SKEDULERINGSTATUS Skedule 3. EIENDOMSNAAM EN DOSEERVORM BETAGAN 0,5 % Liquifilm (Steriele Oogoplossing)
|
|
- Gregory Small
- 5 years ago
- Views:
Transcription
1 Page 1 SKEDULERINGSTATUS Skedule 3 EIENDOMSNAAM EN DOSEERVORM BETAGAN 0,5 % Liquifilm (Steriele Oogoplossing) SAMESTELLING BETAGAN 0,5 % Liquifilm Steriele Oogoplossing bevat: Levobunolol hidrochloried 5 mg/ml Ander bestanddele: Polivinielalkohol, natriumchloried, dinatriumedetaat, natriumfosfaat dibasiese heptahidraat, kaliumdiwaterstoffosfaat, gesuiwerde water, natriummetabisulfiet (E223). Bensalkoniumchloried 0,004 % m/v. FARMAKOLOGIESE KLASSIFIKASIE A Oftalmiese preparate. Ander FARMAKOLOGIESE AKSIE Farmakodinamiese eienskappe Levobunolol is ʼn nie-kardioselektiewe beta-adrenoreseptorblokkeermiddel, ewe kragtig by beide beta1 en beta2 reseptore. Levobunolol se beta-blokkerende werking is 60 maal meer kragtig as sy dekstro-isomeer. Om die hoogste graad van beta-blokkerende potensiaal te verkry, sonder om die potensiaal vir direkte miokardiale onderdrukking te verhoog, word die levo-isomeer, levobunolol, gebruik. Levobunolol het nie noemenswaardige plaaslike verdowende (membraan stabiliserende) of intrinsieke simpatomimetiese werking nie. As levobunolol in die oog geplaas word, sal dit verhoogde intra-okulêre druk asook normale intra-okulêre druk, met of sonder meegaande gloukoom, verlaag. Die primêre werkingsmeganisme van levobunolol om intra-okulêre druk te verlaag is mees waarskynlik deur die vervaardiging van waterige oogvog te verminder. Levobunolol verlaag intra-okulêre druk met min of geen invloed op pupilgrootte. Farmakokinetiese eienskappe Die aanvang van werking kan binne een uur na toediening van een druppel levobunolol bespeur word, met maksimale effek wat tussen twee tot ses ure na toediening voorkom. ʼn Aansienlike verlaging kan vir tot 24 uur na ʼn enkele dosering volgehou word. INDIKASIES BETAGAN 0,5 % word vir die beheer van intra-okulêre druk in chroniese oophoekgloukoom en okulêre hipertensie aangedui.
2 Page 2 KONTRA-INDIKASIES Hipersensitiwiteit teenoor die aktiewe bestanddeel of enige van die ander bestanddele. Reaktiewe lugwegsiekte, wat brongiale asma of ʼn geskiedenis daarvan insluit, ernstige chroniese obstruktiewe pulmonêre siekte. Sinus bradikardie, tweede- en derdegraadse atrioventrikulêre blokkering wat nie deur ʼn pasaangeër beheer word nie, openlike hartversaking of kardiogene skok. WAARSKUWINGS EN SPESIALE VOORSORGMAATREËLS Dit is gewoonlik nie raadsaam om die dosering van BETAGAN 0,5 % in die peri-operatiewe tydperk te verminder nie. ʼn Pasiënt se normale tagikardiale reaksie teenoor hipovolumie of bloedverlies kan tydens of na chirurgie verberg word. Besondere versigtigheid moet in hierdie verband geneem word. BETAGAN 0,5 % bevat bensalkoniumchloried as ʼn preserveermiddel. Aangesien die moontlikheid van nadelige effekte op die korneale deurlaatbaarheid, en die gevaar van versteuring van die korneale epiteel met verlengde of herhaalde gebruik van bensalkoniumchloried-gepreserveerde oogpreparate nie uitgesluit kan word nie, word gereelde oogondersoeke vereis. Versigtigheid moet met die gebruik van bensalkoniumchloried-gepreserveerde topikale middels oor ʼn verlengde tydperk in pasiënte met omvangryke siekte van die oogoppervlak, beoefen word. BETAGAN 0,5 % kan sistemies geabsorbeer word. Soortgelyke kardiovaskulêre en pulmonêre newe-effekte wat met sistemiese beta-blokkeerders gesien word, kan dus voorkom. Pasiënte met ernstige of onstabiele en onbeheerde kardiovaskulêre siektetoestand, insluitend eerstegraadse atrioventrikulêre blokkering, moet met versigtigheid behandel word. Hartversaking moet voldoende onder beheer wees voor daar met behandeling begin word. Pasiënte met ʼn geskiedenis van ernstige hartsiekte moet vir tekens van hartversaking dopgehou, en hulle polsslag nagegaan word. Kardiale en respiratoriese reaksies, insluitende sterfte weens brongospasma in asmapasiënte, en in seldsame gevalle, hartversakingsverwante sterfte, is na toediening van levobunolol, wat in BETAGAN 0,5 % bevat word, aangemeld. Pasiënte met ʼn ligte/matige chroniese obstruktiewe pulmonêre siektetoestand moet oor die algemeen nie betablokkers, insluitende BETAGAN 0,5 %, ontvang nie; indien BETAGAN
3 Page 3 0,5 % egter in sulke pasiënte nodig geag word, moet dit met sorg toegedien word. Die uitwerking op intra-okulêre druk, of die bekende effekte van sistemiese beta-blokkade, kan versterk word indien BETAGAN 0,5 % aan pasiënte wat reeds ʼn sistemiese betablokkeerder ontvang gegee word. Hierdie pasiënte se reaksie moet noukeurig dopgehou word. Die gebruik van twee topikale beta-blokkeerders word nie aanbeveel nie. In pasiënte met geslote-hoekgloukoom, is die onmiddellike doel van behandeling om die hoek weer oop te maak. Dit vereis die vernouing van die pupil met ʼn miotikum. BETAGAN 0,5 % het min of geen effek op die pupil nie. Wanneer BETAGAN 0,5 % gebruik word om verhoogde intra-okulêre druk in geslote-hoekgloukoom te verlaag, moet dit saam met ʼn miotikum, en nie alleen gebruik word nie. In pasiënte met ernstige ingekorte nierfunksie wat dialise ontvang, is behandeling met levobunolol met besliste hipotensie geassosieer (sien Dosis en Gebruiksaanwysings). Levobunolol kan kompenserende tagikardie belemmer en die gevaar van hipotensie verhoog indien dit tesame met narkosemiddels gebruik word. Die narkotiseur moet ingelig word indien die pasiënt BETAGAN 0,5 % gebruik. Beta-blokkeerders kan die tekens van hipertiroïdisme verbloem en die verergering van Prinzmetal-angina, ernstige perifere en sentrale sirkulatoriese toestande, en hipotensie veroorsaak. BETAGAN 0,5 % moet met versigtigheid in pasiënte met metaboliese asidose en onbehandelde feochromositoom gebruik word. BETAGAN 0,5 % moet met versigtigheid in pasiënte onderworpe aan spontane hipoglisemie of onbeheerde diabete (veral dié met labiele diabetes) toegedien word, aangesien betablokkeerders die tekens en simptome van akute hipoglisemie kan verberg. Die tekens wat op akute hipoglisemie dui, veral tagikardie, palpitasies en sweet, kan verbloem word. BETAGAN 0,5 % moet met versigtigheid in pasiënte met depressie, serebrale of koronêre ontoereikenheid, Raynaud se siekte, ortostatiese hipotensie, of trombo-angiitis obliterans gebruik word. Pasiënte met ʼn geskiedenis van atopie of ʼn geskiedenis van ernstige anafilaktiese reaksie teenoor ʼn verskeidenheid van allergene, kan terwyl hulle BETAGAN 0,5 % gebruik, onreaktief tot die normale dosering van epinefrien (adrenalien), wat gebruik word om anafilaktiese reaksies te behandel, wees. Indien behandeling met BETAGAN 0,5 % in pasiënte met koronêre hartsiekte gestaak moet
4 Page 4 word, moet behandeling geleidelik onttrek word om ritme-aandoenings, miokardiale infarksie of skielike sterfte te voorkom. Choroïdale loslating na filtrasieprosedures is met toediening van middels om waterige oogvog te onderdruk (bv. timolol, asetasolamied), aangemeld. BETAGAN 0,5 % kan droogheid van die oë veroorsaak. Pasiënte met korneale siektetoestande moet met sorg behandel word. In pasiënte met chroniese ooginflammasie en korneale distrofie, moet BETAGAN 0,5 % slegs in die geval van streng diagnose en onder voortdurende kontrolering met kort tussenposes toegedien word. Veluitslae en/of droë oë, wat met die gebruik van beta-blokkeerders geassosieer word, is aangemeld. Die voorkoms is skaars en simptome het met ontrekking van die betablokkeerders opgeklaar. Staking van die gebruik van BETAGAN 0,5 % moet oorweeg word indien hierdie simptome aangemeld word, maar behandeling moet geleidelik onttrek word. Die preserveermiddel in BETAGAN 0,5 %, bensalkoniumchloried, kan oogirritasie veroorsaak. Verwyder kontaklense voor toediening en wag ten minste 15 minute voor terugplasing. Bensalkoniumchloried is bekend daarvoor om sagte kontaklense te verkleur. Vermy kontak met sagte kontaklense. BETAGAN 0,5 % bevat natriummetabisulfiet wat ernstige hipersensitiwiteitsreaksies en brongospasma kan veroorsaak. Atlete moet daarvan bewus wees dat BETAGAN 0,5 % levobunolol bevat, wat ʼn positiewe resultaat tydens kontrolering vir opkikkers kan lewer. Pediatriese populasie Veiligheid en doeltreffendheid in kinders is nog nie vasgestel nie. Effekte op die vermoë om te bestuur en masjinerie te gebruik BETAGAN 0,5 % kan tydelike dowwe visie, moegheid en/of lomerigheid veroorsaak, wat die vermoë om te bestuur of masjinerie te gebruik kan belemmer. Die pasiënt moet wag totdat hierdie simptome opgeklaar het voor bestuur of masjinerie gebruik word. INTERAKSIES Geen interaksiestudies is uitgevoer nie. Alhoewel spesifieke medisyne interaksiestudies nie met BETAGAN 0,5 % uitgevoer is nie, moet die moontlikheid van bykomende of versterkende effekte met SSS depressante (alkohol, barbiturate, opiate, sedeermiddels, of narkotika) in ag geneem word.
5 Page 5 Daar is ʼn moontlikheid vir bykomende effekte, wat hipotensie en/of duidelike bradikardie tot gevolg kan hê, wanneer BETAGAN 0,5 % saam met antihipertensiewe medisyne (orale kalsiumkanaalblokkeerders, rauwolfia alkaloïede, guanetidien, beta-blokkereermiddels), antidisritmiese medisyne, digitalisglikosied (digoksien) of para-simpatomimetiese middels toegedien word. Weens die moontlikheid vir bykomende effekte op sistemiese betablokkade, moet BETAGAN 0,5 % met sorg saam met orale beta-adrenergiese blokkeermiddels gebruik word, en pasiënte moet gereeld gemonitor word. Verhoogde hipotensiewe uitwerking word gesien wanneer baklofeen saam met betablokkeerders toegedien word. Aangesien daar ʼn mate van sistemiese absorpsie na die topikale toediening van BETAGAN 0,5 % kan plaasvind, word gereelde kontrolering van bloeddruk aanbeveel. Alhoewel levobunolol min effek op pupilgrootte het, is midriase aangemeld wanneer BETAGAN 0,5 % saam met midriatiese middels soos epinefrien (adrenalien) gebruik is. Beta-blokkeerders, soos levobunulol, kan die hipoglisemiese uitwerking van antidiabetiese middels verhoog. BETAGAN 0,5 % kan die tekens en simptome van hipoglisemie verberg (sien Waarskuwings en spesiale voorsorgmaatreëls ). Die hipertensiewe reaksie tot die skielike onttrekking van klonidien kan versterk word wanneer BETAGAN 0,5 % gebruik word. Versterkte sistemiese beta-blokkade (bv. verlaagde harttempo) is tydens kombinasiebehandeling met kinidien en levobunolol aangemeld, moontlik aangesien kinidien die metabolisme van levobunolol via die P450-ensiem, CYP2D6, onderdruk. Gesamentlike gebruik van BETAGAN 0,5 % en narkosemiddels kan kompenserende tagikardie verminder en die gevaar vir hipotensie verhoog (sien Waarskuwings en spesiale voorsorgmaatreëls ), en die narkotiseur moet dus ingelig word indien die pasiënt BETAGAN 0,5 % gebruik. BETAGAN 0,5 % moet met sorg saam met jodiumkontrasprodukte of intraveneustoegediende lidokaïen gebruik word. Simetidien kan die plasmakonsentrasies van levobunolol verhoog. Daar is geen data oor die vlak van sirkulerende katecholamiene na BETAGAN 0,5 % toediening beskikbaar nie. Versigtigheid word egter aanbeveel in pasiënte wat medisyne neem wat die metabolisme en opname van sirkulerende amiene bv. fenotiasiene, metielfenidaat en reserpien kan beïnvloed, vanweë moontlike bykomende effekte en die voortbringing van hipotensie en/of opmerklike bradikardie, wat vertigo, sinkopee of posturale
6 Page 6 hipertensie kan veroorsaak. Alhoewel spesifieke medisyne-interaksiestudies nie met BETAGAN 0,5 % uitgevoer is nie, moet bekende bykomende intra-okulêre druk (IOD) verlagende effek met prostamiede en prostaglandiene, alfa-agoniste, koolsuuranhidrase inhibeermiddels en pilokarpien in ag geneem word. Digitalisasie van pasiënte wat langtermynbehandeling met beta-blokkeerders ontvang mag nodig wees indien daar ʼn waarskynlikheid vir die ontwikkeling van kongestiewe hartversaking bestaan. Hierdie kombinasie kan, ten spyte van die versterking van negatiewe chronotropiese uitwerking van die twee middels, oorweeg word. Versigtige beheer van doserings en van die individuele pasiënt se reaksie (en veral polsslag) is noodsaaklik in so ʼn geval. SWANGERSKAP EN BORSVOEDING Swangerskap Veiligheid en/of effektiwiteit tydens swangerskap is nie vasgestel nie. Epidemiologiese studies toon ʼn gevaar vir intra-uteriene groeivertraging wanneer betablokkeerders oraal toegedien word. Daarmee saam is tekens en simptome van beta-blokkade (bv. bradikardie, hipotensie, respiratoriese nood en hipoglisemie) in die neonaat, waar betablokkeerders tot en met bevalling toegedien was, waargeneem. Laktasie Levobunolol word in borsmelk uitgeskei. BETAGAN 0,5 % moet nie deur vroue wat hulle babas borsvoed gebruik word nie. DOSERING EN GEBRUIKSAANWYSINGS Volwassenes (insluitende bejaardes): die aanbevole dosering is een druppel BETAGAN 0,5 % in die aangetaste oog/oë, tweemaal per dag. BETAGAN 0,5 % is nie in pasiënte met lewer- of nierinkorting bestudeer nie. Sulke pasiënte moet dus met versigtigheid behandel word (sien Waarskuwings en spesiale voorsorgmaatreëls ). Weens ʼn tekort aan veiligheids- en doeltreffendheidsinligting word BETAGAN 0,5 % nie vir gebruik in kinders aanbeveel nie (sien Pediatriese populasie onder Waarskuwings en spesiale voorsorgmaatreëls ). Toedieningsmetode: topikaal in die konjunktivale sak. Indien vereis, kan BETAGAN 0,5 % saam met ander middels gebruik word om intra-okulêre druk te verlaag. Die gebruik van twee topikale beta-adrenergiese blokkeermiddels word nie
7 Page 7 aanbeveel nie (sien Interaksies ). Intra-okulêre druk moet ongeveer vier weke na aanvang van behandeling met BETAGAN 0,5 % gemeet word, aangesien dit ʼn paar weke kan neem vir okulêre druk om na normaal terug te keer. Om moontlike sistemiese absorpsie te verminder, word daar aanbeveel dat daar vir een minuut drukking op die lakrimale sak by die mediale kantus (punktale toemaking) geplaas word. Dit moet onmiddellik na toediening van elke druppel uitgevoer word. Oorplasing vanaf ander beta-blokkerende behandeling Wanneer ʼn ander beta-blokkeerder gebruik word, moet behandeling na ʼn volle dag se gebruik gestaak word. Begin behandeling met BETAGAN 0,5 % die volgende dag met een druppel BETAGAN 0,5 % wat topikaal, twee maal per dag, in die konjunktivale sak van die aangetaste oog/oë toegedien word. Indien BETAGAN 0,5 % ʼn kombinasie van antigloukoom preparate moet vervang, moet slegs een produk op ʼn slag verwyder word. NEWE-EFFEKTE Newe-effekte word in volgorde van afnemende ernstigheid in elke groepering van frekwensie genoem. Die volgende terminologie word gebruik om die voorkoms van newe-effekte te klassifiseer: Baie algemeen ( 1/10); Algemeen ( 1/100 tot <1/10); Nie-algemeen ( 1/1 000 tot <1/100); Raar ( 1/ tot <1/1 000); Baie raar (<1/10 000); Onbekend (kan nie uit die beskikbare inligting beraam word nie). Immuunstelselversteuring Onbekend: Hipersensitiwiteitsreaksie insluitende simptome of tekens van oogallergie en velallergie Psigiatriese toestande Onbekend: Depressie Senuweestelseltoestande Onbekend: Ataksie, verwardheid, duiseligheid, lomerigheid, traagheid, hoofpyn, insomnie Oogtoestande Baie algemeen: Oogirritasie, konjunktivale irritasie, oogpyn Algemeen: Blefaritis, konjunktivitis Onbekend: Konjunktivale/okulêre hiperemie, allergiese konjunktivitis, verlaagde korneale refleks, iridosiklitis, keratitis, punktaat keratitis, visuele steurnisse, oog-/ooglidpruritus, oog- /ooglid-edeem, oogafskeiding, toename in traning, droë oë, troebel visie, die gevoel van n
8 Page 8 vreemde materiaal in die oog Harttoestande Onbekend: Sinkopee, bradikardie, atrioventrikulêre blokkering, palpitasies Vaskulêre toestande Onbekend: Hipotensie, Raynaud se siekte Respiratoriese, torakale en mediastinale toestande Onbekend: Asma, dispnee, keelirritasie, nasale ongemak Gastro-intestinale toestande Onbekend: Naarheid Vel- en subkutane weefseltoestande Onbekend: Haarverlies, urtikarie, kontakdermatitis (insluitende allergiese kontakdermatitis), uitslag, ooglideriteem, ekseem van die ooglid, velafskilfering, ligenoïede keratose, pruritus Algemene toestande en toestande by die toedieningsplek Onbekend: Gesigswelling, moegheid Bykomende nadelige effekte is met ander oftalmiese betablokkeermiddels waargeneem en kan moontlik met BETAGAN 0,5% voorkom: Oogtoestande: Choroïdale loslating na filtrasiesjirurgie, korneale erosie, diplopie, ptose Immuunstelsel toestande: Anafilakse, sistemiese allergiese reaksies insluitende angio-edeem Metabolisme en voedingstoestande: Hipoglisemie Psigiatriese toestande: Insomnie, geheueverlies, senuweeagtigheid, nagmerries Senuweestelseltoestande: Serebrale iskemie, serebrovaskulêre ongeluk, toename in tekens en simptome van miastenie gravis, parestesie Harttoestande: Arritmie, hartaanval, hartversaking, borspyn, kongestiewe hartversaking, edeem Vaskulêre toestande: Koue hande en voete Respiratoriese, torakale en mediastinale toestande: Bronchospasma, hoes, asemhalingsverlies (hoofsaaklik in pasiënte met ʼn bestaande bronchospastiese siektetoestand), kortasemigheid Gastro-intestinale toestande: Pyn in die bo-buik, diarree, smaaksteuring, droë mond, dispepsie, braking Vel en subkutane weefseltoestande: Psoriase-tipe uitslag of verergering van psoriase Muskuloskeletale en bindweefsel toestande: Artropatie, mialgie Voortplantingstelsel en borstoestande: Verlaagde libido, seksuele disfunksie
9 Page 9 Algemene toestande en toestande by die toedieningsplek: Dors Die volgende effekte is met sistemiese beta-blokkeerder formulerings aangemeld, en kan met die topikale gebruik van BETAGAN 0,5 % voorkom: Senuweestelseltoestande: Slaapversteuring Psigiatriese toestande: Impotensie, hallusinasies, nagmerries Harttoestande: Hartversaking, merkbare bradikardie Vaskulêre toestande: Koue in die verliggende ledemate, Raynaud se siekte, verergering van afwisselende kloudikasie Gastro-intestinale toestande: Pyn in die bo-buik, braking, diarree Respiratoriese, torakale en mediastinale toestande: Brongospasma Endokriene toestande: Hipoglisemie Vel- en subkutane weefselafwykings: Angio-edeem (Quincke se edeem), vel en psoriase-tipe simptome BEKENDE SIMPTOME VAN OORDOSERING EN BESONDERHEDE VAN BEHANDELING DAARVAN Daar is geen inligting rakende oordosering met BETAGAN 0,5 % in die mens beskikbaar nie. Indien okulêre oordosering per ongeluk plaasvind, spoel die oog/oë met water of normale soutoplossing uit. Sistemiese simptome kan voorkom indien BETAGAN 0,5 % per abuis gesluk word, en pogings om verdere absorpsie te verminder mag geskik wees. Die simptome wat met sistemiese oordosering geassosieer word, is mees waarskynlik bradikardie, hipotensie, brongospasma en hartversaking. Behandeling vir oordosering met ʼn beta-adrenergiese blokkeringsmiddel, soos intraveneuse toediening van atropiensulfaat 0,25 mg tot 2 mg om vagusblokkering teweeg te bring, moet oorweeg word. Konvensionele behandeling van hipotensie, brongospasma, hartblok en hartversaking mag nodig wees. IDENTIFIKASIE BETAGAN 0,5 % Liquifilm is ʼn kleurlose tot liggeel oplossing. AANBIEDING BETAGAN 0,5 % Liquifilm word in steriele drupperbottels wat 5 ml oplossing bevat voorsien. BERGINGSAANWYSINGS Bewaar by of benede 25 C. Beskerm teen lig. Moenie langer as 30 dae nadat die bottel oopgemaak is gebruik nie. HOU BUITE BEREIK VAN KINDERS.
10 Page 10 REGISTRASIENOMMER S/15.4/0194 NAAM EN BESIGHEIDSADRES VAN DIE HOUER VAN DIE REGISTRASIESERTIFIKAAT Allergan Pharmaceuticals (Edms) Bpk Nuweweg 30 (ingang uit Bavariaweg) Randjespark Uitbr. 11, Midrand, 1682 Johannesburg, Gauteng SUID-AFRIKA DATUM VAN PUBLIKASIE VAN HIERDIE VOUBILJET Datum van registrasie: 2 Februarie 1987 Datum van hersiening van die voubiljet: 19 Februarie 2016
FarmVet AMITRAZ 20 % Reg. No. G0000 Act 36/1947. Emulsifiable concentrate/emulsifiseerbare konsentraat
ABBREVIATED LABEL: OUTER CONTAINER 100 ml, 200 ml AND 500 ml FOR EXTERNAL ANIMAL USE ONLY SLEGS VIR UITWENDIGE DIEREGEBRUIK Reg. No. G0000 Act 36/1947 Emulsifiable concentrate/emulsifiseerbare konsentraat
More informationBRIEFING DOCUMENT FOR THE BOLAND TEAM 2018 SA CROSS COUNTRY CHAMPIONSHIPS. 8 SEPTEMBER Nelson Mandela University Port Elizabeth
BRIEFING DOCUMENT FOR THE BOLAND TEAM 2018 SA CROSS COUNTRY CHAMPIONSHIPS 8 SEPTEMBER 2018- Nelson Mandela University Port Elizabeth Dear Athlete Congratulations on your selection onto the team to the
More informationBRIEFING DOCUMENT FOR THE BOLAND TEAM 2017 SA CROSS COUNTRY CHAMPIONSHIPS 9 SEPTEMBER NWU-PUKKE SPORTS FIELD POTCHEFSTROOM
BRIEFING DOCUMENT FOR THE BOLAND TEAM 2017 SA CROSS COUNTRY CHAMPIONSHIPS 9 SEPTEMBER 2017- NWU-PUKKE SPORTS FIELD POTCHEFSTROOM Dear Athlete Congratulations on your selection onto the team to the above-mentioned
More informationDANS AFDELING DANCE SECTION
DANS AFDELING DANCE SECTION ALGEMENE REëLS EN BEPALINGS 1. Deelnemers wat nie die reëls en bepalings nakom nie word gediskwalifiseer. 2. Deelnemers mag nie meer as eenkeer aan dieselfde item deelneem nie.
More information2015 HEREFORD SHOW. Class/Klas 1 : Heifer, 9 and under 12 months / Verse, 9 en onder 12 maande
2015 HEREFORD SHOW Age calculated at: 1 st day of the month the show starts / Ouderdom bepaal op die 1ste dag van die maand waarop skou begin. 1 April 2015 is die bepalende datum vir ouderdomme vir die
More informationTHE MORALITY AND ETHICS OF HUNTING: TOWARDS COMMON GROUND
THE MORALITY AND ETHICS OF HUNTING: TOWARDS COMMON GROUND Claire Patterson Assignment presented in partial fulfillment of the requirements for the degree of Master of Philosophy (M. Phil. in Applied Ethics)
More informationNews Flash. 6 September Dear Members
News Flash 6 September 2013 Dear Members Please take note of the following announcements, as they are very important to every member who wants to be part of the decision-making process of the Club. Please
More informationBUITEMUURSE EN VAARDIGHEIDS-ONTWIKKELINGSPROGRAM KWARTAAL : GRAAD 1 EN 2
Verw. : Vaardigheids-ontwikkelingsprogram 2019 Dept. : Sportontwikkeling Kontak : Mev. Salomina du Plessis Datum : 9 Januarie 2019 10 BUITEMUURSE EN VAARDIGHEIDS-ONTWIKKELINGSPROGRAM KWARTAAL 1-2019: GRAAD
More informationEfficacy of CeUfood and Switch as Ergogenic Aids in Endurance Athletes
Efficacy of CeUfood and Switch as Ergogenic Aids in Endurance Athletes by Heinrich Wilhelm Nolte Submitted in fulfilment of the requirements for the degree Magister Artium (HMS) in the DEPARTMENT OF BIOKINETICS,
More informationSpecial News Flash LIGA KAMPIOENE MAAK GESKIEDENIS
Special News Flash 14 November 2014 Dear members LIGA KAMPIOENE MAAK GESKIEDENIS Ons B en C liga spanne het die afgelope naweek geskiedenis gemaak deur skoonskip te maak tydens die Suidkaap Liga finale
More informationSien ingeslote voubiljet vir gebruiksaanwysings / See enclosed leaflet for directions for use
Sien ingeslote voubiljet vir gebruiksaanwysings / See enclosed leaflet for directions for use MARKSMAN 240 SC Act/Wet No: 36 of/van 1947 SA Reg No: L10389 / NAM Reg No: N-AR 1884 n Suspensiekonsentraat
More informationVan af die Voorsitter
September 2011 The Association of the Friesian Horse Studbook of Southern Africa Van af die Voorsitter NAME VAN VULLENS: Alle vullens wat in 2011 gebore word se name moet begin met die le ers J, K of L
More informationNuusbrief / Newsletter June 2015
Nuusbrief / Newsletter June 2015 www.pmfsa.co.za Trusted Worldwide Role of livestock guard dogs in predator control on Namibian farmlands Livestock guard dogs are promoted as a non-lethal, environmentally
More informationSTORM Secure. 20 kg (20g blocks) HARMFUL SKADELIK
STORM Secure Reg. no.: L 5204; N -AR 0875 Act no 36 of 1947. W 130067 A highly active anticoagulant ready-for-use block bait for the control of rats and mice in the domestic, industrial and public health
More informationWE DID IT AGAIN.! The Jolliest Bus trophy 3rd year in a row
26 NOVEMBER 2018 Nuusbrief 37 van 2018 WE DID IT AGAIN.! The Jolliest Bus trophy 3rd year in a row I N S I D E T H I S I S S U E : Kennisgewing Bord 2 Races / Birthdays for the month 4 Gallery 3/6/9 Brian
More informationEMPOWERMENT: POTENTIAL LEADERS: 2015
Noordwes / North West Nuusbrief / Newsletter 012 436 0900 / 086 072 6843 012 348 9658 saou@saou.co.za www.saou.co.za NUUS IN DIE BRANDING 38 VAN 2015 2015/09/01 BEMAGTIGING: POTENSIëLE LEIERS: 2015 EMPOWERMENT:
More information2015/16 REGLEMENT C JUKSKEI. SPEELREëLS
2010 REGLEMENT C 2015/16 2010 JUKSKEI SA SPEELREëLS SA INHOUD / INDEX NR ARTIKEL ARTICLE P 1 NAVRAE ENQUIRIES 4 2 INLEIDING INTRODUCTION 4 3 DEFINISIES DEFINITIONS 5 4 SPESIFIKASIES VAN FASILITEITE EN
More informationSENEPOL NEWS. Algemene Senepol Nuus. Senepol The right breed for our time July Nu usb rief / News letter
Nu usb rief / News letter This newsletter serve as a communication tool between and among breeders of Senepol and to inform people interested in the Senepol Breed. Any contribution to the contents of the
More informationNews Flash MESSAGE FROM THE PRESIDENT/ BOODSKAP VAN DIE PRESIDENT VOLMAAKTE GELUK. 11 December 2013
News Flash 11 December 2013 Dear Members MESSAGE FROM THE PRESIDENT/ BOODSKAP VAN DIE PRESIDENT Ek kan dit skaars glo, maar 2013 lê op sy rug en die vakansiegangers is besig om in te pak vir hul tog na
More informationPLEASE NOTE THESE IMPORTANT CHANGES TO THE HANDICAPPING MANUAL (EFFECTIVE 1 APRIL) Handicap Manual Changes Effective 1 April 2013
News Flash 22 March 2013 Dear members PLEASE NOTE THESE IMPORTANT CHANGES TO THE HANDICAPPING MANUAL (EFFECTIVE 1 APRIL) Handicap Manual Changes Effective 1 April 2013 The South African Golf Association,
More information7. Finansiële state en geouditeerde rekeninge vir die finansiële jaar 1 Oktober to 30 September 2015
NGUNI BEESTELERSGENOOTSKAP NGUNI CATTLE BREEDERS SOCIETY Agenda vir die Algemene Jaar Vergadering te Maselspoort, Bloemfontein op Vrydag, 13 November 2015 om 12h00. Agenda for the Annual General Meeting
More information2016/17 REGLEMENT C REGULATION C JUKSKEI SA. SPEELREëLS GAME RULES
2010 2016/17 REGLEMENT C REGULATION C JUKSKEI SA SPEELREëLS GAME RULES INHOUD / INDEX NR ARTIKELBESKRYWING ARTICLE DESCRIPTION 1 NAVRAE ENQUIRIES 4 2 INLEIDING INTRODUCTION 4 3 DEFINISIES DEFINITIONS 4
More informationAFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE
AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE Paper 0548/01 Reading and Writing Kernwenke Ten einde goed in hierdie eksamen te vaar, behoort die kandidate die volgende te doen: In Oefening 1: Skryf bondige antwoorde
More informationHoërskool Roodepoort
Hoërskool Roodepoort Geagte ouer/voog Dear Parent/Guardian NUUSBRIEF/ NEWS LETTER 2 9/2/2018 A message from the Principal Uit die hoof se kantoor It is important for all parents to take note of the School
More informationSpeelreëls. Rules of Play
Speelreëls Rules of Play October 2013 pg. 1 1. NAMIBIA JUKSKEI SKEIDSREGTERSKOMITEE VOORSITTER: Mnr. G.S. Coetzee Posbus 21586 Windhoek Sel: 0812431500 Epos: jukskei@mweb.com.na SEKRETARESSE: Me. A. Coetzee
More informationAKSIE. ANDER LEDE VAN DIE RAAD Rdh. A De Vries [DA] : Speaker
s MUNISIPALE KANTORE, PIKETBERG TEENWOORDIG: LEDE VAN DIE UITVOERENDE BURGEMEESTERSKOMITEE Rdh. EB Manuel [DA] : Uitvoerende Burgemeester Rdd. SM Crafford [DA] : Uitvoerende Onderburgemeester Rdh. RM van
More informationSA BEAMPTERAAD EKSAMEN VRAEBANK SA OFFICIATING COUNCIL EXAMINATION QUESTIONNAIRE
www.wrestling.org.za SA BEAMPTERAAD EKSAMEN VRAEBANK SA OFFICIATING COUNCIL EXAMINATION QUESTIONNAIRE - 2016 28 Desember 2015 Inleiding: Die vraebank dek die hele UWW reëlboek Oktober 2015 en dit word
More informationCHASA Sportskiet / CHASA Sport Shoot. CHASA Sportskiet / Shoot Version /03/2014 Authors: Elmo Scheffer, Siegfried Liebner
1 CHASA Sportskiet / CHASA Sport Shoot 2 www.chasaranking.co.za CHASA Sportskiet CHASA Sport Shoot Classification system for CHASA Sport shooters. This is based on the USA NRA system as described in their
More informationD-Fend. REG. NO. L 9088 Act No. 36 of 1947 REG. NR. L 9088 Wet Nr. 36 van 1947 Namibian Reg. No. N-AR 1516 Namibiese Reg. Nr.
D-Fend REG. NO. L 9088 Act No. 36 of 1947 REG. NR. L 9088 Wet Nr. 36 van 1947 Namibian Reg. No. N-AR 1516 Namibiese Reg. Nr. N-AR 1516 A long lasting suspension concentrate contact and stomach insecticide
More information* APRIL 2018 *
SADDLEBRED SOCIETY OF SOUTH AFRICA SAALPERDGENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA NATIONAL CHAMPIONSHIPS P.O.BOX 3853 HENRYSTR. 118, BLOEMFONTEIN 9300 E-MAIL: saddle@studbook.co.za Tel: 051 4100956/4100948 Fax 086
More informationBasiese beginsels van meetkunde: Punte, lyne en hoeke *
OpenStax-CNX module: m39628 1 Basiese beginsels van meetkunde: Punte, lyne en hoeke * Free High School Science Texts Project This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons
More informationAfrikaanse Hoër Seunskool in samewerking met die Universiteit van Pretoria
Afrikaanse Hoër Seunskool in samewerking met die Universiteit van Pretoria bied met trots aan: 28 September - 1 Oktober 2016 VEREISTES EN PROGRAM Die Il Vento Nasionale Blaasinstrument-kompetisie is vir
More informationCore exercises/ Kernspiere - oefeninge
Core exercises/ Kernspiere - oefeninge deur Rudolph Cloete, ASA en VSAAV Vlak III In sports, the core is highly involved in nearly every movement. Force is transferred between the lower body and the upper
More informationESKOM TRANSMISSION MATIMBA B MARANG, DINALEDI & DELTA-EPSILON PROJECTS PUBLIC MEETING 7 MARCH 2007 / 7 MAART 2007 VAN WYKSKRAAL LAERSKOOL - MAKOPPA
ESKOM TRANSMISSION MATIMBA B MARANG, DINALEDI & DELTA-EPSILON PROJECTS PUBLIC MEETING 7 MARCH 2007 / 7 MAART 2007 VAN WYKSKRAAL LAERSKOOL - MAKOPPA Item No. Discussion / Bespreking 1. Verwelkoming en bekendstelling
More information2018 SIMMENTALER SKOUKLASSE
DIE SIMMENTALER/SIMBRA BEESTELERSGENOOTSKAP VAN SUIDELIKE AFRIKA 2018 SIMMENTALER SKOUKLASSE AMPTELIKE STATUS (aanstelling van beoordelaars en amptelike katalogus) ONDERWORPE AAN MINIMUM 50 DIERE ALGEMENE
More informationUniondale-Medium Langkloof Uniondale Willowmore
Uniondale-Medium Langkloof Uniondale Willowmore (36-17) 25-09-2017 UIT DIE SAKEKAMER Die jaar se K2C was weer n groot sukses. Goed georganiseerd en n groot ekonomiese inspuiting vir die dorp. Duisende
More informationT u l i j o u r n a l
T u l i j o u r n a l 2 0 1 3 6 1 6 2 kan doeltreffend geselekteer word vir diere wat geneties vrugbaarder is, veral binne kudde verband waar alle diere aan dieselfde voeding en bestuur onderworpe is.
More informationBehind the Backline Agter die Backline
LOWVELD ANGLING & BOATING ASSOCATION LAEVELD HENGEL & BOOT VERENIGING L.A.B.A. SKI BOAT Spyker Kroeg, White River, 1240 Telephone No. 082 816 8332 Fax No. 086 242 0869 E-mail: mike@fhsa.co.za Behind the
More informationWinkerkReader vir Android kan:
LW: WinkerkReader vir Android kan: Gemeente se Winkerk data op selfoon vertoon. Detail inligting van Lidmaat Bel Sms (Verjaarsdag Groepe Geselekteerdes Almal) E-pos Whatsapp (beperk) Soek Lidmate Filter
More informationFROM THE HEADMASTER SPORTMANSHIP SCHOLARSHIP CONDUCT
30 JANUARY 2018 ISSUE: 3 30 JANUARIE 2018 UITGAWE: FROM THE HEADMASTER Dear Parents Thank you to all parents who attended the Information Evening on 23 January. It was wonderful to see so many parents
More information18 SEPTEMBER Congratulations to the following staff member who will be celebrating his birthday during the coming week:
SCHOLARSHIP 18 SEPTEMBER 2018 18 SEPTEMBER 2018 ISSUE: 32 UITGAWE: FROM THE HEADMASTER Geagte Ouers Die Boishaaiveiling het Donderdagaand plaasgevind. Dit was die eerste keer dat HJS, die Oudstudente Unie
More informationSPORTS MEDICINE SPORTGENEESKUNDE
SPORTS MEDICINE SPORTGENEESKUNDE JOURNAL OF THE S.A. SPORTS MEDICINE ASSOCIATION TYDSKR1F VAN DIE S.A. SPORTGENEESKUNDE-VEREN1GINC. SEPTEMBER 1989 VOLUME 4/NUMBER 1 Injuries in First-class Cricket- an
More informationHunting Permits per Province and other Related Information
Hunting Permits per Province and other Related Information 12-Jul-2011 Due to the fact that there are vast differences in the Hunting regulations of the nine provinces, it is important for every hunter
More informationSouth African Maritime Safety Authority
South African Maritime Safety Authority Marine Notice No. 19 of 2008 Certificates of competence issued to holders of the Naval Coxswains certificates TO SAMSA EXAMINERS, REGISTRAR OF SEAFARERS, NAVAL OFFICERS
More informationGANSBAAI GHOLFKLUB/ GOLF CLUB
GANSBAAI GHOLFKLUB/ GOLF CLUB Nuusbrief 31 Julie Newsletter 31 Julie 2018 DIE MEES SUIDELIKE GHOLFBAAN IN AFRIKA THE SOUTHERNMOST GOLF COURSE IN AFRICA Beste lede Die jaar toon alle tekens van op sy rug
More informationNO 15 WESKUS TAK WESKUS BRANCH MALGAS NUUS/NEWS. 7 Februarie 2018
7 Februarie 2018 WESKUS TAK WESKUS BRANCH MALGAS NUUS/NEWS NO 15 n Nuwe jaar vir die Weskus Tak skop af by die Riviera Hotel in Velddrif met die Algemene Jaarvergadering. Voor dit egter kon begin het die
More informationONS REIS NA GOUD. Kwartaalblad van Boland Rolbal Quarterly Bulletin of Boland Bowls May Annette vd Sandt
Kwartaalblad van Boland Rolbal Quarterly Bulletin of Boland Bowls May 2016 Our 2016 Inter Districts players did Boland proud with no fewer than one GOLD and three BRONZE medals!! Gold went to the Ladies
More informationGANSBAAI GHOLFKLUB / GOLF CLUB
GANSBAAI GHOLFKLUB / GOLF CLUB Nuusbrief 26 February Newsletter 26 Februarie 2018 DIE MEES SUIDELIKE GHOLFBAAN IN AFRIKA THE SOUTHERNMOST GOLF COURSE IN AFRICA Beste gholfvriende ***Ons gholfklub is n
More informationCOMMENTS AND RESPONSE REPORT 1 Issues Relating To The Listed Activities Only PROPOSED UPGRADE OF LOUIS FOURIE ROAD (TRUNK ROAD 33/1), MOSSEL BAY
COMMENTS AND RESPONSE REPORT 1 Issues Relating To The Listed Activities Only COMMENTS RECEIVED DURING PRE-APPLICATION CONSULTATION PROCESS ISSUE OF CONCERN / COMMENT / IMPACT IDENTIFIED NAME RESPONSE Ontwerp
More informationAFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE
www.xtremepapers.com Paper 0548/01 Reading and Writing (Core) Kommentaar op spesifieke vrae Afdeling 1 Oefening 1: Vrae 1 tot 4: Kandidate het hierdie vrae oor die algemeen redelik goed beantwoord, alhoewel
More information2 No PROVINCIAL GAZETTE, 16 APRIL 2018
NORTHERN CAPE PROVINCE PROFENSI VA KAPA-BOKONE NOORD-KAAP PROVINSIE IPHONDO lomntla KOlONI Provincial Gazette Kasete ya Profensi igazethi YePhondo Provinsiale Koerant Vol. 25 KIMBERLEY 16 APRIL 2018 16
More informationWe had 1500 kids there, most of them came from Safety homes and orphanages around Johannesburg and some came as far as Soshanguve, Pretoria.
Ren- Form together with Jumping Giants and African Compass Trading joined hands to sponsor Jumping Castles, Juices and Bar One chocolates to the Suffer The Li@le Children event held at Marks Park Sports
More informationIRENE NEWS. 24 September No The following members earned medals at the AGN Racewalking GP: Sandra Steenkamp Danie Labuschagne
IRENE NEWS 24 September 2018 No 38-2018 ACHIEVEMENTS Kromberg & Shubert 15/25 Marie van Dyk 1 st GGM lady 15 km (2:07:49) Bophelong 10/21 Joey Cloete 1 st GM lady and 3 rd lady 10 km (51:21) Elsa Meyer
More informationRiglyne vir maatskaplike werkers wat peuters forensies assesseer
Riglyne vir maatskaplike werkers wat peuters forensies assesseer Minette Jacobs en Carel van Wyk Minette Jacobs, maatskaplike werker, Bloemfontein Carel van Wyk, Departement Maatskaplike Werk, Universiteit
More informationBOWLS SOUTH AFRICA. Message from the President. April Piet Breitenbach
BOWLS SOUTH AFRICA Message from the President QUARTERLY NEWSLETTER April 2007 In this Issue Piet Breitenbach We are already in the fourth month of 2007 and it felt like just the other day that we celebrated
More informationGANSBAAI GOLF CLUB / GHOLFKLUB
GANSBAAI GOLF CLUB / GHOLFKLUB Nuusbrief 26 March Newsletter 26 Maart 2018 DIE MEES SUIDELIKE GHOLFBAAN IN AFRIKA THE SOUTHERNMOST GOLF COURSE IN AFRICA Beste gholfvriende Ons wens almal n vreugdevolle
More information22 Mei 2015 Provinsie Wes-Kaap: Buitengewone Provinsiale Koerant 7394
22 Mei 2015 Provinsie Wes-Kaap: Buitengewone Provinsiale Koerant 7394 53 (iv) no sign erected in terms of this clause may be located within 5 meters of a property s boundary line; (v) the name of the non-pro
More informationGeneral information Country Trax Amersfoort, Mpumalanga
COUNTRY TRAX Jan du Toit chief instructor ctrax@lantic.net BOOKING ADMINISTRATOR Bikebookings Poldine Odendaal & Celia le Roux 082 895 5009 info@bikebookings.co.za Fax.086 528 5633 General information
More informationWorld Bowls schedule
World Bowls schedule Day/Date Matches Venue Times Matches Venue Times Day 1 Nov 24 Opening Ceremony Men's fours 9:30am 12:30pm, 5pm 12:30pm, 5pm Women's pairs Women's triples Day 2 Nov 25 Men's fours,
More informationTHE SIGNIFICANCE OF DOMINANT BALL CARRYING COLLISIONS AS AN INDICATOR OF SUCCESS IN RUGBY UNION AND THE BIOMECHANICAL ANALYSIS THEREOF ASHLEY EVERT
THE SIGNIFICANCE OF DOMINANT BALL CARRYING COLLISIONS AS AN INDICATOR OF SUCCESS IN RUGBY UNION AND THE BIOMECHANICAL ANALYSIS THEREOF by ASHLEY EVERT submitted in partial fulfillment of the requirements
More informationVOORDELE QUO VADIS? n Voëltjie met. Game ranching. Wettige wildsvleis
Vol 1 No 1 AUTUMN HERFS 2008 R16.76 (VAT incl) ISSN: 1998-4901 WRSA publication for the wildlife ranching industry WRSA-publikasie vir die wildboerderybedryf 9 771998 490005 n Voëltjie met VOORDELE Game
More informationSHELLEY POINT NEWS. A community newsletter dedicated to fostering a sense of community and the free flow of information at Shelley Point
SHELLEY POINT NEWS November 2016 A community newsletter dedicated to fostering a sense of community and the free flow of information at Shelley Point FROM THE EDITOR Hi All As we begin to gear up for another
More informationRUGBY / NETBAL / HOKKIE
SPORTS DEPARTMENT / SPORT DEPARTEMENT RUGBY / NETBAL / HOKKIE WINTER PROGRAM Ons vertrou dat u die wintersportseisoen saam met ons gaan geniet. Ons wil graag die volgende inligting aangaande die verskillende
More information2 No PROVINCIAL GAZETTE, 12 MARCH 2018
NORTHERN CAPE PROVINCE PROFENSI VA KAPA-BOKONE NOORD-KAAP PROVINSIE IPHONDO lomntla KOlONI Provincial Gazette Kasete ya Profensi igazethi YePhondo Provinsiale Koerant Vol. 25 KIMBERLEY 12 MARCH 2018 12
More informationFROM THE HEADMASTER SPORTMANSHIP SCHOLARSHIP CONDUCT
SCHOLARSHIP 13 FEBRUARY 2018 13 FEBRUARIE 2018 ISSUE: 5 UITGAWE: FROM THE HEADMASTER Geagte Ouers Ek wil u graag bedank vir u geduld met ons tydens die kragonderbreking van verlede week. Dit was nogal
More information19 PARK SEWESTOERNOOI PARK SEWESTOERNOOI BY Laerskool Park. Sewes Toernooi
20 1 2 PARK SEWESTOERNOOI 2017 19 PARK SEWESTOERNOOI 2017 BY Laerskool Park Sewes Toernooi 2017 TYD SEUNS - GROEP 1 SEUNS - GROEP 2 SEUNS - GROEP 3 VELD A VELD C RUGBYVELD E 18 HOKKIE: VRYDAG, 28 JULIE
More informationFROM THE PRESIDENT S OFFICE/UIT DIE PRESIDENT SE KANTOOR
Munies Newsletter October 2017 Edition 2, 2017 SIMPLY THE BEST FROM THE PRESIDENT S OFFICE/UIT DIE PRESIDENT SE KANTOOR en toe skop ons Limpopo se. En toe is ons al klaar by ons 2de nuusbrief. Dankie vir
More informationBGN SENIOR PLAYERS ASSOCIATION BGN SENIOR SPELERS VERENIGING
BGN SENIOR SPELERS VERENIGING Notule van die agtiende Algemene Jaarvergadering van die BGN Seniors Spelers Vereniging, gehou by die Munisipale Rolbalklub op 4 November 2015 om 09:00 1. Kennisgewing van
More informationRUGBY / NETBAL / HOKKIE
SPORTS DEPARTMENT / SPORT DEPARTEMENT RUGBY / NETBAL / HOKKIE WINTER PROGRAM - 2018 12 April 2018 Ons vertrou dat u die wintersportseisoen saam met ons gaan geniet. Ons wil graag die volgende inligting
More informationGANSBAAI GHOLFKLUB/ GOLF CLUB. Nuusbrief 23 Februarie Newsletter 23 February 2017
NSBI HOLFKLUB/ OLF CLUB Nuusbrief 23 Februarie Newsletter 23 February 2017 TH SOUTHNMOST OLF COUS IN FIC DI MS SUIDLIK HOLFBN IN FIK Beste gholf vriende / dear golf friends Die vergange maand het n paar
More informationTHE SUPREME COURT OF APPEAL OF SOUTH AFRICA
THE SUPREME COURT OF APPEAL OF SOUTH AFRICA CASE NUMBER 188/97 In the matter between: Multilateral Motor Vehicle Accidents Fund First Appellant Multilateral Motor Vehicle Accidents Fund (Substituted for
More informationNuusbrief 17 van 2018
Nuusbrief 17 van 2018 8 MAY 18 BAIE DANKIE Ons wil graag aan ELKEEN wat Sondag gehelp het met die Long Run BAIE DANKIE se vir die opoffering van julle tyd om ander te help. Brian Organisering van die run
More informationTO THE POINT (10) Issue 10 December/January 2005
Page----1 of 8 BOWLS SOUTH AFRICA TECHNICAL OFFICIALS TO THE POINT (10) Issue 10 December/January 2005 2005 A WARM WISH FOR THE NEW YEAR AND MAY 2005 BE A GREAT YEAR I trust that we all had a wonderful
More informationTHE SUPREME COURT OF APPEAL OF SOUTH AFRICA JUDGMENT THE SA HACKNEY PONY BREEDERS SOCIETY
THE SUPREME COURT OF APPEAL OF SOUTH AFRICA JUDGMENT Not Reportable Case No: 131/2015 In the matter between: THE SA HACKNEY PONY BREEDERS SOCIETY THE SA STUD BOOK AND ANIMAL IMPROVEMENT ASSOCIATION FIRST
More informationDié voorkeur skool in die ooste
Rodericksweg, Lynnwood Posbus 74929, Lynnwoodrif 0040 Tel: 012 348 8894/1306 Faks: 012 348 1305 E-pos: admin@lynnwoodlaer.co.za www.lynnwoodlaer.co.za INHOUDSOPGAWE: KUNSTE AKADEMIE: BALLET INLIGTINGSBOEKIE
More informationCHIEF MARKER S REPORT
CHIEF MARKER S REPORT SUBJECT: AFRIKAANS FIRST ADDITIONAL LANGUAGE P2 1. ANALYSIS OF QUESTION BY QUESTION PERFORMANCE QUESTION 1 OPSTELVRAAG ( 250-300 WOORDE) Kringe in n Bos Kandidate moes die verhaalgebeure
More informationArrival on Thursday before commencement of course are optional. The rate is R580 per person for Thursday dinner, bed & Friday breakfast.
COUNTRY TRAX: Marchant Maasdorp senior instructor 083 441 0988 countrytraxeden@vodamail.co.za BOOKING ADMINISTRATOR: Poldine Odendaal Celia le Roux Bikebookings 082 895 5009 info@bikebookings.co.za Fax.086
More informationSouth African Maritime Safety Authority
South African Maritime Safety Authority Marine Notice No. 17 of 2008 National Certificates of Competence for skippers trained by the SAPS Water Wing Division TO THE SOUTH AFRICAN POLICE SERVICE WATER WING
More informationGENERAL INFORMATION ALGEMENE INLIGTING 1. DATUM VAN FEES DATE OF FESTIVAL 2. LIGGING LOCATION 3. TARIEWE TARIFFS
ALGEMENE INLIGTING GENERAL INFORMATION 1. DATUM VAN FEES DATE OF FESTIVAL Vrydag 26 Oktober 2018 Friday Saterdag 27 October 2018 Saturday Sluitingsdatum vir aansoeke : Closing date for applications : Vrydag
More informationSomatiese seltellings (SST) by melkbeeste
Somatiese seltellings (SST) by melkbeeste Subkliniese (nie-sigbare) mastitis by melkkoeie is die belangrikste oorsaak van n hoë somatiese seltelling (SST) in melk. Die SST is een van die belangrike parameters
More informationVOLGENDE WEEK SE PROGRAM GEAGTE OUERS. 11 Maart 2016 Webtuiste: Uitgawe: 9
Maart 06 Webtuiste: www.gimmies.co.za Uitgawe: 9 GEAGTE OUERS Tydens ʼn werkswinkel op Maart is die volgende twee sake oor Eksaminering, Assessering en Sertifisering uitgelig: Graad vakveranderings Vanjaar
More informationPINZGAUER & PINZ²YL GENOOTSKAP/SOCIETY
PINZGAUER & PINZ²YL GENOOTSKAP/SOCIETY Nuusbrief / Newsletter KERRYDALE PINZGAUER STUD Volume 3 / Issue 3 April 2015 Dale Wheeler farms in the Devon area near Johannesburg. He send us some information
More informationAKSIE BKN014/07/2017 OPENING EN VERWELKOMING
s MUNISIPALE KANTORE, PIKETBERG TEENWOORDIG: LEDE VAN DIE UITVOERENDE BURGEMEESTERSKOMITEE Rdh. EB Manuel [DA] : Uitvoerende Burgemeester Rdd. SM Crafford [DA] : Uitvoerende Onderburgemeester Rdh. RM van
More informationPRG SPORT WEEKLIKSE PROGRAM / WEEKLY PROGRAMME 2-9 NOVEMBER 2018 ALGEMEEN
PRG SPORT WEEKLIKSE PROGRAM / WEEKLY PROGRAMME 2-9 NOVEMBER 2018 ALGEMEEN Voltooi asb die volgende vorm as registrasie vir 2019. Afr: https://goo.gl/3czgo4 Please complete the following form to register
More information2018 PUREBRED & PART-BRED ARABIAN GAUTENG CHAMPIONSHIPS
2018 PUREBRED & PART-BRED ARABIAN GAUTENG CHAMPIONSHIPS 1. ORGANISER Gauteng Region of the Arabian Horse Society 2. ENQUIRIES Fanie Rootman 082 9244432 fr@lantic.net 3. DATE AND VENUE Johan du Plessis
More informationTOERGIDS ~ 2017 ~ TOUR GUIDE Inhoud Content
2 Hockey Clinic TOERGIDS ~ 2017 ~ TOUR GUIDE Inhoud Content 1. Dekbrief - Covering Letter 2. TUKS Hockey Clinic Covering Letter - TUKS Hokkiekliniek Dekbrief 3. TUKS Hockey Clinic Programme - TUKS Hokkiekliniek
More informationGeneral information: Dirt Bike Training Weekend Country TRAX Amersfoort, Mpumalanga
COUNTRY TRAX Herman Cremer instructor 082 806 5030 herman@countrytrax.co.za BOOKING ADMINISTRATOR Bikebookings Poldine Odendaal& Celia le Roux 082 895 5009 info@bikebookings.co.za Fax.086 528 5633 General
More informationKenridge Hockey Newsletter Term
Kenridge Hockey Newsletter Term 2-2014 Wedstrydverslag Seuns 1ste Span Kenridge vs Panorama 26 Mei 2014 Dit was ʼn koue, winderige dag toe ons o/13a seuns hokkiespan sekerlik een van ons sterkste opponente
More information2016/17 REGLEMENT O REGULATION O JUKSKEI SA SKEIDSREGTERS UMPIRES
2010 2016/17 REGLEMENT O REGULATION O JUKSKEI SA SKEIDSREGTERS UMPIRES INHOUD / INDEX NR ARTIKELBESKRYWING ARTICLE DESCRIPTION P 1 DOEL OBJECTIVE 4 2 REIKWYDTE VAN DIE JSA SKEIDSREG- TERSKOMITEE SCOPE
More informationTina Cowley reading centre 25 April
Newsletter for Durbanville Preparatory NEWS Uit die kantoor / From the office Newsletter # 11 of 2018 https://downloads.d6communicator.com/downloads/resources/91_resource_5ae17e2eadb46805475344.pdf?1524727343
More informationKUNSTE AKADEMIE KUNSTE AKADEMIE: BALLET INLIGTINGSBOEKIE 2016
Rodericksweg, Lynnwood Posbus 74929, Lynnwoodrif 0040 Tel: 012 348 8894/1306 Faks: 012 348 1305 E-pos: admin@lynnwoodlaer.co.za www.lynnwoodlaer.co.za INHOUDSOPGAWE: KUNSTE AKADEMIE: BALLET INLIGTINGSBOEKIE
More informationMENLO PERDESPORTSKOU 2019
MENLO PERDESPORTSKOU 2019 Die Hoërskool Menlopark nooi alle ruiters vriendelik uit na ons jaarlikse perdesportskou: Datum: Saterdag, 26 Januarie 2019 Plek: The Burgh Equestrian Centre, Pretoria Oos (deur
More informationBAIE DANKIE AAN ONS BORG
20 Opregte waardering vir elke skool wat hierdie Toernooi moontlik gemaak het! 1 BAIE DANKIE AAN ONS BORG MOSSELBAAI MALL 044-693 0434 GROOTBRAK N2 044-620 3000 TYD SEUNS - GROEP A SEUNS - GROEP B SEUNS
More informationLAERSKOOL NELSPRUIT NELLIES RUGBY Al die talent in die wêreld sal vir jou niks beteken sonder jou spanmaats nie.
LAERSKOOL NELSPRUIT NELLIES RUGBY 2018 Al die talent in die wêreld sal vir jou niks beteken sonder jou spanmaats nie. Beste Nellie Rugbyspeler en Ouers At Laerskool Nelspruit we believe that rugby plays
More information8. Description points Discussion points Competition results Winners of competitions Awards 149
Table of contents 1. Agenda 4 2. Minutes of annual general meeting 9 November 2013 5 3. Minutes of semi-annual general meeting 7 June 2014 22 4. Minutes of semi-annual general meeting 16 July 2014 23 5.
More informationComment Date & Event Raised by Response
Comment Date & Event Raised by Response Planning Related Issues Kan Eskom asb hulle beplanning vir die volgende 50 jaar vir ons gee sodat ons weet hoeveel lyne, substasies en kragstasies beplan hulle vir
More informationDG NEWSLETTER. District 410D December 2017
DG NEWSLETTER District 410D December 2017 Eden Lions - We Serve Eden Lions - We Serve Off to University Even with the odds stacked against her, Alfrieda is off to university next year. She was raised
More informationTHE PLATFORM. BRUCE PIPER AWARD MONOLOGUE COMPETITION
THE PLATFORM This final newsletter for the year has the usual Festival News on page 2, followed on page 3 by the Fee Schedule for 2017. Pages 4 and 5 have details of Afrikaans books that are available
More informationSA BOERPERD TELERSGENOOTSKAP/ BREEDERS SOCIETY
SA BOERPERD TELERSGENOOTSKAP/ BREEDERS SOCIETY HANDLEIDING VIR IN HAND KLASSE EN KAMPIOENSKAPPE MANUAL FOR IN-HAND CLASSES AND CHAMPIONSHIPS (Saamgestel/Compiled 30/07/11) Hersien 2016 Revised INHOUD /
More informationCOUNTRY TRAX Jan du Toit chief instructor
COUNTRY TRAX Jan du Toit chief instructor ctrax@lantic.net ` BOOKING ADMINISTRATOR Celia le Roux Bikebookings 082 895 5009 info@bikebookings.co.za Fax.086 528 5633 General information >>>> COUNTRY TRAX
More information