vir Cicero se verbanning nie en Cicero staan daarby dat sy verbanning ongegrond was "nisi fuisset iniusta eiciendi" 52 en hy gee selfs weer die rede aan waarom hy uit eie wil Rome verlaat het: "servorum et egentium civium et facinorosorum armis meos civis meis consiliis periculisque servatos pro me obici nolui." 52 t 117 Wanneer Cicero na Clodius verwys gee hy weer eens 'n lys van al Clodius se misdade en wandade o.a. dat hy vir Cicero die "conservatorem urbis ac vitae civium" uit sy vaderland verdryf het. 53 Verder in sy narratio verwys Cicero weer na al Clodius se misdade, maar hier raak hy so heftig en vurig dat hy gebruik maak van kort sinsnedes: "me patria expulerat; bona diripuerat; domum indenderat; coni.ugem meam vexara t etc. " 54 As ons nou aanneem dat Cicero self getwyfel het aan die sukses van hierdie saak (Vide p.. 111) kom ons tot die gevolgtrekking dat, na aanleiding van al bogenoemde voorbeelde en baie meer, Cicero waarlik gebruik HOU maak van 'n gulde geleentheid om Clodius ook met die tong te vermoor. 52. Op. cit~ Pro Milone 14. 53. Op. cit. Pro Milone 27. 54. Op. cit. Cic. Pro Milone 32.