Braunvieh S.A. Nuus News. Posbus 7864 P.O. Box Kantoor Tel en Faks Office Phone & Fax. Webblad

Similar documents
2015 HEREFORD SHOW. Class/Klas 1 : Heifer, 9 and under 12 months / Verse, 9 en onder 12 maande

News Flash. 6 September Dear Members

7. Finansiële state en geouditeerde rekeninge vir die finansiële jaar 1 Oktober to 30 September 2015

WE DID IT AGAIN.! The Jolliest Bus trophy 3rd year in a row

Van af die Voorsitter

PLEASE NOTE THESE IMPORTANT CHANGES TO THE HANDICAPPING MANUAL (EFFECTIVE 1 APRIL) Handicap Manual Changes Effective 1 April 2013

Uniondale-Medium Langkloof Uniondale Willowmore

2018 SIMMENTALER SKOUKLASSE

PINZGAUER & PINZ²YL GENOOTSKAP/SOCIETY

Hoërskool Roodepoort

SENEPOL NEWS. Algemene Senepol Nuus. Senepol The right breed for our time July Nu usb rief / News letter

Behind the Backline Agter die Backline

We had 1500 kids there, most of them came from Safety homes and orphanages around Johannesburg and some came as far as Soshanguve, Pretoria.

18 SEPTEMBER Congratulations to the following staff member who will be celebrating his birthday during the coming week:

BUITEMUURSE EN VAARDIGHEIDS-ONTWIKKELINGSPROGRAM KWARTAAL : GRAAD 1 EN 2

FROM THE HEADMASTER SPORTMANSHIP SCHOLARSHIP CONDUCT

NEWSLETTER / NUUSBRIEF

FROM THE PRESIDENT S OFFICE/UIT DIE PRESIDENT SE KANTOOR

Nuusbrief 17 van 2018

DIE SUID AFRIKAANSE MINIATUURPERD TELERS GENOOTSKAP NUUSBRIEF2/ Logix vir Perde. Toegang

GANSBAAI GHOLFKLUB/ GOLF CLUB

AKSIE. ANDER LEDE VAN DIE RAAD Rdh. A De Vries [DA] : Speaker

ESKOM TRANSMISSION MATIMBA B MARANG, DINALEDI & DELTA-EPSILON PROJECTS PUBLIC MEETING 7 MARCH 2007 / 7 MAART 2007 VAN WYKSKRAAL LAERSKOOL - MAKOPPA

OMSENDBRIEF : 03/ Maart Geagte Ouers

Afrikaanse Hoër Seunskool in samewerking met die Universiteit van Pretoria

SKOU2014 LETABA (TZANEEN) Brahman RES SENIOR KAMPIOEN VROULIK RES KALF KAMPIOEN MANLIK WILBAR BRAHMANE (BAR 1022)

BRIEFING DOCUMENT FOR THE BOLAND TEAM 2018 SA CROSS COUNTRY CHAMPIONSHIPS. 8 SEPTEMBER Nelson Mandela University Port Elizabeth

News Flash MESSAGE FROM THE PRESIDENT/ BOODSKAP VAN DIE PRESIDENT VOLMAAKTE GELUK. 11 December 2013

Nuusbrief. Geseënde Kersfees. Passports - The status. Boodskap van die President. Dec Die Suid Afrikaanse Miniatuur Perd Telers Genootskap

BRIEFING DOCUMENT FOR THE BOLAND TEAM 2017 SA CROSS COUNTRY CHAMPIONSHIPS 9 SEPTEMBER NWU-PUKKE SPORTS FIELD POTCHEFSTROOM

* APRIL 2018 *

RUGBY / NETBAL / HOKKIE

ARCADIA NUUS/NEWS. Goeiedag Vriende. Ons sukses hang af van u sukses met ons genetika. Arcadia Bonsmara

Tina Cowley reading centre 25 April

NEWS LETTER JUNE Scribe s Chat

GANSBAAI GOLF CLUB / GHOLFKLUB

MENLO PERDESPORTSKOU 2019

GANSBAAI GHOLFKLUB / GOLF CLUB

NEWS LETTER. May Scribe s Chat

FROM THE HEADMASTER SPORTMANSHIP SCHOLARSHIP CONDUCT

WinkerkReader vir Android kan:

EMPOWERMENT: POTENTIAL LEADERS: 2015

75 Feesjaar Vieringe National Championship Percheron at Agri Mega Week. Dreams are necessary to live Anias Nin

General information Country Trax Amersfoort, Mpumalanga

AKSIE BKN014/07/2017 OPENING EN VERWELKOMING

Beliefs have the power to create and the power to destroy ANTHONY ROBBINS

NO 15 WESKUS TAK WESKUS BRANCH MALGAS NUUS/NEWS. 7 Februarie 2018

T u l i j o u r n a l

Special News Flash LIGA KAMPIOENE MAAK GESKIEDENIS

baan het sommer gou weer mooi groen geword. turned green very quickly. The days are getting

DANS AFDELING DANCE SECTION

Nuusbrief / Newsletter June 2015

VOORDELE QUO VADIS? n Voëltjie met. Game ranching. Wettige wildsvleis

GANSBAAI GHOLFKLUB/ GOLF CLUB. Nuusbrief 23 Februarie Newsletter 23 February 2017

VOLGENDE WEEK SE PROGRAM GEAGTE OUERS. 11 Maart 2016 Webtuiste: Uitgawe: 9

ESKOM TRANSMISSION MATIMBA B MARANG, DINALEDI & DELTA-EPSILON PROJECTS FOKUS GROEP VERGADERING 17 APRIL :00 VEILINGSKRALE - SENTRUM

ROECHAMA TAYLOR MADE RCM /04/16

Arrival on Thursday before commencement of course are optional. The rate is R580 per person for Thursday dinner, bed & Friday breakfast.

BGN SENIOR PLAYERS ASSOCIATION BGN SENIOR SPELERS VERENIGING

RUGBY / NETBAL / HOKKIE

IRENE NEWS. 24 September No The following members earned medals at the AGN Racewalking GP: Sandra Steenkamp Danie Labuschagne

BOWLS SOUTH AFRICA. Message from the President. April Piet Breitenbach

Mpumalanga Ope Verslag

BRAHMAN Desember 2018 December

PINZGAUER & PINZ²YL GENOOTSKAP/SOCIETY

GANSBAAI GOLF CLUB / GHOLKLUB

Reëls en Regulasies Januarie 2017

COUNTRY TRAX Jan du Toit chief instructor

SHELLEY POINT NEWS. A community newsletter dedicated to fostering a sense of community and the free flow of information at Shelley Point

2 No PROVINCIAL GAZETTE, 16 APRIL 2018

SUID AFRIKAANSE TWEEKAMP: PRESIDENT SE JAARVERSLAG AANGEBIED BY DIE ALGEMENE JAARVERGADERING GEHOU IN PORT ELIZABETH OP 29 MAART 2019

Desember 2017 Newsletter. hereford

DIE SUID AFRIKAANSE MINIATUURPERD TELERS GENOOTSKAP NUUS BRIEF.

SABoerperd INTERNASIONALE KAMPIOENSKAPPE * INTERNATIONAL CHAMPIONSHIPS Junie / June 2018, Parys Afridome

DIE SUID AFRIKAANSE MINIATUUR PERD TELERS GENOOTSKAP NUUS BRIEF.

General information: Dirt Bike Training Weekend Country TRAX Amersfoort, Mpumalanga

World Bowls schedule

LOUMOTTA BANKER AC /07/15

PRG SPORT WEEKLIKSE PROGRAM / WEEKLY PROGRAMME 2-9 NOVEMBER 2018 ALGEMEEN

Boran FAKTOR BORAN X DROUGHTMASTER BORAN X SUSSEX BORAN X JERSEY BORAN X ANGUS BORAN X SIMBRA BORAN JOURNAL JOERNAAL

DG NEWSLETTER. District 410D December 2017

PITKOS / FOOD FOR THOUGHT Our lives begin to end the day we become silent about things that matter. Martin Luther King

SA BEAMPTERAAD EKSAMEN VRAEBANK SA OFFICIATING COUNCIL EXAMINATION QUESTIONNAIRE

THE MORALITY AND ETHICS OF HUNTING: TOWARDS COMMON GROUND

Achievements. Personal achievements. Personalia. Congratulations to the following podium winners at the Spar Ladies 10 km

KAAPSE BOERPERDTELERS EN SABAU NUUS Posbus 55

NUUSBRIEF NOVEMBER 2018 NEWSLETTER

Grandview Brahman s award-winning bull GBS was sold to a buyer from Botswana for R

Nuusbrief 25 van 2018

Nuusbrief 35 van 2018 I N S I D E T H I S I S S U E : Kennisgewing Bord 2. Races / Birthdays for the month 4. Upcoming events / MR G...

Skoolkoerant van die Hoërskool Brackenfell Maart 2011

19 PARK SEWESTOERNOOI PARK SEWESTOERNOOI BY Laerskool Park. Sewes Toernooi

ONS REIS NA GOUD. Kwartaalblad van Boland Rolbal Quarterly Bulletin of Boland Bowls May Annette vd Sandt

SUNDAY / SONDAG 18 MARCH 2018 MONDAY / MAANDAG 19 MARCH 2018

UITSLAE UPINGTON SKOU 3-4 MEI 2013 RESULTS UPINGTON SHOW 3-4 MAY 2013 KLAS/CLASS 2 BESTE PAAR - HINGS EN MERRIE / BESTE PAIR - STALLION AND MARE

2 No PROVINCIAL GAZETTE, 12 MARCH 2018

TOERGIDS ~ 2017 ~ TOUR GUIDE Inhoud Content

FarmVet AMITRAZ 20 % Reg. No. G0000 Act 36/1947. Emulsifiable concentrate/emulsifiseerbare konsentraat

2016/17 REGLEMENT C REGULATION C JUKSKEI SA. SPEELREëLS GAME RULES

BAIE DANKIE AAN ONS BORG

Transcription:

Braunvieh S.A. Nuus News Die Sekretaresse The Secretary S.A. Braunvieh Braunvieh S.A. Posbus 7864 P.O. Box 7865 Bloemfontein Bloemfontein 9300 9300 Kantoor Tel en Faks 051-4304352 Office Phone & Fax Webblad www.braunviehsa.co.za Website President: Cois Harman (083 265 6210) President Julie 2007 Elke dag is 'n kans, uitdaging Om vreugde in iemand se lewe te bring. Om die lewe vir 'n ander makliker te maak en daardeur self ook geluk te smaak. Algemeen: Wel, ek dink dat daar min van julle is wat met my sal stry oor hierdie winter! Dit is een van die koudstes wat ek nog ooit beleef het en die ergste is dat dit vir my lyk of dit nog ver van verby af is. Julle moet hierdie nuusbrief asseblief deeglik lees, aangesien hier BAIE NUWE INLIGTING met betrekking tot stoetteling en die Braunvieh is. Dankie aan almal wat die vertoners tydens Vryburg Skou kom ondersteun het en ons hoop om sommer weer 'n klomp telers by Pretoria Skou te sien Algemene Jaarvergadering: Tydens die Algemene Jaarvergadering is die nuwe raad verkies en is as volg: Cois Harman (President) 083 265 6210 (Zeerust) Pieter De Villiers ( Vise-President) 082 920 7309 (Stella) Christopher Havenga (Lid) 082 821 1527 (Petrusville) Bennie Coetzer (Lid) 083 766 6557 (Heilbron) Kobus Bezuidenhout (Lid) 082 374 5022 (Brandfort)

Cois, baie geluk met die verkiesing as die nuwe voorsitter van die Braunvieh. Ons het volle vertroue in jou! Baie welkom aan Bennie en Kobus wat nuut tot die raad verkies is, ons weet dat julle 'n groot bydrae sal lewer tot die opbou van die Braunvieh. Pat, thank you for your contribution during your time as member of the Braunvieh council. John, ons vorige voorsitter, baie dankie vir jou groot bydrae wat jy gelewer het as voorsitter van die Braunvieh. Na die vergadering, wat deels in die donker (weens 'n kragonderbreking) afgehandel is, het Pieter en Erika vir ons 'n heerlike braai gereël. Baie dankie vir julle moeite. Vryburg Skou: Vryburg Skou het vanaf 25 tot 27 April 2007 plaasgevind. Hier is van die uitslae: Vroulike Diere Kalf Kampioen: Christopher Katrina (Christopher Havenga) Res. Kalf Kampioen: Christopher Talta (Christopher Havenga) Junior Kampioen: Ac-Cattle Co Adam Prinses (AC De Villiers) Reserwe Junior Kampioen: PDW-Ranch Paulana (PDW & HB De Villiers) Senior Kampioen: Alphine Fabian Donsie (Hampie van Zyl) Reserwe Senior Kampioen: PDW-Ranch Kroenli (PDW & HB De Villiers) Groot Kampioen Koei: Alphine Fabian Donsie (Hampie van Zyl) Reserwe Groot Kampioen Koei: AC-Cattle-Co Adam Prinses (AC De Villiers) Manlike Diere: Kalf Kampioen: Christopher Steve (Christopher Havenga) Reserwe Kalf Kampioen: PDW-Ranch Jan 71 (PDW & HB De Villiers) Junior Kampioen: AC- Cattle-Co Marlo (AC De Villiers) Reserwe Junior Kampioen: Vaaldu No (Pat Wethmar) Senior Kampioen: Christopher Rick (Christopher Havenga) Groot Kampioen Bul: Christopher Rick (Christopher Havenga) Reserwe Groot Kampioen Bul: Christopher Steve (Christopher Havenga) STANDERTON SKOU 2007 Gedurende die week van 2-5 Augustus was dit die 100-ste herdenking van die Standerton skou. Vir die eerste keer in jare was daar Braunvieh beeste te siene. Drie Telers van die Braunvieh Elite groep het met die herdenkingskou, beeste gaan skou. Die telers wat beeste vertoon het, was: Danie Fitzgerald, van die Adeline Braunvieh stoet, Hans Bester se dogters, Molly en Daleeen Bester met hul Witbek Braunvieh stoet, Pat Fitzgerald met sy Deuler Braunvieh stoet. Witbek stoet se goed versorgde verse het baie aandag getrek. Selfs van die ander rasse se vertoners het met lof gepraat van die professionele skou optrede van Daleen en Molly Bester. Die jong dames het vir telers sowel as touleiers 'n les gegee in netheid en voorbereiding van beeste in die skouring. Molly het 'n eerste plek in die klas: vers of koei 24-30 maande behaal. Daleen het weer 'n 1ste plek in die klas: 21-24 maande gekry. UITSLAE VAN DIE WENNERS Junior kampioen vers, sowel as raskampioen Gwen(Adeline Braunvieh) Junior kampioen bul, sowel as raskampioen - Su Man(Adeline Braunvieh) Reserwe junior kampioen vers - (Witbek Braunvieh)

Reserwe junior kampioen bul - (Adeline Braunvieh) Senior kampioen koei (Deuler braunvieh Reserwe senior Kampioen koei - (Deuler Braunvieh) Met die interras beoordeling het Adeline Braunvieh stoet se bul en koei 'n baie mooi prentjie vertoon van die Braunvieh ras. Die beoordelaar, mnr. Willem Pistorius het goeie kommentaar gelewer oor die Braunvieh ras kampioene op die skou. Bennie Coetzer het opgetree as beoordelaar. Sy besondere kennis van die ras het vir vertoners sowel as toeskouers trots gemaak op die Braunvieh ras. Veiling: 3 Braunvieh Bulle is tydens die Vryburg Skouveiling verkoop vir die volgende bedrae: R17 000, R18 000 en R15 000. Prestasietoetsing: Soos deur die Raad versoek, is die Fase C1 en C2 minimum- en maksimum leëpens aankoms gewigsgrense vir Braunvieh Bulle met onmiddellike effek verhoog met 10kg elk. Die nuwe leëpens aankoms gewigsgrense vir Braunvieh Bulle is dus nou van 260kg tot 320kg. BLUP analise is gedoen en op Intergis gelaai. Die telers wat toegang tot Logix het, kan nou daarop ingaan en 'n bul soek wat aan sekere vereistes soos deur hulle verlang, voldoen Die LNR maak jaarliks aan die begin van Junie toekennings aan die Beste Produseerende Koeie in 'n ras. Die Braunvieh het 2 Voortreflike toekennings, 2 Superieur toekennings en 3 Elite toekennings gekry. Baie geluk aan die telers. Die koei DP02 210 van Willie Du Plessis sal die jaar die Farmer's Weekly LNR Beste Elite Koei toekenning vir die ras ontvang. Sy is gebore op 25/04/1994, het alreeds 10 kalwers gehad en het haar eerste kalf op 30 maande gekry. Haar gemiddelde TKP is 372 dae en sy het 'n reproduksie indeks van 113. Baie geluk, oom Willie. Christopher Havenga se bul, Christopher Steve (CDH 0522), verteenwoordig die Braunvieh tydens die Spesiale Prestasietoetsklas tydens Pretoria skou. Die bul het 'n GDT van 2.188 en 'n VOV van 5.7. Baie geluk en sterkte! Pretoria Skou Die beoordeling vind op Dinsdag 28 Augustus 2007 plaas. Daar is 6 telers wat 49 diere ingeskryf het. Baie dankie aan die telers en sterkte. Die beoordeling sal deur Bennie Coetzer en Christopher Havenga gehanteer word. Hoop ons het sommer 'n klomp toeskouers daar. Veiling: Daar word op Donderdag, 30 Augustus, om 11vm 'n veiling by die Pretoria skou aangebied. Die Braunvieh het vier inskrywings tydens die veiling. 1 Bul Cois Harman 1 Bul en 2 dragtige verse Philip Wessels Kontak gerus die telers vir meer inligting oor die diere. DNA: Hierdie is baie belangrik! Telers moet asb weereens kennis neem dat alle bulle wat gebruik word se DNA profiele gedoen moet wees as kalwers gerapporteer word. ' n Goeie voorstel is om wanneer jy bulle by jou koeie insit, dadelik sterthare te trek en na Irene te stuur. Sodoende is dit reeds op rekord teen die tyd dat die kalwers gebore word. Onthou die bul kan iets oorkom of jy kan hom verkoop en dan het jy 'n probleem met die registrasie van jou kalwers. Julle moet ook asb sodra julle die labatorium nommer van Irene af ontvang, 'n afskrif aan die kantoor deurstuur, Irene doen dit nie. Ek sê gou weer hoe dit gedoen moet word: Sterthare moet in 'n koevert geplaas word, met die bul se besonderhede duidelik daarop aangebring.

Ons sit sommer gewoonlik die sterthare en bul se besonderhede in 'n banksakkie en dan in 'n koevert. Adres: Dieregenetika LNR Privaatsak X2 Irene 0062 Nasionale Kampioenskappe 2009: Die volgende Nasionale Kampioenskappe is in 2009 en word op Vryburg gehou. Die Naionale Kampioenskappe daarna is in 2012 en sal in Pretoria aangebied word. Julle kan nou nie eintlik sê dat ons julle op die nippertjie laat weet het nie! Dekkingsinligting: Dit is nou 'n vereiste van ICAR (hulle is die waghonde van die stoetbedryf) dat Stamboek deklysinligting op die stelsel moet opneem. Dit wil sê dat telers nou hulle paringslyste sal moet instuur vir opname op die stelsel. Met ander woorde die bul se besonderhede en die lys van koeie wat by hom geloop het en van wanneer tot wanneer hy by hulle was. Telers wat net een bul gebruik en die bul die heel jaar by koeie laat loop, moet elke 6 maande so 'n lys instuur. Dieselfde geld vir wanneer u KI. Terwyl ons nou met die onderwerp van dekkings besig is, moet telers onthou om besonderhede van dekkings agterop registrasie sertifikate aan te bring, wanneer dragtige diere verkoop word. Vrugbaarheids Sertifikate Die SA Veterinêre Raad het ons verwittig dat net 'n veearts 'n vrugbaarheids sertifikaat kan uitreik vir bulle. Inspeksies: Die Braunvieh word met geboorte geregistreer, maar daarna moet elke geregistreerde dier gekeur word. Die minimum ouderdom vir keuring is 12 maande. Die kwessie van die keuring is deur die raad bespreek en hulle het besluit dat die keuring gedoen moet word, aangesien dit so in ons Grondwet beskryf word. Die raad versoek dat u die kantoor so gou as moontlik sal laat weet wanneer u keuring verlang (Onthou net die diere moet 12 maande en ouer wees met inspeksie). Dit sal waardeer word indien u so gou as moontlik sal laat weet sodat telers wat in dieselfde omgewing woon, saam besoek kan word. Die datum hoef net as riglyn te dien sodat die keurders hulle roetes kan beplan. Die kostes vir keuring beloop as volg: R200.00 per dag en R2.20 per km vanaf keurder se huis en terug. Die volgende persone is keurders: Piet De Villiers (Stella) 082 670 6089 Bennie Coetzer (Heilbron) 083 766 6557 John Havenga (Petrusville) 082 578 5556 Ek heg 'n vormpie aan wat u kan invul en aan die kantoor pos. Uit die Kantoor: Herstel van diere: Vanaf 1 Julie 2007 is die fooi wat betrekking het op die herstel van diere, wat voorheen gekanselleer was, verhoog na R50.00 per dier. Die fooi word deur Stamboek vasgestel. Onthou dat vir die herstelde dier 'n per kapita fooi van R40.00 deur die genootskap gehef word vir die jaar waarin herstel plaasvind. Geen dier wat as dood gekanselleer was, kan herstel word nie. Diere wat tydens inspeksie afgekeur is, kan alleenlik herstel word indien weer gekeur en goedgekeur is vir registrasie deur 'n keuringsbeampte. Dieselfde fooie soos bo vermeld geld ook vir so'n situasie. Perkapita Fooie: Die lede- en perkapita fooie vir 2007 is betaalbaar op 31 Julie 2007. Indien u enige probleme ondervind met die betaling is u welkom om met die kantoor te skakel en reëlings te tref. Let wel dat daar op alle uitstaande bedrae rente van 1.5% per maand gehef word na 90 dae. Tannie Minnie gaan bietjie blomme kyk, so die kantoor sal gesluit wees vanaf Maandag, 20 Augustus 2007 tot Vrydag, 24 Augustus 2007. Tannie moet die ruskansie en die blomme BAIE geniet!

Inspeksie van Braunvieh Ek, versoek inspeksie van my diere. Getal Manlik: Getal Vroulik: Datum waarop inspeksie verlang word: Handtekening: Datum: (Vul in en faks of pos na kantoor, dankie.)